GELOFTEDAG- REEKS (3)

DIE AFRIKANER – ALLEEN!

'n Stukkie Kultuurgeskiedenis

Dr PE van der Dussen

Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen

Die Republiek van Suid-Afrika het op 31 Mei 1961 totstandgekom. Daarmee is Die stryd tussen Boer en Brit nominaal afgesluit. Engeland het egter 'n nuwe strydperk geopen: Afsondering of isolasie. Die internasionale veldtog om die RSA te isoleer was 'n voortsetting van Engeland se haatstryd teen die Afrikaner. Hy het nooit Majuba en Vereeniging vergeet nie, veral namate dit ook vir hom duidelik geword het dat die twee Boererepubliekies die rots was waarop die empire hom te pletter geloop het.[1] Daarom het hulle vanuit Londen 'n venynige veldtog gevoer om die RSA te isoleer en die Afrikaner weer tot oorgawe te dwing.

Die ANC, die SAKP en ander terroristebewegings het in Oos-Europa opleiding en wapentuig gekry, maar hulle hoofkwartier was Londen. Daarheen het hulle gevlug, daar het hulle met ons aartsvyand, die Engelse establishment, geheul; daar het hulle leiers multimiljoenêrs geword, ook die Joodse Kommuniste. Van daaruit het hulle mede met Amerikaanse en Britse geld, steun en wapentuig die terrorisme in Suider-Afrika gelei terwyl hulle in weelde en oorvloed geleef het.

Hierdie toespraak moet teen daardie agtergrond gelees word, en ook teen die agtergrond van die Goue Dekade waarin die Republiek verkeer het – ongekende voorspoed waaraan die Afrikaner en die hele bevolking deel gehad het. Ten spyte van die isoleringsveldtog van Engeland het die RSA na 1961 soos nooit tevore nie stoflik gefloreer. Geestelik het dit minder goed begin gaan namate die Afrikaner in die voorspoedgolf ingesuig is.

In die Afrikaanse kerke het eienaardige geluide begin opgaan. Vanuit Potchefstroom, wat tevore en veral sedert die jare-dertig staatkundig-polities 'n eie en soms eienaardige weg opgegaan het en waar die geesdrif vir die voortstuwende volksoplewing minder as elders was, het stemme teen die Verwoerdbewind al sterker geword, met proff L J du Plessis en J H Coetzee aan die spits. 'n Groep Gereformeerde predikante het in 1960 onder leiding van dr J A Schutte en ds Chris Hattingh die sogenaamde Cottesloeberaad  aangelê waaruit die boek Vertraagde Aksie voortgekom het. Hulle het die Verwoerdbewind en -beleid skerp vanuit die liberaal-humanistiese hoek aangeval. Kort daarna het die NG-predikant Beyers Naudé met die steun van 'n Hervormde teoloog volksverraad gepleeg deur Broederbondinligting aan die Engelse pers te verskaf toe die Broederbond nog 'n Afrikaner-nasionale pad geloop het. Al die Afrikaanse kerke het standpunte ingedra wat vyandig teenoor die Afrikaner was.

Die Cape Liberal Nats met Stellenbosch, Piet Cillié en Die Burger aan die spits het saam met NP-parlementslede openlik 'n anti-Verwoerdveldtog gevoer waarin hulle deur Anton Rupert, Andreas Wassenaar en ander Afrikaanse geldmagmanne bygestaan is. Die egte Engelse liberalisme het in volle krag die land en volk getref. Toe die Broederbond hierdie gedagterigting oorneem was dit duidelik: Nie net internasionale isolering van die RSA en bepaaldelik die Afrikaner nie, maar ook binnelandse en binnevolkse isolering van Afrikanernasionalisme. Op 6 September 1966 het die moord op dr H F Verwoerd die liberalisme laat hoogty vier en die weg daarvoor onder B J Vorster, P W Botha en F W de Klerk oopgemaak totdat laasgenoemde oneervol gekapituleer het.

DIE AFRIKANER – ALLEEN!

So het die hoofopskrifte van koerante dwarsdeur ons land op 17 Maart 1961 gelui nadat dr H F Verwoerd die Unie van Suid-Afrika se aansoek om ná Republiekwording deel van die (Britse) Statebond te bly, teruggetrek het.[2] Weliswaar het honderde duisende Afrikaners die besluit verwelkom omdat dit die langverwagte vryheidsvreugde gebring het, sodat jy dit kon vasgryp en die vryheid kon ervaar. Maar ook die wat so gevoel het, het ten spyte van die vreugdegloed met 'n mate van beklemming die vraag gevra: Wat nou? 'n Veragte, uitgeskelde, deur-die-wêreld-vergooide volkie, deur die wêreld as expendable beskou – alleen! Alleen in 'n wêreld wat soos 'n kookpot maal waaronder die een vuur nog nie uitgedoof is voordat die volgende helder opvlam nie! Alleen in sogenaamde eenvoud en agterlikheid, 'n volkie wat nog met trots elke nuwe prestasie van land en volk, hoe klein ookal, soos 'n speelding in die hand van 'n kind beskou! Ja, so alleen dat die wêreld die Afrikaner uitlag en beskinder, aan hom wil sê: Hou op bestaan, julle is uit voeling met die tyd. Julle leef in die verlede, maar nou is dit die hede van die twintigste eeu. Hou maar op bestaan, julle kan dit tog nie volhou nie! Arme, eenvoudige goedgelowiges!

