BYBEL EN VOLKSTRYD (11)

Ds C R Kotze

Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd

'N MAN WAT IN DIE BRES KAN STAAN

Eseg. 22 :30—"En Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land.”

ISRAEL is tot die hemel toe bevoorreg, maar Israel het sy God verlaat en die oordele kom gewis. Die tien stamme is weggevoer en nou word een groep na die ander van Juda ook weggevoer. Onder die eerste groep wat jare voor die ander weggevoer word, is ook Esegiël en Daniël. Hulle word daar in ballingskap deur God tot Profete geroep. Esegiël sien ook daar in ballingskap die ontaarding van sy volk en verbastering met heidense nasies, net soos dit in Juda gegaan het. Esegiël roep tot God en God verwys hom na die volksmure ! God het aparte volke met aparte tale en geskiedenisse gewil.

Die aparte taal, godsdiens, geskiedenis, tradisie, dis almal mure om elke volk. Soos die doringdraad om die plaas vrede en geluk bring, so getuig die muur om die huis nie van haat nie, maar van geluk en vrede. Die haat en bitterheid sal kom, as die muur nie om die huis is nie, as die draad nie om die plaas is nie.

So is daar ook internasionale geluk en vrede as die volksmure gesond en sterk staan.

Maar Israel het in hul eie land met ander nasies se sedes en godsdiens geheul ! Israel het in hul eie land met die heidense nasies gemeng en verbaster. Israel het self die volksmure verbreek. En nou kom die heidense goddeloosheid van buite deur die skeure van die mure ! En nou kom Gods oordele oor die ontaarding, vermenging en verbastering. En as Esegiël nou bid en smeek by God vir sy volk wat hy so lief het, dan sê die Here :

“Ek het onder hulle ’n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan.”

En nou, broers en susters, kom ons kyk hoe lyk dit hier rondom ons.

Daar is gate en skeure in die mure.

Dink maar aan die Afrikaners in Engelse kerke ! Hulle is daar gedoop en miskien aangeneem, maar hulle aard nie daar nie! Hulle is daar nie tuis nie! Nou is net hul name daar op die registers, maar hulle sit meestal tuis as die klokke lui.

Hoe kom dit?

God wil aparte nasies en tale. God bepaal met die uitstorting van die Heilige Gees dat elke volk sy eie taal, sy eie kerk en sy eie Bybel moet hê. Dis Gods alwyse Raad, dat elke volk sy eie kerk, sy eie Bybel in sy eie taal ontvang.

Wat soek Afrikaners in Engelse kerke ? Waarom is hulle daar nie tuis nie ? Omdat hulle nie daar tuis hoort nie. En hulle is daar nie geseënd nie, omdat God hulle daar nie wil hê nie. Dis nie hul kerk nie. Hulle het oor die muur gegaan om daar te kom. Hulle het die muur verbreek en die seën van die Here is nie op hulle nie, ook nie op hul huisgesinne nie. Hulle is nie die skoonste en mees christelike karakters in die samelewing nie !

Gemengde huwelike

Daar is ook ongelukkige gemengde huwelike wat deur God nie geseën word nie / In die een geval is die man ontuis in die kerk, en die vrou weer ontuis in die ander kerk. Nou gaan hulle na geen kerk nie. Dis ’n ontaarding en versinking van die gesin ! In die ander geval beur die man na die een kerk en die vrou na die ander kerk, en die huis is verdeeld en ongelukkig. Daar is nie die seën van die Here nie. Die kinders word nie kerklik en christelik opgevoed nie. Die ouers het met hul huwelik oor die mure gegaan, en hulle bly heen en weer oor die volksmure klim. Hulle breek die volksmure.

Ek noem vir u uit die Bybel ’n gemengde huwelik wat deur God geseën is. Ruth, die Moabietiese vrou, trou met Boas die Israeliet en God het die huwelik geseen, sodat Dawid uiteindelik uit die huwelik gebore is. Maar let daarop : voor die huweilk het Ruth gesê : U God is my God, en u volk is my volk ! Dis die kern van die hele saak. Laat elke man en vrou wat ’n gemengde huwelik wil aangaan, of wat ’n gemengde huwelik aangegaan het, eens en vir altyd sê : U God is my God, en u volk is my volk. Laat man en vrou een kerk hê, een volk en een Bybel. Dan is daar eenheid in die huis en Gods seën op die huwelikslewe.

