GEBED VIR DIE NAWEEK

Here, U het my nie gemaak om by die wêreld in te pas nie maar om uit te staan en nie aan die wêreld gelykvormig te word nie. Daarom gee ek U nie aandele in my lewe gee nie, maar die beherende belang van A tot Z. U is my hoop in my diepste ellende, my Lig as dit donker om my word, my krag in tye van swakheid en my Trooster in tye van beproewing.

Dankie dat U niks van my wegneem sonder om iets beter te gee nie. En as Ustorms in my lewe laat ontstaan, is dit nie om my om te bring nie, maar eerder nader aan U te trek en vorentoe te laat beur al moet ek kruip.

Laat die gehalte van my geloof in die onweersdae in my lewe duidelik word en u genade die weligste in die winter van my lewe groei. Dankie dat die reus voor my nooit groter as U by my is nie en laat ek altyd die reënboë en nie die donderstorms in my lewe tel nie.   Mag die hemelse vrede wat alle verstand te bowe gaan hierdie week met my familie en vriende wees.

Amen