Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
8. Welvaart en groei
8.1 Voorspoedteologie
Soos talle ander Charismatiese kerke, leer die NAH ook voorspoed-teologie en verkondig dat God ʼn ryk Koning is wat nie wil hê dat sy kinders arm moet wees nie. En omdat al die goud van die aarde aan Hom behoort, moet sy kinders ook goud dra.
So anders as die Bybel, leer die NAH dat Jesus van sy geboorte tot sy dood baie ryk was en dat sy hemelwoning ʼn plek van ongekende weelde is waarin ryk gelowiges baie tuis sal voel. Gevolglik kan hulle rykdom vergader en ter selfde tyd ook aan die koninkryk van God bou. Dis ʼn leuen!
“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;..... Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Mt.6:19-24).
Daarbenewens verkondig die NAH dat ʼn grootskaalse oordrag van rykdom op hande is - dié van die bose na die regverdiges. Om dit te kan ontvang, moet die apostels gehoorsaam word. Armoede en ander maatskaplike euwels sal glo uitgeskakel word indien die Satan se verdedigingvesting platgeslaan en sy bose geeste gebind is. En so word die geelwortel van rykdom voor om mense gehou om hulle op die ou einde te beheer en te onderwerp.
8.2 Herlewings
Die NAH getuig onophoudelik van herlewings wat deur hulle toedoen in die VSA en elders plaasgevind het. Dis alles leuens! Dwaalleer bring geen herlewing nie maar verhoed dit eerder. Hulle herlewings is niks anders as demoniese oplewings nie!
8.3 Geldmag
Die NAH werk agter die skerms baie nou saam met die geldmag wat ontspoorde kerke en swak regerings manipuleer. Hulle verplig lede om vasgestelde kerkledegelde te betaal. Eerste-wêreldlande betaal tans $6000 per persoon per jaar en dié van Derde-wêreldlande die helfte daarvan. Dit alleen maak van die NAH naas die Roomse Kerk die rykste godsdiensinstansie ter wêreld.
8.4 In Suid-Afrika
Die NAH het toegang tot Suid-Afrika verkry toe Rick Joyner, een van die leiers, Kaapstad op 22 Julie 2004 besoek en voorspel het dat ʼn groot herlewing in Suid-Afrika met Angus Buchan aan die stuur op hande is. Laasgenoemde se bediening pas die NAH soos ʼn handskoen omdat hy oor kerkgrense heen beweeg en gevolglik hul boodskap meer effektief kan oordra. Joyner is ʼn erkende Knight of Malta Templar, ʼn baie gevaarlike Roomse vrymesselaarsorde!
Vervolg...