Afrikaners wat met die laaste verkiesing oor die muur geklim het en vreemdes omhels het, is voor God verantwoordelik vir die verdrukking en lyding. As hulle nie oor die muur geklim het nie, was daar geen oorlog, geen kampe in Suid-Afrika en geen bloed verspil nie.

Waarom oor die mure klim met ’n verkiesing? Waarom oor die mure klim met ’n koop en verkoop. Ook in die handel moet die Afrikaner sy eie fabrieke en sake hê, sodat Afrikaner by Afrikaner werk, en nie by vreemdes met vreemde sedes waar hulle verag, vervolg en verdruk word nie.

Hierdie oor-die-muur-klim, bring ontaarding en lyding. Dit bring die oordele van God.

’n Man in die Bres

Nou is ons in ’n krisisuur en ons roep tot God en God sê: Ek soek ’n man wat in die bres kan staan.

Daar is die vermenging met vreemde sedes en gewoontes.

Daar is die ontaarding met kerkloosheid en Bybelloosheid.

Daar is Afrikaners, gedwing in ’n oorlog waar hulle nie wil wees nie.

Daar is doodberigte, weduwees, wese en ellende.

Daar is Afrikaners in tronke en kampe!

Dis die muurklimmers en muurbrekers wat alles veroorsaak het.

Hierdie en dergelike toestande drywe elke gelowige hart onder ons tot die gebed ! Ons roep tot God ! Maar God antwoord : Ek soek diegene wat in die bresse kan staan.

Ons kan nie net bid nie. Ons moet bid en werk !

Laat elkeen sy plek inneem in die bres. Bou die volksmure. Maak heel die barste. Staan in die bres. Keer die oorlopery. Keer die oorklimmers ! Stop die muurbrekers ! Ons het die kragte nodig, hier BINNE die mure !

Versamel die kragte van die volk !

Maak die Afrikaners kerklik sterk !

Maak die volk kultureel sterk !

Maak die volk ekonomies sterk !

Maak die volk op staatkundige gebied sterk !

Is u invloed groot of klein ? Gebruik die hele invloed vir u volk, vir u kerk, en vir u Here !

Loop staan in die bres en wees sterk ! As u daar staan in die bres, sal die volksvyande u van voor aanval, en die volksverraaiers sal u van agter aanval! U sal die stormwind kry van voor en van agter !

Daarom, wees sterk !

Moses het die wind gekry van agter en van voor !

Die Rigters, ook die Profete, en die Apostels ook !

A1 die helde in ons geskiedenis het die wind gekry van agter en van voor !

Daarom, wees sterk ! Staan in die bres ! Staan vir die heil van u volk ! Staan vir die belange van u kerk ! Staan vir die eer van u God ! Bly staan in die bres ! Maak heel die volksmure. Staan pal in die donker krisisuur ! En die nageslag sal u prys en dank !

N MAN WAT IN DIE BRES KAN STAAN

Eseg. 22 :30—„En Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land.”

ISRAEL is tot die hemel toe bevoorreg, maar Israel het sy God verlaat en die oordele kom gewis. Die tien stamme is weggevoer en nou word een groep na die ander van Juda ook weggevoer. Onder die eerste groep wat jare voor die ander weggevoer word, is ook Esegiël en Daniël. Hulle word daar in ballingskap deur God tot Profete geroep. Esegiël sien ook daar in ballingskap die ontaarding van sy volk en verbastering met heidense nasies, net soos dit in Juda gegaan het. Esegiël roep tot God en God verwys hom na die volksmure ! God het aparte volke met aparte tale en geskiedenisse gewil.

Die aparte taal, godsdiens, geskiedenis, tradisie, dis almal mure om elke volk. Soos die doringdraad om die plaas vrede en geluk bring, so getuig die muur om die huis nie van haat nie, maar van geluk en vrede. Die haat en bitterheid sal kom, as die muur nie om die huis is nie, as die draad nie om die plaas is nie.

So is daar ook internasionale geluk en vrede as die volksmure gesond en sterk staan.

Maar Israel het in hul eie land met ander nasies se sedes en godsdiens geheul ! Israel het in hul eie land met die heidense nasies gemeng en verbaster. Israel het self die volksmure verbreek. En nou kom die heidense goddeloosheid van buite deur die skeure van die mure ! En nou kom Gods oordele oor die ontaarding, vermenging en verbastering. En as Esegiël nou bid en smeek by God vir sy volk wat hy so lief het, dan sê die Here :

\