SATANISME – 'N REALITEIT (8)

Kobus Jonker

Lees reeks by Satanisme

WAT IS DEMONE?

Die woord 'demoon' kom oorspronklik van die Griekse 'daiman' wat 'n 'bose gees' beteken. Op sy beurt het daiman sy oorsprong van 'n wortel wat 'skaduwee' beteken. Demone is persoonlikhede wat boos en haatlik is, en daarop uit is om te vernietig. Demone is geeste sonder liggame om in te woon. Ons is geeste met liggaame. Ons gees wat in ons woon is van God. Demoniese geeste is van die duiwel. Demone word in die Bybel gemeld as gevalle engele wie Satan uit die hemel gevolg het na die aarde. Hulle swerf deur die wêreld en soek 'n liggaam waar hulle kan ingaan en uitdrukking aan hulle bose werke gee (Mat 12:43).

Die skrywer Whyte, waarsku soos volg oor die gevaar wanneer daar met die okkult geêksperimenteer word: "...any playful  experimentation with ouija boards, card playing, fortune telling, reading horoscopes, or the more obviously sinful practices of Yoga, hypnotism, or spiritist seances, will almost certainly expose a person to demon oppression."

Hierdie waarskuwing geld ook beslis waar satanisme beoefen word. Ouers moet juis in hierdie eeu hulle kinders gereeld in gebed aan God opdra en die bloed van Jesus oor hulle pleit vir die nodige beskerming teen die demoniese invloede.

Om 'n menslike liggaam binne te dring is vir enige demoon die hoogste prys. Deur die betrokke liggaam sal so 'n demoon homself kan manifesteer. Aangesien demone persoonlikhede is, manifesteer hulle hul eie persoonlikhede in die persone wat hulle besit. Daar is verskillende tipes demoniese geeste, net soos daar verskillende mense is. Daar is ook volgens die Bybel verskillende soorte demone wat werksaam is.

Demone bestaan nog wel in hierdie eeu en is aktief.  Jesus het 40 dae ná Golgota, net voor Hemelvaart, gesê:  "...vir die wat glo sal in my Naam demone uitdryf" (Mark 16:19).

  1. Demone praat – baie voorbeelde word in die Bybel aangetref, Hulle gebruik 'n mens se stem en tong. (Mark 3:11; Luk 4:41). Die demone het selfs uitgeroep: "U is die Seun van God".
  2. Demone is intelligent. Hulle weet dat die hel berei is vir die duiwel en sy engele (Open 20 en 21).
  3. Demone gee nie maklik oor nie. In Matt 8, Markus 5 en Lukas 8 word daar gelees hoe Jesus die legioen demone uit die besetene van Gadara gedryf het.
  4. Demone kan versterkings inroep (Mat 12:43 – 45). In Jak 4:7 staan daar: "Weerstaan die duiwel en hy sal van jou vlug."
  5. Demone erken en is gehoorsaam aan diegene wat mag oor hulle het (Hand 19:13-16).

In God se Woord word 'n groot aantal name gebruik om bose geeste te identifiseer. 'n Kort lys daarvan is soos volg:

  • Gees van swakheid – Luk 13:11
  • Stom en dowe gees – Mark 9:25
  • Onreine gees –  Matt 12:43
  • Blinde gees – Matt 12:22
  • Bekende geeste – Lev 20:27
  • Engel van die lig – 2 Kor 11:14
  • 'n Leeu – 1 Pet 5:8
  • 'n Draak – Open 12:7-9
  • 'n Leuenagtige gees – 1 Kon 22:22
  • Verleidende geeste – 1 Tim 4:1
  • Bindende geeste – Matt 18:18
  • 'n Stil gees – Mark 9:25
  • 'n Jaloerse gees – Num 15:14

Dit gebeur ook dikwels dat geeste hulself name gee. Ons moet in gedagte hou dat Jesus Christus vir 'n kind van Hom mag en outoriteit oor alle duiwels gegee het – Matt 10:1-8, Luk 9:1-16.

Fred Gettings sê dat hy deur navorsing 'n lys van 3000 demoniese name saamgestel het. Die talmud se gevolgtrekking oor demonologie is as volg: "If the eye could perceive the demons that people the Universe, existence would be impossible. The demons are more numerous than we are."

Die Bybel meld ook in 1 Tim 4:1 dat in die laaste dae sommige mense verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

Sataniste hang ook duiwelse leerstellings aan en maak gereeld daarvan gebruik om demone op te roep tydens rituele. Die priesters van die selle wys ook bepaalde demone en demoniese name aan lede van sy sel toe. Persone wie met sataniste handel kan hulself blootstel aan demoniese bindinge en 'n aanslag van Satan verwag. Waar ek ook gereeld met sataniste kontak maak pleit ek daagliks die bloed van Jesus vir beskerming,. In Corrie Ten Boom se boekie 'Defeated Enemies' verskyn 'n kort maar kragtige gedig: "Though all the powers of hell atack
Fear not, Jesus is Victor".

Die sataniste plaas deur demoniese magte 'n vreespsigose by talle Christene. Slegs deur die bloed van Jesus  verdwyn demoniese bindinge en word Satan se aanslag afgeweer.

Satanisme: ontstaan en groei – vervolg...