SAL ONS MEKAAR IN DIE HEMEL HERKEN?

 Dr JP Botha

Wanneer ons hierdie vraag beantwoord, hoor ek die refrein van die lied wat ons jare gelede gesing het:  “Zie het land waar de zon nimmer daald, aan de boorden van Gods heilrivier, op het strand van de zee van kristal.  Zullen wij daar elkander herkennen en weten nooit scheiden wij weer.  Altezaam, altezaam.....”

Sal ek my familielede en my vriende in die hemel herken?  Ja, ons sal ken soos ons geken word. 1 Korinthiërs 13 vers 12 sê:  “Nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.  Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”

Hierdie getuienis kry ons ook van mense wat uit ‘n skyndood weer tot bewussyn gekom het, dat hulle in daardie toestand bewus geword het van die Here Jesus se nabyheid, maar ook van dié van ‘n afgestorwe familielid wat hom of haar tegemoet gekom het.

In die verhaal oor die rykman en Lasarus, weet die rykman dadelik dat dit Abraham is wat aan die anderkant van die kloof by Lasarus is.  Gaan lees hierdie Skrifgedeelte met aandag, dit bevestig dat ons persone wat ons op die aarde geken het, weer in die hiernamaals sal herken.