Goedgelowiges? Ja! Goedgelowiges, die duisende en tienduisende Afrikaners wat in eenvoudige geloof, sonder om vrae te stel, glo dat die Bybel die Woord van God is. Sal alleenheid van die wêreld hulle dan skeel as dít nog van hulle gesê kan word, nieteenstaande die afdwaling en uiteindelike verdwaling van sovele in die oerwoud van sinnelike genot en lewensbeskouinge wat uit die aarde aards is? Watter magtige getuienis word hierdeur op die aarde gehoor! En watter magtige oproep tot roepingsvervulling!

In eenvoudige, kinderlike geloof en aanvaarding lê die Afrikaner se redding en het sy redding dwarsdeur sy geskiedenis gelê. Alleenheid en wêreldverlatenheid is geensins in die Afrikaner se geskiedenis vreemd nie. Want die Afrikanervolk is in eensaamheid, in alleenheid gebore. Soos Jan van Riebeeck meer as drie eeue gelede, gryp die Afrikaner in sy aardse alleenheid na die alomteenwoordigheid en voorsienigheid van God.

Die volksplanting

In 1486 bereik Bartholomeus Diaz die Kaap en open die seeweg na Oos-Indië. Die eerste beskawingslig word aan die Suidpunt van die Donker Vasteland gesien, kruise word as Christelike simbole geplant, maar dit sou nog 166 jaar – ses geslagte – duur voordat die eerste vaste inwoners uit Europa hulle in die Kaap kom vestig. In hierdie lang vertraging moet die Hand van God gesien word. In Sy alwysheid het Hy dit van alle tye af voorbeskik dat die Evangelie suiwer en reg van die Suide af in Afrika ingedra sou word, en daarvoor was Sy tyd in die sestiende en die eerste helfte van die sewentiende eeu nog nie daar nie. Eers moes die vals bodem van die Rooms-Katolieke Kerk uitgeslaan word. Eers moes 'n Maarten Luther, 'n John Knox, 'n Ulrich Zwingli, 'n Johannes Calvyn en die honderde en duisende strydende martelare die suiwerheid van leer en wandel van die ware gelowige na vore bring, sodat nie 'n afgewaterde, verheidense social gospel nie, maar die suiwer en waaragtige leer van die saligheid na Afrika gebring kon word.

Daarom het dit so lank na die ontdekking van die Kaap geduur voordat dié plek, van die beskawing verlate en afgeleë, deur drie Hollandse skepies genader is. Drie klein seilskepies met 'n dokter in bevel, wat nie 'n volksplanting as opdrag het nie, maar die daarstelling van 'n halfwegstasie om die skepe van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie van voorraad te voorsien, siek matrose te verpleeg, en so die handel van Nederland te bevorder. Eensaam en verlate lê die drie skepies daar in Tafelbaai. Ewe eensaam en verlate voel Jan van Riebeeck hom aan die Suidpunt van die magtige, ongerepte, wilde Donker Vasteland. In die grootsheid van die oomblik buig Jan van Riebeeck hom neer. Hy bid. Weliswaar die formuliergebed wat deur die Here Sewentien voorgeskryf is, maar 'n gebed vol krag en erkenning van die almagtige beskikking van God. Hy bid om seën op sy handelsbevorderingstaak waarvoor die Here Sewentien hom gestuur het. Hy bid ook om seën op sy roeping om die suiwer Gereformeerde leer aan die heidendom van Afrika uit te dra. Dié gebed word die ontvangenis van 'n volk, op die eensame strand van Tafelbaai, ver van die bloeiende Europese beskawing, alleen, afgesonder. Jan van Riebeeck het in 1657 in die eerste Vryburgers die eerstelinge, die geboorte van hierdie volk gesien.

So is in eensaamheid die Afrikanervolk gebore. En in eensaamheid het hy gegroei. Uitgestrekte plase en die gedurige verdediging teen rower en roofdier het van die Afrikaner 'n eenling gemaak, iets wat in sy hele bestaan merkbaar is en tot vandag toe in sy hardnekkigheid tot uiting kom. Tog kon daar ten spyte van drie herkomste, Hollander, Fransman en Duitser, reeds vroeg van volksbinding gepraat word: Binding aan die Gereformeerde leer, aan God en Sy Woord.

