AKTUELE VRAE
Hiermee die laaste van die twee aflewerings oor die Drie-eenheid.
(Lees deel een by WAT IS DIE DRIE-EENHEID? (1) )
Wat het Christenleiers in die geskiedenis oor die Drie-eenheid gesê?
Die oudste bestaande identifikasie van die Drie-eenheid is die Geloofsbelydenis van Athanasius: "Ons aanbid een God in die drievuldigheid en drievuldigheid in eenheid, sonder om die persone te vermeng of die substansie te deel." Omtrent honderd jaar gelede het die Baptiste-teoloog Robert Dick dieselfde waarheid as volg uitgedruk: "Terwyl daar slegs een goddelike aarde van God is, is daar drie Persone, genaamd die Vader, Seun en Heilige Gees, wat nie soortgelyke nie, maar dieselfde numeriese essensie behels, en die onderskeid tussen hulle is nie net nominaal nie, maar werklik."
Wat is Monoteïste?
Christene is monoteïste, wat beteken hulle glo in een God. "Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here." – Deut 6:4. Wanneer ons erken dat die Vader, Seun en Heilige Gees elk deel is van die Drie-enige God, aanvaar ons steeds die eenheid van God.
Waarom is die Drie-eenheid nie drie manifestasies van God nie?
Een van die vroeë kettergroepe in die vroeë kerk het verkondig wat bekend staan as Sabellianisme of Modalisme. Hulle het beweer dat die Drie-eenheid drie verskillende manifestasies van dieselfde God was, soos wat water as ys, water en waterdamp gesien kan word. Hulle het verduidelik dat 'Persoon' 'n verteenwoordiging van God beteken, net soos wat 'n man terselfdertyd 'n pa, 'n eggenoot en 'n broer kan wees. Volgens die Modalisme was daar slegs een God wat Homself in die Ou Testament as die Vader en die Skepper geopenbaar het, maar in die Nuwe Testament as Verlosser. In hierdie manifestasie word Hy Jesus genoem. Die Heilige Gees, sê hulle, is die derde manifestasie van dieselfde God, wat vandag nog met mense in verhouding tree. Die basiese fout in Modalisme is dat dit die ewigheid van en onderskeid tussen die drie Persone in die Drie-eenheid ontken.
Glo Christene dat die Vader die Seun en die Heilige Gees geskape het?
Nee! Een van die grootste geskilpunte in die vroeë kerk was Arianisme. Arius het verkondig dat slegs die Vader van die begin af die ewige God was. Hy het gesê dat beide die Seun en die Heilige Gees voor enige iets anders deur God uit niks geskep is. Omdat hulle geskape wesens is, kan hulle nie as goddelik beskou word of goddelike eienskappe hê nie.
Die Bybel verkondig natuurlik nie die skepping van die Seun en die Heilige Gees nie, meer erken die werk van beide in die skepping van alle dinge - Joh 1:3, Gen 1:2. Histories het Christene die dwaling van Arianisme besef en die Bybelse leerstellings van die goddelikheid van Christus en die Heilige Gees verkondig. Maar selfs vandag is daar kultusse wat die Skrif verdraai om die Drie-eenheid te ontken.
Glo Christene dat Christus of die Heilige Gees net 'n mag of eienskap van God is?
'n Verkeerde beskouing van die Drie-eenheid, genaamd Monargianisme, verkondig dat Jesus 'n gewone mens was wat tydens die doop deur God bemagtig is, maar wat sy wesenlike goddelikheid met sy dood opgeoffer het. Hierdie dwaling verstaan die waarheid dat Jesus God is, verkeerd. Die Bybel sê: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." – Joh 1:14. Johannes beskryf Christus se terugkeer: " Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter... is: 'Die Woord van God' " – Op 19:11,13.
Wat is die verhouding tussen die lede van die Drie-eenheid?
Die lede van die Drie-eenheid is van gelyke aarde – hulle is almal dieselfde van aard – maar tog onderskei baar – drie onderskeie Persoonlikhede, en ondergeskik in hul pligte. Die Vader het die Seun na die wêreld gestuur om vir die wêreld se sondes te sterf, en die Vader en Seun het die Heilige Gees gestuur om die reddingswerk te doen.
Wat leer die Nuwe Testament ons van die Drie-eenheid?
Die Drie-eenheid is by die doop van Jesus Christus geopenbaar. Die vroeë kerkvaders het gesê die Drie-eenheid het in die woestyn oorkant die Jordaan sigbaar geword toe God die Seun uit die water verhef is, toe God die Heilige Gees in die vorm van 'n duif afgekom het en toe die stem van God die Vader die stilte van die hemele verbreek het om sy behae in sy Seun te kenne te gee.
Vervolgens is die waarheid van die Drie-eenheid onderrig toe Jesus gesê het: "Wanneer die Voorspraak (God die Heilige Gees) kom wat Ek (God die Seun) vir julle van (God) die Vader af sal stuur..." – Joh 15:26. Later volg die trinitariese doopformulier: "...in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees..." – Matt 28:19. So ook het die Nuwe Testamentiese kerk die Drie-eenheid in sy seëngebed erken: "Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees." – 2 Kor 13:13. Laastens dui die spesifieke werk van elke Persoon in die Drie-eenheid op hulle verskille: Die Seun het sy bloed deur die Heilige Gees aan God die Vader geoffer as boetedoening vir ons sondes.