Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
INTEGRITEIT BEGEER GEREGTIGHEID
Die 18de-eeuse Britse komponis Isaac Watts het die volgende verse oor die nastreef van geregtigheid en gehoorsaamheid aan God se woord geskryf:
Blest are the undefiled in heart,
Whose ways are right and clean,
Who never from the law depart,
But fly from ev'ry sin.
Blest are the men who keep Thy Word
And practice Thy commands;
With their whole heart they seek the Lord,
And serveThee with their hands.
Great is their peace who love Thy law;
How firm their souls abide!
Nor can a bold temptation draw
Their steady feet aside.
Then shall my heart have inward joy,
And keep my face from shame,
When all Thy statutes I obey,
And honor all Thy Name.
Hierdie woorde, gebaseer op Psalm 119:1, kon netsowel uit die mond van die apostel Paulus gekom het as 'n uitdrukking van sy hartstogtelike begeerte na geregtigheid. Sy begeerte was 'n natuurlike uitvloeisel van sy ontsaglike dankbaarheid vir Christus se liefde en was nog 'n rede waarom hy sy integriteit met soveel erns voor die Korintiërs verdedig het. Paulus het vir hulle geskryf: "Hy het vir almal gesterwe sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is" (2 Kor. 5:15).
Deur sy integriteit te verdedig, wou Paulus hê dat die Korintiers moet weet dat sy ou, selfgesentreerde lewe iets van die verlede is. Teen die agtergrond van al die verdraaide beskuldigings van die vals leraars wou hy sy broers oortuig dat sy motiewe volkome suiwer was. En Paulus het 'n sterk saak gehad, want deur die Here se genade was hy sonder selfverheffing, selfverheerliking, trots of hebsug in sy arbeid om plaaslike kerke onder die mense van Klein- Asië te plant en te bedien.
Die Korintiërs moes nooit aan Paulus se integriteit getwyfel het nie. Hy het hulle alreeds onderrig in die geestelike lewenswyse wat hulle moes volg:
"Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar die van baie ander, sodat hulle gered kan word. Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg " -1 Korintiers 10:31-11:1
Paulus se oortuigings en motivering het nie verander nie, maak die saak waarvan sy skynheilige vyande hom beskuldig het nie. Hy het steeds vir Christus en vir geregtigheid gelewe; nie vir homself nie. Enige ander standaard was onaanvaarbaar in sy oë.
Paulus het sy integriteit verdedig omdat dit sy begeerte was om onbeskroomd en met vrymoedigheid vir die Here te lewe. Hy wou ook nie hê dat enigiemand moes dink dat hy 'n ander motivering vir sy lewe gehad het nie. Paulus se voorbeeld behoort ons almal aan te spoor om aan ons integriteit te werk en dit te verdedig, want daarsonder kan ons nie effektief vir die Here werk nie.