Ooswaartse trek

Die Afrikaner het 'n tweeledige roeping wat in Van Riebeeck se gebed tot uiting kom: Die roeping om die land te ontgin sodat die skepe van voorraad voorsien kon word (die kultuuropdrag van Genesis 1:28), én die roeping om die Evangelie uit te dra (Matteus 28:19). Die eerste deel van sy roeping het hy met sy boeretrek Ooswaarts uitgevoer en 'n al groter deel van die land onder sy heerskappy gebring. Ook het hy die tweede deel van Evangelieverkondiging aan die heidene nagekom. Hy het egter eers nie ver genoeg getrek nie. Tot teen die Visrivier en tot teen die Grootrivier in die Noorde, maar nie verder nie. Hulle het genoeg grond, waarom onnodige gevaar gaan opsoek? Tog moes hulle volgens God se raadsplan verder, die binneland van Donker Afrika in! Afgodery en gruweldade het in die Noorde hoogty gevier. Groot dele is deur Zoeloes en ander stamme van menselewe skoongemaak. Die sterkes het genoeg grond gehad, maar kon van bloedvergieting nie genoeg kry nie. Dáárheen moes die Afrikaner, om te gaan kersten.

En dáárom moes die gees van die Franse Rewolusie met sy verderflike leer van vryheid, gelykheid en broederskap onder De Mist na die Kaap oorgeplaas word. Dáárom moes die Britte met hulle liberalisme, humanisme en filantropisme die Kaap kom beset. Dáárom was Slagtersnek, die Oosgrensmoeilikhede, die slawevrystelling en baie ander uitvloeisels en gevolge van die Angelsaksiese mensgerigte lewens- en wêreldbeskouing noodsaaklik in die jong Afrikanervolk se geskiedenis. 'n Geskiedenis wat, met 'n geloofsoog beskou, toon dat dit deel van God se voorsienige uitverkiesing is dat die Afrikaner die suiwer Evangelie aan Donker Afrika sou verkondig, dat die trek van Boerewaens die nagverdrywers van Afrika sou wees.

Weer die eensaamheid in, Noordwaarts!

Die Groot Trek

Die magtige verhaal van die Groot Trek is bekend. Dit is met die oog op God gerig aangepak om die Afrikanererfenis, sy kultuur, sy taal, sy Godsdiens te bewaar, alles wat die een volk van die ander onderskei. Dan word die Afrikaner se eensaamheid en verlatenheid van die res van die wêreld in die laer by Bloedrivier tot 'n hoogtepunt gevoer. 'n Skamele vierhonderd-vier-en-sestig Afrikaners teen veertienduisend bloeddorstige barbare. Vierhonderd-vier-en-sestig draers van die Evangelie teen die magtige simbool van Afrika se duisternis. Maar vierhonderd-vier-en-sestig standvastige gelowiges wat dink aan die aand 'n week tevore, toe hulle, klein en eensaam op die onmeetlike vlaktes en onder die oorkoepelende hemel, God aangeroep het: Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n belofte aan Hom te doen... Kon daar twyfel wees oor die uitslag van die stryd? Kon die Afrikaner twyfel as hy bely het: Want die eer van Sy Naam sal daardeur verheerlik word dat die roem en eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word? Nee, twyfel kon hulle nie, want vas in die geloof het hulle saam met Dawid gesê: Met God durf ek 'n leërbende aan en met Hom spring ek oor 'n muur.

Prof Nico Hofmeier noem Andries Pretorius niet slechts een ridder zonder blaam, maar innig vroom daarbij en besing die keurbende so:

Vierhonderd zestig mannen, fier koos hij om meê te gaan, -

Een leger, zoals stellig hier te lande nooit zal staan.

Want ziet! er werd geen ijdel woord gehoord, bij dag of nacht,

Men zong, men bad, men las Gods Woord,

en steund' op Hooger Macht.

Het leger was een Gideonsbend' verkoren tot den strijd;

Het was een redder uit ellend' door God zelf toebereid.

So word die Evangelie in die Naam van die HERE deur geweld heen na die Zoeloes in Natal gebring en word die weg geopen om die duisternis uit Donker Afrika te verdryf. Netso is Potgieter en sy mense Noordwaarts met die Evangelie, so ver as moontlik weg van die Britse veroweraar wat die Afrikaner se siel wou verower en vernietig. Ook hierdie eerste Transvalers stuit teen die barbaredom en heidendom, maar ook hulle behaal die oorwinning: Vegkop, Silkaatsnek, Mosega, tot oor die Limpopo. Die mag van Silkaats word gebreek en die Afrikaner vind 'n woonplek. Orals waar nasate van die Potgietertrek woon, maar ook verder Noord tot aan en oor die Limpopo en Oos tot aan die Lebombo, oral het die Afrikaner met sy roer en sy Bybel gekom en met lering en tugtiging gekersten. Sommige bewustelik; ander ongeërg, maar die kerstening het onstuitbaar verloop omdat die Raad van God hom deur niks laat keer nie. Deur Hom is dit van ewigheid af verorden dat nie die ryk handelaars met hulle kameelkaravane nie; nie die ivoor- en goudhandelaars langs die riviere nie; nie die terugkerende More van Noord-Afrika nie; nie die ontdekkingsreisigers nie, maar die trek van Boerewaens tot die nagverdrywers van Groot Afrika uitverkies is:

Oop gaan 'n kontinent voor hóm, die nagverdrywer wat intrek met sy wa -

die boer van afrika!

