SATANISME – 'N REALITEIT (2)

Kobus Jonker

Lees reeks by Satanisme

5. Wit magie

Net soos by die swart magie word ook demoniese kragte by wit magie gebruik om die mens en sy besittings teen die swart magiër te beskerm. Dié magiër gebruik weer die Christelike, Bybelse en godsdienstige gebruike saam met die demoniese kragte om sy doel te bereik.

Reeds in 1987 was daar na skatting tagtigduisend mense in Amerika wie die "wit" towerkuns bedryf. 'n Groot groep van die mense behoort aan die Wicca-beweging wat ook bekend staan as die "woman-spirit movement".

'n Ontstelde winkeleienares het my in November 1989 geskakel  nadat sy 'n tydskrif in haar winkel oopgeblaai het. Die betrokke artikel het gehandel oor 'n "goeie heks", Marina Medici, se vyf  towerformules vir geluk en liefde. Medici sê in haar eie woorde: "White Magic is purely for helping and protecting people, to use my spells wisely to bring only good things". Haar 5 towerformules is:

1. Die hartseerformule
2. Die geldformule
3. Die liefdesformule
4. Die huisformule
5. Die "sexy" formule

Sy maak ook melding van edelstene en sê dat sy dit gebruik om langdurende towerkrag te hê. Wat my bekommerd maak oor die artikel in die tydskrif is die paragraaf waar die skrywer die volgende kwytraak: "Before casting any spell, Marina sits on the floor in a quiet place, facing east and visualises a strong flow of light, washing over her, until she feels relaxed. She then calls the Power by saying aloud: Air / Earth / Water / Fire you are here and I thank you, to each element in turn." Die krag wat sy oproep is beslis nie Jesus Christus se krag nie.

Harry Anderson, regter Harold T. Stone in Night Court, se eerste liefde is toorkuns. Hy is met 'n heks getroud (Leslie Pollack) en sê dat 'n heks dinge kan aanvoel en by elke geleentheid net dit doen wat goed is vir ander.

U en ek moet daarop let dat beskerming teen die bose alleenlik kan geskied deur die oorwinning in Jesus Christus.

6. Neutrale magie

Net soos die vorige twee vorme word neutrale magie ook deur demoniese kragte tot stand gebring. In hierdie vorm maak die magiër van die natuur se neutrale kragte  gebruik om onverklaarbare en byna onmoontlike dinge te doen. Dit is vanselfsprekend dat sodanige kragte daarop gemik is om talle mense se verbeelding en verbasing aan te gryp. Hierdie vorm sal ek ook onder "swart" magie plaas.

7. Nuwe Era beweging (New Age)

Die New Age-beweging is die nuutste op die lang lys van okkulte wat besig is om soos 'n dwarrelwind deur Suid-Afrika te beweeg. Hierdie begrip kom 'n mens deesdae om elke hoek teë; van die boekwinkel se rakke tot by seminare vir sakemanne. Sommige beskou dit as 'n nuwe kettery wat Satan op die troon probeer plaas. In Pretoria het 'n prediker onlangs voor vyfduisend mense gesê dat die New Age-beweging drie doelstellings het:

(a) Plasing van Lucifer op die troon.
(b) Uitwissing van alle Jode en
(c) 'n Stigting van 'n wêreldregering met 'n vrou as regeerder.

Prof. J.S. Malan, 'n kenner van die New Age-beweging, draai nie doekies om as hy sê dat die beweging daarop uit is om die wêreld godsdienstig, polities, ekonomies en sosiaal te verenig en onder die beheer van 'n enkele leier te plaas nie.

  1. Ontstaan van die boweging
    Hierdie valse-wêreldgodsdiens van die eindtyd het sy oorsprong uit die Babiloniese ryk wat gestig was deur Nimrod (Openbaring 17).  Die koning van daardie ryk was ook die verpersoonliking van die songod - die gewer van lig. Deur die volk se bygeloof het die kultus van die sonpilare ontstaan. Vandag het dit sodanig ontwikkel dat vredespale orals in die wêreld geplant word. Helena Blavatsky — 'n Rus — het in 1875 die Teosofiese Vereniging in Amerika gestig. Sy het telepatie beoefen en was 'n medium vir hoër magte. Sy het in 1877 "Isis Unveiled" asook in 1888 die boek "The Secret Doctrine" geskryf; in laasgenoemde boek sluit sy alle godsdienste in om 'n een-wêreld godsdiens te propageer.

Talle navorsers is van mening dat die New Age al in die jare sestig in Suid-Afrika ontstaan het. Die openbaringsfase van die New Age-beweging het inderdaad kort na 1975plaasgevind. Benjamin Creme het in 1977 die Tara-organisasie te Londen Daar was ook aangekondig dat die gemeenskaplike messias van alle gelowe hier is en hornself gereed maak vir openbaring. Volgens New Age-astroloë is die  toekomstige wêreldleier op 5 Februarie 1962 gebore, en is daar voorsien dat die wêreld in 1999 onder sy heerskappy sou verenig – wat ons nou in 2015 kan bewys 'n foutiewe aanname was. Die opvolger van Blavatsky,  Alice Bailey van Lucis Trust, het jare gelede reeds gemeld die jaar 2000 die jubeljaar van die New Age-beweging sou wees omrede die oorname van die wêreld afgehandel sou wees – hul visie is defnitief nie betroubaar nie.

