SEKSUELE WANPRAKTYKE ONDER DIE LOEP

WAT SÊ DIE BYBEL OMTRENT HOMOSEKSUALITEIT?

Dr Elmer L Towns

Die Bybel veroordeel homoseksualiteit as 'n sonde. Dit sê egter ook vir ons:  as mense hulle sondes bely en op Jesus as hul Verlosser vertrou, hulle gered kan word. Romeine 1:18-32 beskryf die sonde van homoseksualiteit en lesbiese 'liefde' en vervolg dan dat God hulle moet oorgee aan onreinheid omdat hulle hardkoppig is en volhard in hul sonde.

"Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in 'n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is." Romeine 1:26-28.

Genesis 19:1-28 beskryf die vernietiging van Sodom en Gomorra weens die sonde van homoseksualiteit. Die mans van die stad wou hê dat Lot sy twee gaste na hulle uitstuur sodat hulle geslagsgemeenskap met hulle kon hê. Een van die menige redes waarom God hierdie twee stede vernietig het, is weens homoseksualiteit.

Deuternomium 23:17-18 sê vir ons dat geen prostituut of sodomiet onder die kinders van Israel aanvaar mag word nie, omdat almal wat dit doen vir God afskuwelik is. Deur die hele Bybelboek Konings is daar verwysings na mense wat sondig deur hulle aan sodomie skuldig te maak. Daar is ook verdere verwysings na konings wat in gehoorsaamheid aan God die sodomiete uit hul land gedryf het (Kon 14:24, 15:12, 22:46, 2 Kon 23:7).

1 Korinthiërs 6:9-10 sê vir ons dat mense wat homoseksualiteit bedryf, nie sal deel hê aan die Koninkryk van God nie. Maar daar is ook hoop in die Bybel vir die homoseksuele persoon om 'n Christen te word, want daar staan: "En so was party van julle juis ook.  Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die HERE Jesus Christus en deur die Gees van ons God."1 Kor 6:11.