Maar vrede en rus was die Afrikaner nie beskore nie.

Die nuwe heidendom: Die liberalisme

Skaars was die barbaarse heidendom aan bande gelê of die nuwe heidendom, die liberalisme, dring die nuutgevonde Afrikanervesting binne. Om diè aanslag aan te help stroom die fortuinsoekers van allerlei aard na die Kimberleyse diamantvelde, die Oos-Transvaalse en uiteindelik die Witwatersrandse goudveld. Daar kom voorspoed en rykdom vir die twee Republieke. Die Staatskaste word gevul, die produktemarkte verbeter, ja, stoflik gaan dit goed.

Tóg, tóg moes hulle weer die wildernis in! Tóg moes Milner met sy liberalisme sterker en sterker word om die Afrikaner tot die staatkundige eensaamheid van die Engelse Oorlog te dwing, toe diè volkie, alleen in die wêreld, teen die magtigste ryk in die hedendaagse geskiedenis testaangekom het. Dit was 'n oorlog om onderwerping, om uitwissing, 'n veroweringsveldtog met die goudmyne in Transvaal die strydpunt, die prys. Maar reeds destyds en vandag nog weet ons dat God ook hiermee 'n doel gehad het. Want wat was die gevolg? Krygsgevangenes na die Ooste, uitgewekenes na Suid-Amerika, en van die nuwe Britse onderdane Noordwaarts tot in Kenia. Deur hierdie oorlog word die ware Gereformeerde leer deur die Afrikaner na al vier windstreke uitgedra.

'n Verstomde wêreld aanskou die ongelyke stryd, sien hoedat 'n handjievol verbete Afrikaners, gewone landsburgers, met vaste oog en voet die stryd aanpak, met vertroue op God en nét op God gevestig, en daarom sterk omdat hulle mét God geveg het. Milner sê hierdie volk sal nie bestaan nie, verklaar President Kruger. Maar God sê hy sal bestaan, en ek weet wel wie van God of Milner die sterkste is. In hierdie gees is die stryd aangepak en is aan die wêreld getoon waartoe die geloof in staat is: Soos by Bloedrivier.

Ten spyte van die Republieke se verlies van hulle vryheid; ten spyte van die neerhaal van die Vierkleur en dat Kent gij dat volk en Heft, Burgers nie meer amptelik mog opklink nie, het die Afrikaner versterk uit die stryd getree en soos die besembos van Totius gesê: Ek leef en sal lewe, my doodkry is min! Stoflik uitgeroei en verarm was daar nie welvaart om hulle van God te vervreem nie. Omdat hulle niks besit het om hulle oor te bekommer nie, het hulle na die gees verryk geword. Soos 'n afgetrede redakteur van die Cape Argus vermeld dat die gees van die eensame, in ballingskap gestorwe President Kruger steeds oorkant die lessenaar van elke anti-Afrikaanse koerantredakteur sit en diè agtervolg, sodat hy in wanhoop sy gifpen al smeriger in hoofartikels laat braak, so het die gees van die Afrikaner bly voortleef, puttende uit 'n heldeverlede om hom vir die stryd van die toekoms te sterk, 'n stryd wat aan die Afrikaner se geroepenheid gekoppel bly.

Dit is diè stryd waartoe die eensaamheid van die verlede en die bitter ondervinding van vreemdelingskap in eie land ons vandag heenvoer.

Wie en wat is ons, die Afrikaners?

Om die Afrikaner vandag te beoordeel, is dit nodig -

u om te weet wie en wat hy is,

u hoe die wêreldtoneel daar uitsien en hoe hy daarby inpas,

u wat sy houding en optrede ten opsigte van die wêreld moet wees.

Die Afrikanervolk bestaan uit Afrikaners Voorwaar 'n trotse naam. Maar wat beteken die naam Afrikaner? Inwoner van Afrika, Afrikamens. Want dit is tog wat Afrikaners is: Kinders van Suid-Afrika, kinders van Afrika. Deur geslagte heen is hulle hier getoë, hier op Afrikaanse bodem, waar hulle hoort:

Ek is die Trekker met my wa, die wit kind van groot Afrika.

Ek is geen vreemde uit vreemde hoek, wat hier na goud en roofgoed soek.

Ek kom my ryke erf'nis vra, ek kom dit soek en speur dit na

as erfseun van my Afrika.