Die New Age-Organisasies

Vandag is daar talle organisasies opgebou wat die aanvoorwerk vir die" nuwe era" doen. Hulle is ook vinnig besig om meer intensief en verspreid te raak. Hierdie organisasies funksioneer op verskillende vlakke. Prof. Malan meld dat die organisasies op drie vlakke beweeg; onder andere Kern, Middelorde en Front. Elkeen word kortliks bespreek.

Kernorganisasies
Die einddoel is om Lucifer te aanbid en die hele aarde onder sy direkte beheer te onderwerp. Die hele binnekring van die organisasie is Luciferies. Verskeie satanistiese groepe asook organisasies soos "Planetary Ci tizens" en "Lucis Trust" is deel daarvan. Hierdie organisasies gee regstreekse en openlike erkenning aan Lucifer. "Planetary Citizens" se hoof is David Spangler.

(b) Middelorde – Organisasie
Hulle is die wegbereiders vir die nuwe wêreldorde. Hierdie organisasies bekend as die Illuminati, Tara, New Group of World Servers, die Teosofiese Vereniging, The World Coucil of Wise Persons, World Future  Society, the Association for Humanistic Psychology, die Humanistiese beweging, die Klub van Rome, Global 2000, die Astrologiese Vereniging, verskeie Oosterse meditasie kultusse asook 'n aantal vredesbewegings en ekologiese.groepe.

Die organisasies gebruik dan ook tekens wat die reënboog, die piramide, die derde oog, nommer 666, die jin en die jang, die pentagram, pegasus en die profiel van die mediteerder insluit.

(c) Frontorganisasies
Hierdie organisasies bestaan uit die Oosterse godsdienste, sekere kerkbewegings, 'n verskeidenheid wêreldorganisasies, multi-nasionale maatskappye asook 'n groot aantal bevrydingsbewegings.

In die meeste Universiteite van Suid-Afrika en oral in die wêreld is humanisme, neo-marxisme, moderne teologie en nuwe sielkunde besig om te floreer.

(d) Tydperk Van Aquarius
Lede van die New Age-beweging noem die bedeling wat nou aanbreek die tydperk van Aquarius. Hierdie is 'n astrologiese begrip en word gebaseer op die beweging van die son deur die twaalf sterrebeelde in die sodiak. In die bekende boek "Entering Aquarius" sê die skrywers Michal Eastcott en Nancy Magor dat elke konstellasie waardeur die son beweeg, die aarde in 'n bepaalde gebied van kosmiese beïnvloeding plaas. Met die koms van Christus het die bedeling van die visse (pisces) aangebreek.  Nou het die klem dus verskuif na die einde van hierdie bedeling en ;die mensdom betree dus nou die nuwe bedeling van die Waterdraer (Aquarius). Aanhangers word ook nou sterk versoek om meer van die kosmiese skatkamer te leer sodat kennis daardeur opgedoen kan word. Lees wat sê die Bybel oor hierdie kosmiese bron van "wysheid" en van "towerkrag" in Jes. 47:12-14. (24)

Daar is talle bekende mense wie New Agers is — Walter Mondale, Shirley Maclaine, Linda Evans, Joyce de Witt (of Three's a Company faam), Marsha Mason, Helen Reddy, Tina Turner en selfs Nancy Reagan het haar geloof te kenne gegee in talle New Age-idees. (27)

(e) Die dertienpunt-plan
Die New Age-leiers het "The Plan" vir die instelling van die nuwe wêreldorde saamgestel- dit is:

  • Die stigting van 'n wêreldgodsdiens en 'n nuwe sosiale-en politieke orde.
  • Die New Age-godsdiens moet die antieke Babiloniese godsdiens, sterrewiggelary asook die beoefening van psigiese en kosmiese mgte insluit.
  • Die openbaring van die New Age-Messias met sy nommer 666 sal die Agers se plan tot sy voile perspektief ontplooi.
  • Hierdie messias sal as die "Godmens en die hoogste meester van wysheid"  bekend staan. Sy dissipels en gidse uit die geesteswêreld sal die weg hierdie "New Age-messias" baan.
  • Die sleutelbegrippe in die New Age-godsdiens sal wêreldvrede, liefde en eenheid wees.
  • Die propagering van die New Age-leerstellings in alle samelewings in die wêreld.
  • Die New Age-leiers sal Jesus wel as 'n profeet en meester van wysheid aanvaar, maar ontken dat Hy 'n God bokant die mensdom is.
  • Die New Age-godsdiens moet alle ander godsdienste omsluit.
  • Enige Christelike beginsel wat die New Age-beweging stuit in sy hervorming moet in diskrediet gebring en verwerp word.
  • Skoolkinders moet met die New Age-dogma reeds in die klaskamers beïnvloed en geïndoktrineer word.
  • Die mens moet glo dat hy goddelik is en sodoende die hele wêreld mislei.
  • Alle pogings aangewend moet word dat die Wetenskap en New Age-godsdiens as 'n eenheid saamsmelt.
  • Die uitwissing van die Christene sodat die wêreld van hulle invloed gesuiwer kan word. Dit is die Bloedgewaste Christene wie die plan sal teëstaan en wat nie aan oorreding of druk sal toegee nie.

Vervolg...