Here, ons is hartseer oor die ongebondenheid onder baie van volksgenote wat al as’t ware vir hulle ʼn tipe van godsdiens geword het. Ons bid vir kollegas, vriende en familielede wat weet waar verlossing van sonde bekom kan word, maar desondanks hul oë in ongeloof sluit. Ons bid ook vir hulle wat die fontein van die lewende water verwerp en hul geestelike dors op verkeerde plekke les. Laat hulle tot die besef kom dat die wêreld geen ware vreugde bied nie; net U alleen.
Gee ons die nodige genade dat as daar in hierdie naweek onaangename dinge op ons lewenspad kom, dit ons hoogstens mag ontstel maar nie bitter maak nie. Help ons om mekaar te vergewe soos wat U ons vergewe sodat ons nooit met die koue as van onvergewensgesindheid sukkel nie
Dankie vir U vrede in ons lewens sodat ons op die reënboë nie en op die donderstorms in ons lewe let nie. Gee ons die nodige geesteskrag om altyd vorentoe te beur al moet ons ook kruip. Laat ons lewe soos ʼn sonneblom wees; altyd met gesigte na die lig toe, U lig.
Amen