Daar is diegene wat in eie wysheid sê die Limpopo was tot onlangs vir die Afrikaner te wyd om die res van Afrika raak te sien. Hierdie volk van Afrika het volgens hulle Suid-Afrikaans gebly, staatkundig en geestelik afgesonder van die res van die vasteland waarop hy vir hom 'n vaderland gevind en gemaak het, waarop hy as nuwe volk gevorm is sodat hy na sy aard die vermoë het om sy tweeledige roeping van Woordverkondiging deur die Woord en deur die bewerking van die land te kan uitvoer. Hierdie afsondering kom uit die Afrikaner se kultuur- en vryheidstryd teen die Britse veroweraar. Namate hy die oorhand in sy stryd om selfbehoud teen Britse liberalisme begin kry het, het hy al hoe meer geneë geword om vanuit Suid-Afrika ook Afrika raak te sien, en selfs die wêreld.[3]

Maar al is die Afrikaner deel van Afrika, verskil hy van die res van Afrika. Hy is in sekere opsig 'n stukkie Europa in Afrika. Dit spruit uit sy Europese herkoms. Hy het die Europese kennis en ondernemingsgees na Afrika gebring. Hierdie bate wat voorgeslagte en immigrante uit Europa na Afrika gebring het, is een groot rede waarom hy deur al wat gekleurd is, gehaat word. Eintlik verfoei alle gekleurde rasse alle Blankes van alle volke, juis oor laasgenoemde se groter vermoëns en omdat die Nie-Blankes van die wêreld verplig is om van die gehate Blankes gebruik te maak om iets te bereik.[4] Hoe ironies dat die Nie-Blanke die Blanke uit jaloesie haat in plaas van die kundigheid en tegniek wat hy saambring, tot sy eie voordeel sy eie te maak.

Blanke voorsprong in Afrika

Die Afrikaner se Blanke Europese aard besorg aan hom 'n groot voorsprong bo die res van Afrika. Hoedanig die res van Afrika teen Suid-Afrika afsteek blyk uit die volgende:

l Saam met Suidwes-Afrika[5] beslaan die Republiek 6,75% van Afrika se grondgebied waarop 6,17% van sy bevolking woon. Dit is insiggewend dat die twee verhoudings so na aan mekaar lê, aangesien dikwels beweer word dat die Blankes van Suid-Afrika na verhouding 'n te groot gedeelte van Afrika besit. Hulle beskik oor slegs 'n klein deeltjie van Afrika wat hulle egter met groot inspanning en vaardigheid benut.

l Suid- en Suidwes-Afrika lewer 20% van Afrika se inkomste; sorg vir 43% van sy totale opbrengs en byna 90% van sy totale steenkoolontginning; sorg vir 20% van die totale buitelandse handel van Afrika; verbruik 60% elk van die staal- en elektrisiteitsverbruik van die vasteland; besit die helfte van alle telefone in Afrika. Ensovoorts. Hierop is Swart Afrika jaloers. Daarom wil hulle die Witman uit Afrika verdryf, besonderlik die Afrika-Witman van Suider-Afrika, sodat hulle, so meen hulle, dan self die welvaart van daardie Blankes kan geniet. Hulle word wysgemaak dat daar geen verskil in die prestasievermoë van verskillende rasse is nie. Maar Suid-Afrika word om net een rede die werkswinkel van Afrika genoem, naamlik dat die Blanke hom gemaak het wat hy is.

Geloofsonderskeiding

Die Afrikaner verskil egter nie net in afkoms en vermoë van die res van Afrika nie. Hy verskil veral daarin dat hy deur die genade van God reeds geslagtelank ligdraer is, gelowige verkondiger van die Woord van God. Teen die Islam, die Kopte, voorvaderaanbidding of watookal, het hy veral in diè opsig 'n roeping en taak om te vervul, 'n taak wat seker nie met genoeg ywer nie, maar tog so nagekom word dat die Islam tot dusver onder die Swartes in Suid- en Suidoos-Afrika min invloed verwerf het. Van die taakvervullende arbeid spreek ook dat daar selfstandige gereformeerdgerigte Swart kerke bestaan wat uit die sendingwerk van Afrikanerkerke ontstaan het. Noudat uhuru oor Afrika spoel, word die taak al moeiliker en gevaarliker. Ongeag die gevare en teenslae wat daarmee saamgaan, mag daar nie vir hierdie taak teruggedeins word nie, omdat dit die sin van die Afrikaner se volksbestaan in Afrika is.[6]

Afrikaners is geroepe om as gelowige kinders van Afrika, Afrika op stoflike en geestelike gebied te help. So kan God se wil met Afrika volbring en die uitverkorenes uit Donker Afrika met sy baie tale, volke en nasies saam met al die gelowiges versamel word. Daarmee word geen verbroedering en grensuitwissing volgens Westerse liberalisme en Oosterse kommunaliteit bepleit nie. Soos by Panafrikanisme stry hulle grensuitwissing met die skeidende skeppingsverordeninge van God wat by Babel bevestig is.

Die Afrikanervolk in die wêreld

Afrika is deel van die wêreld. Voorheen het die wêreld in die kus van Afrika belanggestel, om óm sy suidpunt te kom en so die Ooste per see te bereik. Tans gaan die belangstelling om Afrika self, wat in aard en intensiteit met die wêreldtoestand verband hou.

Tot betreklik onlangs was Afrika die skyf van koloniserende moondhede, met Engeland, Portugal, België, Frankryk en Duitsland die belangrikste. Hulle het baie uit Afrika geput en minder teruggeplaas.. Veral Engeland het Afrika verniel en uitgebuit. Tog het Swart Afrika baie by die aanraking met die Blanke gebaat en was tevrede om deur die Blanke regeer te word solank sy maag beter as vroeër gevul is. Die Blanke het wet en orde na Afrika gebring en 'n veiliger lewe verseker. Die Blanke het bo alles die Evangelie gebring.

