AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (2)

Ds.A.E van den Berg

Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE

Godsverheerliking

God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:

“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).

God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.

Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:

Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).

God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:

 

“En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee” (Rom.4:20).

Paulus lê egter baie sterk klem op sedelike reinheid as ʼn verheerliking van God:

Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God” (Rom.6:12,13).

3. God se toorn

God straf ongehoorsaamheid. Die NT begin en eindig met etlike waarskuwings daaroor. Wie sy waarheid verag, word met die oordeelsdag in die hel gewerp as toppunt van God se toorn. Die mensdom gaan egter net voor die wederkoms van Christus, God se voorlaaste toorn in die geheel ervaar nl.die groot verdrukking (Mt.24).

God talm egter nie met toorn nie. Mense het al regstreek uit die hemel daarmee kennis gemaak wanneer Hy kragtig ingryp en sondetoestande beëindig soos met die sondvloed (Gen.6) en die verwoesting van Sodom en Gomorra (Gen.19).   God laat talle mense ook die vrug van hul boosheid pluk. VIGS is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Dis nie bloot God se straf op homoseksualisme nie, maar ook op ʼn gemeenskap wat dit verdra!

God se toorn is egter fel oor diegene wat aan Hom getrou was en toe sy weë verlaat het om met sonde te volhard. God wyk van hulle soos met Simson gebeur het:

“....En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie” (Rigt.16:20).

In Rom.1 gebruik Paulus drie maal die woord oorgegee:

Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee....”(:24)

“Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte.....” (:26)

“...het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid....”(:28)

Die Griekse woord paradidmi wat hy hier gebruik, is ʼn regsterm wat beteken om ʼn oortreder aan vervolging oor te gee. God laat oortreders hul verdiende loon ontvang.

Vervolg...