'n Leser skryf 'n brief aan 'n tydskrif en beweer dat dit vir hom geen sin meer maak om deesdae kerk toe te gaan nie.
Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, en ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3,200 preke geluister, maar ek kan nie een onthou nie. So, ek dink ek mors my tyd, al die ander mense daar mors hulle tyd, en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".
'n Paar weke ná publikasie van hierdie lesersbrief antwoord iemand soos volg daarop: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie.
"Maar dít weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, en as dit nie vir daardie etes was nie, dan was ek vandag dood. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie was ek vandag geestelik dood."
Net omdat onsself nie genoeg insig het om te sien wat 'voeding' aan ons doen nie, beteken nie ons is nie gevoed nie. Gaan dan en dank God saam met jou medegelowiges vir die onverdiende genade uit sy Hand voordat jy aan ondervoeding ly!