Na die Eerste en veral na die Tweede Wêreldoorlog het die toestand ingrypend verander. Die empires en bonde het verbrokkel. Japan het by Pearl Harbour die magtige Amerikaanse vloot 'n knou toegedien en aan die Nie-Blanke rasse die gevoel gegee dat die Blanke nie onoorwinlik is nie. 'n Rewolusionêre vloedgolf volgens die beginsels van die Franse Rewolusie (vryheid, gelykheid, broederskap) het die wêreld oorspoel. By die vredeskonferensie van 1919 verklaar president Woodrow Wilson van die VSA dat elke volk die reg op selfbeskikking het. Namate Amerikaanse invloed uitgebrei het, het die “nasionalisme” van die verowerde volke hieruit krag geput. Op sigself kan gesonde ontwakende nasionalisme goed wees. Geen Afrikaner ontsê dit aan enige volk nie. Afrikanasionalisme behels egter uhuru, 'n grusame en verderflike heidendom.

Die kortsigtigheid van Churchill (Brittanje) en Roosevelt (VSA) het tot die versteuring van die magsewewig in Europa en die wêreld en die verstewiging van die Kommunistiese blok gelei. Hulle verraderlike toegeeflikheid aan Stalin (Sowjetunie) by Potsdam en Jalta het regstreeks tot die uitbou van die magsblokidee van die jare-vyftig en die ontstaan van die koue oorlog gelei. In die wedloop om die magtigste blok te wees was die een kant gretiger as die ander om hom as die groot volksbevryder voor te doen. Die “nasionale” ontwaking by veral die Nie-Blankes in Afrika vir die werwing van aanhang en die verkryging van eie gewin is so uitgebuit dat die Nie-Blanke 'n oordrewe eiewaardebesef gekry het. So het onder andere onbekende dwergstaatjies dieselfde stemkrag in die VVO gekry as die getalryke groot lande, wat so in hulle wedloop en beskouinge vasgevang was dat hulle die verloop nie kon stuit nie, hoe vergesog dit ookal geword het. Daarby is die Nie-Blanke van alle kante gedurig vertel dat die Blanke hom onderdruk en uitbuit.

Die gevolge hiervan het nie uitgebly nie. Elke Nie-Blanke leier van 'n nuwe staat het homself as groot bevryder en internasionale staatsman gesien. Wat gesonde nasionalisme kon gewees het, het in rewolusionêre internasionalisme en interkontinentalisme ontaard, totdat dit in ‚n wêreldwye stryd tussen Blank en Nie-Blank uitgeloop het met die Blanke volke helaas deur hulle eie kortsigtigheid op die vlug. En wat het die Westerse Blankedom se lafhartige grootmoedigheid hom gehelp? Nederland het hom deur Amerika uit Indonesië laat dwing – Indonesië is vandag anti-Westers. België is soortgelyk uit die Kongo gedwing – Blanke geestelikes en nonne het die prooi van barbare en mensvreters geword. Frankryk het hom aan Afrika begin onttrek. Brittanje is holderstebolder daarmee besig op 'n wyse wat jou laat skaamkry dat jy sogenaamd dié land se bondgenoot is. Met 'n nalatenskap van verbittering, chaos en leiers wat hulle dikwels as satanies openbaar, en met geen land waarheen ons kan teruggaan en met geen begeerte om ons land te verlaat nie, moet ons in die geharwar van die wêreld bly staan en besluit waar ons staan. Waar staan ons ten opsigte van die sigbare abdikasie van die witman?

Ons pas nêrens in nie. Ons is na alle kante toe afgesonder. Enersyds is en het ons deel aan die Westerse kultuur en beskawing en word ons daarom saam met alle Blankes deur die gekleurde rasse gehaat en verfoei. Andersyds is ons deel van Afrika en bied ons aan die Westerse politieke blok 'n moontlike vastrapplek op ons vasteland mits ons bereid is om ook te abdikeer en die guns van die Swartes te soek eerder as ons eie trots te behou. Omdat ons nie daartoe bereid is nie, is ons nie by die Weste gewild nie, mede omdat ons hardnekkigheid hulle lamlendigheid uitwys.

Ten spyte van dreigemente van beide kante, toutrekkery en spanning is ons nie deur die wêreld verpletter nie. Die Weste is terwille van eiebelang nie bereid om ons te laat vaar nie. As die wêreld se grootste goudprodusent; as een van die grootste diamantprodusente; met die wêreld se goedkoopste steenkool en staal; met een van die voordeligste en bestendigste beleggingsvelde; as gevolg van ons strategiese ligging en talle ander faktore, is ons vir hulle te kosbaar. Die reusagtige belegging van lande soos Brittanje en Amerika in Suid-Afrika en die voordelige handel wat die lande met ons dryf is vir lande met betalingsbalans- en ander ekonomiese probleme van onskatbare waarde. Daarom het ons in die afgelope VVO-sittings die spektakel aanskou van ja en nee en nee en ja van sekere van ons sogenaamde bondgenote toe sanksies ter sprake gekom het. 'n Kontantkoper soos Suid-Afrika is vandag te veel van 'n eienaardigheid om sommer om oorboord te gooi!

