Heilstaat of doodsakker?
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Vatikaan
1. Agtergrond
1.1 Eie staat
Die Vatikaan is ʼn ingeslote grondgebied van 44 hektaar in Rome wat in 1929 as ʼn onafhanklike stad-staat tot stand gekom het. Dis die kleinste staat ter wêreld en hoofkwartier van die Roomse Kerk (RK) met ʼn pous aan die hoof.
1.2 Die naam
Vatikaan was in die Romeinse tyd die naam van ʼn moerasagtige deel van die Wesoewer van die Tiber Rivier oorkant Rome. Nadat Agrippina die gebied in die eerste eeu laat drooglê en tuine aangelê het, het talle welgestelde Romeine huise daar laat bou.
Pouse het mettertyd poste as goewerneurs van die omliggende gebiede verkry. Dis pouslike state genoem en het ʼn groot deel van die Italiaanse skiereiland beslaan. Dis vir meer as 1000 jaar deur pouse regeer.
In die 19de eeu is hierdie gebiede deur die nuwe koninkryk van Italië opgeëis waarna die pous die Vatikaan verlaat en in die Lateraanse paleis aan die oorkant gaan woon het. 1861 tot 1929 was ʼn moeilike tyd vir pouse omdat die Italiaanse regering op baie Roomse kerkeiendom beslag gelê en pouse gedwing het om hul staatsmag prys te gee en net met geestelike sake besig te hou.
Pouse het agter die mure van die Vatikaan gebly en die koning se seggenskap oor Rome verag. Hierdie twispunt is in 1929 met die Lateraanse verdrag beëindig wat in opdrag van koning Victor Emmanuel III deur sy eerste minister Mussolini en pous Puis XI onderteken is. Die RK het $92 miljoen van die staat as vergoeding vir die verlies van die pouslike state ontvang.
1.3 Die Petrus-plein
Volgens Roomse oorlewerings was Petrus die eerste biskop van Rome en na sy kruisiging in ʼn vlak graf op die Vatikaanheuwel begrawe. Keiser Konstantyn het ʼn basilika (kerk) in die vierde eeu daarop laat bou. Die huidige een dateer uit die 1500s.
Op die Petrus-plein in die Vatikaanstad staan ʼn gedenknaald wat keiser Caligula uit Egipte daarheen laat bring het om sy vermaaklikheidsarena (sirkus genoem) op te tower. Die ou Egiptenare was almal sonaanbidders. Hierdie arena was na oorlewering die plek waar baie gelowiges ʼn marteldood vir hul geloof in Christus gesterf het.
VERVOLG...