“n Bietjie meer as negehonderd jaar gelede het Pous Urbanus II die Christene in Europa gevra om die Christene in die Heilige land van Palestina te gaan help veg teen die Mohammedane. In daardie dae was die enigste kerk in Europa die Rooms-Katolieke Kerk. Almal, selfs die konings, was gehoorsaam aan die Pous. Daarom het duisende mense hulle tuistes verlaat en na Palestina gegaan om teen die Mohammedane te veg. Dit word die Kruistogte genoem.
Daar was nie net een kruistog nie, maar sewe verskillende togte wat oor tweehonderd jaar plaasgevind het. Die eerste kruistog was ‘n groot sukses, maar met die ander het dit nie so goed gegaan nie.
Pous Urbanus II het op die 27e November 1095 nC by Clermont in Frankryk ‘n vergadering gehou wat deur al die baronne, biskoppe en priesters van Europa bygewoon is. Op hierdie vergadering het Urbanus die mense van Europa gevra om die Christene van Palestina te gaan help. Hy het gesê: “Geliefde Broeders, die Kerk van Christus verkeer in gevaar. Die Mohammedane maak die Christene dood en breek die kerke in Palestina. Die Christen-pelgrims wat na Palestina gaan, word gevang en vermoor. Hulle vang selfs die vroue en kinders en gebruik hulle as slawe. Maar dit is nie net die Christene in Palestina wat in gevaar verkeer nie, maar ook koninkryke in Europa. Die Christene in Spanje veg reeds teen die Mohammedane, want dié wil hulle land verower.
Maar die belangrikste is die Heilige land van Palestina, waar Jesus gebore is en waar Hy aan die kruis gesterwe het vir ons sondes. Jerusalem, Nasaret, Betlehem, ja die hele land van ons Here Jesus is al in die hande van die Mohammedane. Die oostelike keiserdom van Bisantium word ook deur die Mohammedane bedreig.
Ons mag dit nie toelaat nie! Ons moet met ‘n groot Christen-leër die Mohammedane uit die Heilige land uitdryf. Elke Christen, of hy arm of ryk is, moet die kruis opneem en gaan veg teen die Mohammedane!”
Nadat die Pous klaar gepraat het, was almal doodstil. Toe skreeu iemand: “ Dit is God se wil! Die kruistog is God se wil!” Toe het almal begin juig en skreeu.
Na die vergadering van Clermont het Pous Urbanus boodskappers uitgestuur oor die hele Europa, met die nuus dat daar ‘n kruistog gaan plaasvind. In die dorpe kon die mense nie oor die nuus uitgepraat raak nie. Reisende predikante soos Pieter die Kluisenaar het van dorp tot dorp gery en deur sy toesprake die mense aangemoedig om deel te neem aan die voorgenome tog. Mense van oor die hele Europa het begin om by ‘n sentrale punt byeen te kom. Ryk ridders het hul manne bymekaar gemaak en selfs arm arbeiders het hulself gereed gemaak om op kruistog te gaan.