Maar hoewel ons 'n swaard het om mee te slaan, beteken dit nie dat ons met 'n valse veilige gevoel agteroor kan sit en niksdoen nie. Ons is gehaat en ons bly gehaat.[7] Ten spyte van die ekonomiese voordele vir die Weste is die gevoel in Westerse lande fel teen ons en word Milner se begeerte to wipe out the last traces of Afrikanerdom uit Londen aangeblaas omdat ons weier om te gaan lê, weier om te abdikeer. Dit pas nie by die magtiges se planne nie en is vir hulle 'n aanklag teen eie swakheid. Valse propaganda, uit Londen aangevuur, wek al meer haat – van Amerika tot Nederland, van Italië tot Skandinawië. Ekonomiese afsnyding word bepleit. Boikotbewegings word op tou gesit. 'n Wapenverbod is 'n voldonge feit. Staatkundige isolasie word bepleit. Ons staan alleen in die wêreld, staatkundig en geestelik afgesny, en ons moet ons daarteen opstel.

Die beoordeling van ons houding en standpunt teenoor ons wêreldverhouding vereis deeglike besinning. Baie mense, ook Afrikaners, dink dat die wêreld regsbevoegdheid oor ons het, dat die “wêreldmening” die reg het om van ons beskuldigdes te maak. Dit is beslis nie so nie! Al sou die wêreld meen dat hy daartoe bevoeg is om ons te verhoor, weier ons om in die beskuldigdebank te gaan staan. Ons is 'n onafhanklike vrye volk wat sy reg op erkenning in die statery opeis, en solank daar bloed in ons are vloei sal ons 'n volk bly wat weier om te erken dat enige ander volk of organisasie die reg het om oor ons reg te spreek. In ons eis om volksbestaan is opgesluit dat ons so mág en móét optree dat ons menslik behoue sal bly. Aan die ander kant sal dit onverstandig wees om ons blind te hou vir wat om ons aangaan. Ons moet kennis neem van wat in die wêreld aangaan sodat ons nie sonder werklikheidsin vir ons 'n plek as volk opeis en toeëien sonder om die gevolge daarvan te deursien en te aanvaar nie. Volksbestaan beteken 'n vrye volk, onafhanklik van ander volke, wat self oor sy lede in sy eie grondgebied regeer. Maar by hierdie voorreg kom die verpligting dat die volk bereid moet wees om te werk tot opbou van land en volk.

Ons moet aanvaar dat ons nie kan en mag voortgaan om op die arbeid van die Bantoe te steun nie. Ons moet aanvaar dat die Transkei die begin van 'n nuwe tydvak is. Ons moet aanvaar dat hierdie mense mettertyd net soos ons heeltemal onafhanklik wil word en sal word. Ons het óns onafhanklikheid opgeëis en mag dit nie aan hulle misgun nie. Die Bybel leer ons om aan ander te doen soos ons aan ons gedoen wil hê. Ons ken die stryd teen volksvernedering en -verguising! Ons mag nogtans nie ons verantwoordelikheid teenoor die Bantoe opsê soos die koloniserende lande teenoor hulle kolonies se inwoners doen nie. Ons moet egter die werklikheid raaksien. Dit sal nie help om met groot ywer en oordrewe gewetenswroeging só goed aan hulle te wil doen dat ons eie volksbestaan bedreig word nie. As ons ondergaan, kan ons nie ons verantwoordelikheid nakom nie.

Laat ons kennis neem van wat om ons aangaan. Laat ons ag slaan op die waarskuwende stem van ministers. Laat ons luister na mense soos die Fransman Paul Giniewski, wat na twee deeglike besoeke aan ons land by verskeie geleenthede gestel het dat daar vir ons net èèn uitweg is: Dat ons ons van die Bantoe onafhanklik maak en algehele skeiding toepas. Ons moet die moed en pit hê om dit ten volle deur te voer as ons net eers sover kan kom om te besef dat dit die enigste wyse is waarop die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe sal bly. Die geleentheid doen hom nou by uitstek voor, met die beoogde vermindering van Bantoe in Blanke gebiede. Die roepstem kom tot ons om ons offers te bring tot behoud van land en volk. Sal ons daaraan gehoor gee?

Laat ons tot die einde voortgaan op die pad wat ons ingeslaan het. Laat ons weier om aan die wêreld toe te gee, omdat ons gewete, gegrond op die Woord van God, ons dit nie toelaat nie. Ons glo dat ons steeds die roeping in Afrika het om getrou die evangelie deur woord en daad suiwer en reg te verkondig. As ons ons roeping volbring, as ons éérs die Koninkryk van die hemel soek, glo ons dat ons aardse behoeftes en begeertes ons gegee sal word en dat ons so lank dit God mag behaag tot in lengte van dae in hierdie land van ons geboorte sal bly staan.

