GEBED VIR DIE WEEK

“Here, maak my klein voor U sodat u grootheid in my nederigheid skitter. Gee dat ek nie minder van myself dink nie maar eerder minder aan myself dink en mense sien soos wat hulle werklik is en nie teen my eie belangrikheid vaskyk nie. Ek wil nie opsigtelik na nederigheid streef nie, maar bid dat dit eerder die natuurlike gevolg van my toegewyde lewe aan U sal wees.

Maak my elke dag leeg van myself sodat U my gedurig met dit wat in my lewe ontbreek, kan vul. Gee dat my nederige hart die mooiste tempel vir U sal wees en dat niks my so buite die satan se bereik plaas soos nederigheid nie.

Laat ek nooit my nederigheid as ʼn swakheid beskou nie, maar eerder as besondere geesteskrag wat U my gee om U en my naaste mee te dien. En as ek oortree bid ek U om vergifnis want ʼn fout wat my nederig maak is beter as ‘n prestasie wat my hoogmoedig kan maak. Laat my derhalwe laag voor U buig ten einde groot voor U te kan wees.