Nadat die konings van Frankryk en Duitsland vir die Kruisvaarders gehelp het om die Tweede Kruistog te laat plaasvind, is die Mohammedane se militêre mag nie daardeur gebreek nie, want hulle het die Kruisvaarders verslaan.
Nureddin was die eerste leier van die verenigde Mohammedane en na sy dood het sy generaal, Saladin, hom opgevolg, wat met ‘n groot leër na Jerusalem opgetrek het. Hy het die stad op 2 Oktober 1187 aangeval en weer verower. Dadelik daarna het Pous Clemensius III begin om ‘n derde kruistog te organiseer. Die ridders van Europa was weer baie entoesiasties en begerig om heldedade te verrig. Die dapperste onder hulle was Richard I, die koning van Engeland. Hy is genoem Richard die Leeuehart. Toe die Pous die derde kruistog aankondig, het Richard geld en vegters bymekaar gemaak en in Junie 1190 na Palestina vertrek. Koning Filips II van Spanje het saam met hom gegaan. Hierdie twee was nie goeie vriende nie en was jaloers op mekaar.Filips wou graag die grond gehad het wat Richard in Frankryk besit het. Daarom gaan hulle toe saam op die kruistog om mekaar op te pas en te verhoed dat die een nie agter die ander se rug dinge aanvang nie!
Koning Frederik Barbarossa van Duitsland wou ook graag aan die derde kruistog deelneeem, maar het op pad na die Heilige land in ‘n vol rivier verdrink. Leopoldt, die Hertog van Oostenryk het ook aan die Derde Kruistog deelgeneem.
Filips het in April 1191 in Palestina aangekom en Richard eers sewe weke later. Die Mohammedane was toe al weer vier jaar lank in beheer van Jerusalem. Hulle het die Kruisvaarders in die Heilige stad onderdruk en selfs slawe van die arm families gemaak.
Eers moes die Kruisvaarders ‘n stad, Akre bevry, voordat hulle dit met Jerusalem kon doen. ‘n Paar maande daarna het Filips besluit om terug te gaan Frankryk toe. Die meeste van sy soldate is saam met hom terug. Leopoldt het vir Richard kwaad geword en is ook terug Oostenryk toe. Richard het alleen oorgebly om die kruistog te voltooi. Die dapper Richard is selfs deur die Mohammedaan Saladin bewonder en gerespekteer.
Toe Richard uiteindelik met sy moeë soldate by Jerusalem aankom, het hy besef dat hy nie die stad sou kon verower nie en het toe ‘n vredeskontrak met Saladin gesluit dat daar vir ten minste drie jaar lank nie oorlog gevoer sou word nie.
‘n Paar jaar na Richard se terugkeer in Engeland het hy gesterf en kort daarna ook Saladin. Maar sonder hulle sou daar nog meer kruistogte plaasvind.