Glo in jou God. Glo in jou volk. Glo in jouself. So het dr D F  Malan die Afrikaner op 16 Desember 1949 met die ingebruikneming van die Voortrekkermonument tot die stryd opgeroep. Dieselfde oproep kom steeds tot ons: Om te bly glo dat ons nie sommer net hier tereggekom het nie, maar dat ons met 'n roeping hier geplaas is. En sal God ontrou kan wees aan Sy eie wil? Solank ons ons roeping opvolg en so erken dat ons nog glo in die Voorsienigheid en Alomteenwoordigheid van God in die wêreld, sal ons staande bly. As ons Hom aanhang kan geen mag ons van Sy liefde en beskerming skei nie.

Maar hoe is dit met ons gesteld? Geen ons werklik hieraan gehoor? Laat ons ons hand in eie boesem steek en aan die hand van Geloftedag se agtergrond en geskiedenis ons eie lewe en ons volkslewe beoordeel. Hieraan worrd in die tweede toespraak aandag gegee.



[1] Die Afrikanervolk was die eerste volk wat die stryd teen die Britse Empire aangebind het. Die Afrikaners het dit in 1899 tereg gesien as 'n stryd teen die tirannie van die kapitalisme, die internasionale geldmag. Een Eeuw van Onrecht, bls 62.

[2] Met die aankondiging op 23 Januarie 1960 dat 'n referendum onder die Blanke kiesers van die Unie van Suid-Afrika (Suidwes-Afrika is later bygevoeg) op 5 Oktober 1960 gehou sou word of Suid-Afrika 'n republiek moet word en so die Britse monargie moes afsweer, het die destydse Verwoerdregering duidelik gestel dat hy alles in sy vermoë sou doen om in die Britse Statebond te bly. Die voorwaarde is egter ewe duidelik gestel dat dit slegs op die grondslag kan geskied dat geen ander land hom seggenskap oor Suid-Afrika se binnelandse beleid aanmatig nie. 'n Vergadering van regeringshoofde van die Britse Statebond het in Maart 1961 in Londen vergader onder voorsitterskap van die Britse eerste minister Harold MacMillan, 'n onbetroubare swakkeling. Die vergadering is deur die leiers van pas onafhanklike Swart state soos Ghana oorheers en hulle het die steun van Kanada en Nieu-Seeland verwerf, en vanselfsprekend Indië, Ceylon en ander Nie-Blanke lande. Die meerderheid het geëis dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid van afsondelike ontwikkeling moet beëindig. Daartoe was dr H F Verwoerd (Eerste Minister) nie bereid nie en hy het op 15 Maart 1961 Suid-Afrika se aansoek om as Republiek in die Britse Statebond te bly, teruggetrek. Hy en adv E H Louw (Buitelandse Sake) het enkele dae later 'n heldeontvangs gekry toe meer as 40 000 mense hulle op Jan Smutslughawe terug verwelkom het. Hulle optrede het oorweldigende steun onder Afrikaners, Engelse en anti-Britse groepe geniet.

[3] Engeland was en is 'n hindernis vir die Afrikaner in die uitvoering van sy roeping.

[4] Die aanspraak van die Nie-Blanke volke op die ontwikkelde Blanke volke se rykdom is tekenend van hulle hatige jaloesie. Kyk die Vierde en Agste Gebod wat albei die opdrag tot arbeid bevat (Heidelbergse Kategismus Sondag 38 en 40-41, bykomend Sondag 44).

[5] Tans Namibië. Dit is ingevolge 'n besluit van die Volkebond in 1919, destyds deel van die Republiek geag totdat dit onder P W Botha aan SWAPO oorhandig is.

[6] Let daarop dat hierdie toespraak in 1964 opgestel is. Uhuru! Was die slagkreet van die Mau-Mau onder Jomo Kenjatta in Kenia in die jare-sestig en het die grusaamste denbare  barbaarsheid behels. Geestelik was dit die uiterste vorm van die rewolusiegees en gelyk met Kaïn se nakomeling Lameg se gesindheid (Gen 4:23-24). Dit het onder Lumumba in die Belgiese Kongo hoogty gevier met die gruwelikste optrede teen nonne en ander geestelikes en selfs tot kannibalisme. Later het dit in Uganda in massamoord op Blankes en veral Asiate tot uiting gekom. Die huidige gebeure in Soedan en die Kongo en elders is 'n voortsetting daarvan. Dit is tekenend van die Swarte van Afrika en Islamitiese selfmoordoptrede.

[7] Die haatveldtog is vanuit Londen beplan en geredigeer en het uiteindelik in die verraderlike oorgawe op 27 April 1994 uitgeloop. Dit is ironies dat die Londengesentreerde haat teen die Afrikanervolk met die verdwyning van Brittanje as wêreldmoondheid met die volvoering van sy haatveldtog teen die Afrikanervolk saamgeval het. Brittanje het self in die gat geval wat hy vir die Afrikanervolk gegrawe het. Die Engelse Oorlog van 1899-1902 was die begin van sy einde.