BLANKHEID EN SALIGHEID (3)

'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel

deur Prof H G van der Westhuizen

Lees reeks by Blankheid en saligheid

9. Tien stamme se terugkeer

’n Ander vraag lui: “Dui Romeine 11:24 en 26 nie op ’n terugkeer van die tien stamme nie?” Dit is redelik duidelik dat hierdie teks geensins dui op ’n terugkeer van die tien stamme na Palestina nie. Waar sou hulle almal in daardie landjie plek kry, veral as hulle die aangeduide Blanke nasies is? Paulus sê die verharding van Israel, soos hy op sy sendingreise keer op keer onder die destydse sinagoge Jode bewys het, is gematigd. Die Afrikaanse Verklarende Bybel (AVB) sê van die “ten dele: nie dat die verharding slegs oor ’n deel van Israel gekom het nie, maar die verharding is nie ’n algehele nie, soos byvoorbeeld, Heb 6:4 v; Matt 12:13 v”. Sommige Israeliete en Jode, die volk van Paulus, God se volk (Rom 11:1, 2), het dan ook steeds tot geloof gekom. Dat sommige vanweë die evangelie vyande van God bly, kom die heidene ten goede, want so gaan die boodskappers na die heidene.

Dat sommige ander kragtens die uitverkiesing geliefdes is en tot geloof in Christus kom (Rom 11:28), is die wyse waarop die volle getal uit die heidennasies en die Israelitiese uitverkorenes (Rom 11:7) in die koninkryk ingaan (v 25). Op hierdie wyse sal die hele Israel gered word (v 26). Die hele of ganse Israel (wat net hier by Paulus voorkom), dui nie net op Israel as volk in soverre die uitverkorenes daarin die hele volk komponeer nie, maar kan ook die gehele geestelike Israel - uit Israel en die heidene - aandui (Rom 9:6; Gal 6:16; Ef 2:12).


10. Onvervulde profesieë


’n Volgende vraag is: “Het al die profesieë van die Ou Testament al in vervulling gegaan? Ek dink hier veral aan Esegiel 38 en 39”.

Behalwe dat profesie in die Bybel sekerlik nie net ’n voorspelling- wag-vervulling aspek het nie, maar primer ’n boodskap - basies ’n blye boodskap - vir die aangesprokenes van daardie tyd het, geld die Bybelse profesieë vir elke tyd. As dit nie so is nie, sou sekere dele van die Bybel maar vir sekere tye weggebêre kon word tot tyd en wyl. Daarom is die profesieë soos bergtoppe. In elke tyd is daar ’n bergtop voor jou of ’n betekeniswaarde van die profesie. Eers as jy op daardie bergtop is en die profesie in die betrokke tyd vervul is, word weer ’n volgende bergtop sigbaar, wat voorheen agter die vorige bergtop verskuil gelê het. En so hou God se profesieë oor die eeue aan - steeds met dieselfde betekenis, want dit is dieselfde berg, maar met wisselende betekeniswaarde omdat verskillende historiese bergtoppe verbygesteek word. Die uit-vervulling van die profesieë vind sekerlik eers plaas by die weerkoms van Christus en die weeroprigting van alle dinge.

Kom ons kyk kortliks na die genoemde hoofstukke in Esegiël. Ons begin met die mees aangrypende gedeelte van die hele profetiese geskrif van Esegiël (19:10), hoofstuk 37. God plaas Esegiël visionêr tydens die ballingskap (35K7 v.C’.) waar hy by die Kebarrivier te Tel-Abib woon (hoofstuk 3:15), in die dal of laagte van verdorde mensebenc, oorblyfsels van ’n groot veldslag. Hierdie gesig stel die hele huis van Israel voor aldus die uitleg of vertolking van die profesie self (hoofstuk V:11). Vision G moet die profeet tot die bene profeteer, wat dan met 'n gerammel elkeen na sy paslike plek gaan en vleis en spiere verkry. Dan moet hy tot die gees profeteer, wat van oor die hele aarde (vgl (Jen I en I’s 104:29 v) as lewende gees (Gen 2:7) die volk van God as't ware met ’n herskepping tot lewe bring. Dit wat menslik onmoontlik is (v 3), gaan God aan sy volk doen. Welke troos of blye boodskap was hierdie profetiese woord nie vir die verstrooide en geruïneerde volk nie! Die grafte van vers 12 en verder is die plekke waar Israel en Juda in ballingskap ’n skynlewe lei, soos dooies in die onderwêreld. Met ’n simboliese daad van twee hoofstukke as septerstawe, waarop die name van die twee verskeurde dele van God se volk geskryf is, moet Esegiël dit gesamentlik en opmekaar passend in sy een hand neem om aan te dui dat (Jod met die terugkeer van sy volk die langverwagte eenheid wil bewerkstellig (vgl Hos 1:11; 3:5; Amos 9:11; Miga 2:12; 5:2; Jes 11:13; Jer 3:11 v; 13:11; 31:1 v, 20, 27, 31, en so meer). Die historiese terugkeer van destyds het net deels aan die profesie beantwoord . (Wel ’n eenheidstaat aanvanklik. Met die koms van die koning van die Jode of Israel, Jesus - Matteus 27:29, 37, 42 - bly die eindvervulling van die “kneg Dawid” nog oor (37:24), wat as koning oor die hele Israel van God in volkomenheid sal regeer by die weerkoms van Christus). Nogtans het die profesie volledig beantwoord aan sy doel om God se troos aan die ballinge te bring. En vandag nog bring hierdie profesie die troos aan ons - nie net allegories oor ons opstanding uit die dood nie - maar dat God die almagtige Skepper, die ballinge se God en ook ons God is - wat vir ons ’n toekoms berei.

