Here, op hierdie Maandag is ek ontsteld oor die gebrek aan geloof by baie van my volksgenote. My hartstog vir die waarheid en geregtigheid vir my volk laat my vir ʼn geestelike ontwaking onder hulle pleit. So baie van hulle is wreed mislei en het derhalwe hul seile in verraderlike winde ontplooi. Here, my hart is net te groot is om die volksvyand te bevoordeel en my volk leed aan te doen.
Ek is hartseer oor misleiers wat my volk na plekke geneem waar hulle nie wou wees nie, langer daar gehou as wat hulle wou bly en meer gekos het as wat hulle bereid was om te betaal. My volk se vryheid is fyngetrap en kan net met u genade herwin word. Ons het geen groter begeerte as om as ʼn vrye volk op ʼn vrye volksbodem U as die Drie-enige God te aanbid nie. Wees ons genadig!
Amen