Die vraag bly nou vir Esegiël oor wat God met die ander volke gaan maak as Hy wat sy eie volk betref die groot dinge gaan doen wat in hoofstuk 37 beskryf is. Sedert vroeë tye was Israel deur vyandige volke omring: Edom, Moab, Ammon, Filistyne, later die Arameers, die Assiriërs, die Babiloniërs. Gaan hierdie gevaar nie maar steeds soos donker wolke oor die toekoms van Israel na die ballingskap hang nie? Met die profesie oor Gog in hoofstuk 38 en 39, word geantwoord dat God uiteindelik wel alle vyande gaan vernietig.

Dit is onverantwoordelik om met beslissende finaliteit met woorde op die klanke af te speel, en te sê Ros in hoofstuk 38:2 en Meseg en Tubal, is Rusland, Moskou en Tobolsk (3:26, 154). Meseg en Tubal, soos ander volke en lande wat in die profesieë genoem word, was destyds bekende woorde (vgl hoofstuk 27:13). Ros beteken hoof of kop - daarom kan vers 1 eerder vertaal word met hoofvors of grootvors of diktator (van Meseg en Tubal). Hierdie diktator word gevolg deur satelliete uit die noorde (Perse), suide (Kusiete, Puteers), en ooste (Gomer en Togarma) - van oor die hele destyds bekende wêreld. Die weste word nie genoem nie, omdat vir die Israelitiese wêreld van destyds wes net die groot see was. Hierdie kop-vors Gog, ’n Ou-Testamentiese personifikasie van die antichris (19:139), het ’n naam hier wat ook destyds bekend was soos blyk uit die Griekse vertaling van Numeri 24:7 se koning Agag van Amalek (vgl ook Amos 7:1 in die oorspronklike). Wanneer Gog met sy satelliete aan die einde van die jare (toekomstig, eskatologies - wanneer die Godsvolk rustig teruggekeer is in hulle land, vers 8, 11) die volk van God bedreig, sal dit nie buite die beheer en toelating om van God self geskied nie. Dit is die troos aan die bannelinge oor hulle bedreigde toekoms (v 9), dat God ’n leihak in Gog se bek het (v 4); en omdat hy die leier van al die satelliete is (v 7), oefen God deur Gog beheer oor almal uit.

Israel, wat altyd die gevaar uit die noorde die meeste gevrees het, ontvang die troos dat God die vyande wat van veglus brand en soos bendes rowers (v 12) teen sy rustige (ongewapende, vgl Rigters 18:7) volk in die toekoms sal optrek, met sy hand sal keer en hulle lewe sal red (vgl Ps 138:4 berym).

Hierdie “laaste” aanval teen die Godsvolk is nie vir God onverwags of verrassend nie: Hy het dit lankal voorspel (v 17). Gog, wat by die hoorders en lesers van destyds ’n bekende betekenis gedra het, kan ook in ons tyd sekerlik “gelokaliseer” word - maar belangriker is egter dat hy in vers 17 as verteenwoordiger van die voortdurende vyande van God aangedui word. Soos alle vorige vyande as’t ware in Gog se aanval gekonsentreer word, so trek God se vorige oordele alles as’t ware saam in sy finale oorwinning: op die aardbewing wat hemel en aarde en see laat bewe in weggolwende skokke, volg pes en bloed (vgl hoofstuk 5:17), stortreëns, haelstene (Eks 9:18—25; Jos 10:11), vuur en swawel (Gen 19:24). So sal God se strafmiddels teen Gog herinner aan Sodom se ondergang, Egipte se verbreking en Sanherib se vernietiging (19:129; vgl Jes 29:6; 30:30; 66:16; Jer 25:31; Amos 4:10; Joel 2:20; Ps 11:6; 78:48, 50; 91:6).

Israel word vertroostend verseker dat al die volke deur hierdie oorwinning van God, God sal (h)erken (hoofstuk 38:14, 23; hoofstuk 39:7, 13, 21).

In hoofstuk 39 word aangetoon dat die verwagting van die vyandige wêreldmag nie gerealiseer word nie, maar dat God hulle pogings omsit in ’n wêreldbrand (v 6) wat van die vyandige slagveld ’n tafel van die Here vir die roofvoëls en aasvoëls sal maak (v 17—20).

God maak ’n einde aan al die vyande van sy volk.
Vervolg...