Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie oorleg en wysheid het, is gewoonlik spaarsaam met sy woorde; iemand wat by jou kom skinder gaan ook van jou skinder – vermy sy skinderpraatjies!
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (1)
KLEINSKEER, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Three independent sources with ties to the police, the Hawks and the State Security Agency told us about the quiet break-in. Sources explained that it was one of five events that took place around the time of the 2021 unrest that were probably aimed at laying the groundwork for a future insurrection. The 2021 looting, says the security sector source, was a “dry run”, and the thefts that took place during the riots were a part of gathering supplies and event number two was all about the guns: two containers of AK-47-type rifles not destined for South Africa went missing during the chaos that ensued at the Durban harbour when Transnet suffered a cyberattack, sources say. A source with ties to state intelligence explained that the rifles utilised 7.62mm rounds similar to those used in the Russian AK-47 and its Chinese knock-off, the AK-56. Those guns are yet to be found, but, said an intelligence specialist with ties to the public and private security sector who also confirmed the theft, “I’m telling you: those guns are in KZN.”
*
The proposed stages now go up to stage 16 and appear to alter the way in which the stages are determined, now basing the total megawatts removed on the demand profile at the time rather than the available load.
*
“Ek bewe te veel.”
“Dis ‘n goeie ding.”
“Hoekom, oom Skeer? As ek so bewe, sal ek niks raakskiet nie.”
“Want as jy bewe, beteken dit jy lewe. Net dooie mense bewe niks.”
Klein Ezra lê weer aan. Die ou Winchester .22 Hornet se kolf is te lank vir hom en hy hou die laaste 75 millimeter daarvan onder sy regterarm deur. Skeermes Hugo het dit al oorweeg om daardie gedeelte van die kolf af te saag, maar soos Ezra nou groei, sal dit nie baie maande wees nie, dan kan hy dit in die holte van sy skouer hou.
Die seuntjie hou sy asem in, soos Skeer hom geleer het, probeer die swaaiende loop onder beheer bring en net as hy die skoot afknyp, maak hy sy oë toe en trek hard aan die sneller. Dit is sommer ver mis. Skeer hou sy natuurlike ongeduld in toom en praat egalig.
“Nee, jy was bang vir die geweer. Dis nie nodig nie, hy lawaai mos nie baie nie en skop niks nie. Hy kan jou nie seermaak nie. Kom, ek help jou.”
Skeer trek die geweertjie se slot effens terug, sodat die slagpen teen die veer staan, vat Ezra se regterhandjie en hou dit teen die kolf se handgreep.
“Maak jou hand stadig toe, asof jy dit net effens stywer wil vashou.”
Na die derde poging kry Ezra dit reg. Hy druk nou die sneller egalig en dit veroorsaak nie dat die wapen van teiken af gepluk word nie.
“Nou goed, kom ons probeer die teiken weer.”
Hy laai die klein rondte in magasyntjie, laat Ezra self die slot oop en agteruit trek en toemaak. Die seun haal weer diep asem en terwyl hy dit uitblaas, druk hy die sneller egalig. Die klap van die skoot volg en die karton-teiken aan die ander kant van hulle impromptu skietbaan, kry ‘n gaatjie in, so skuins na onder en regs.
“Ek het hom, Oom! Gaan hy vrek?”
“Ons praat nie so, nie, Ezra!”
“Jammer Oom, maar dis wat daardie vieslike ding vir my pa gesê het, net voor hy hom met die mes gekap het.”
“Ek weet, maar ons praat nie so nie, ons is beter mense.”
“Oom Skeer, het jy al mense doodgemaak?” vra Ezra met onskuldige ernstigheid.
Skeer bly ‘n hele ruk stil. Hy sou graag vir die seuntjie wou jok en sê hy het nie, maar as hy uiteindelik die waarheid uitvind, sal dit die vertroue tussen hulle skade aandoen. Hy wil ook nie in die verlede gaan rondkrap nie, want daar is te veel dinge wat seermaak. Soos die dood van Leona. Vir ‘n oomblik beleef hy weer die nag toe hy met haar die hospitaal binnegeloop het, waar sy bloeiend in sy arms gelê het. En die dokter wat probeer het om so emosieloos moontlik vir hom te sê hy kan niks doen nie, want sy is dood.
Miskien, as hy nie so in die verlede en in stokou sake gaan rondekrap het nie, sou sy nog gelewe het. Wat is hierdie ding in hom wat nie wil los nie, nie net laat gaan en dit daar laat nie? Is dit sommer net koppigheid, wat sy pa hardegatgeit genoem het, nuuskierigheid, roekelose inmeng in ander se sake, of wat?
Skielik ervaar hy ‘n intense hartseer. Hy het nog nooit regtig sukses met die skoner geslag gehad nie. Sy eerste vrou het hom gelos omdat sy nie meer met sy koppigheid kon uithou nie en, alhoewel daar ander na haar was, kon hy nooit weer regtig lief word vir ‘n vrou nie – nooit, tot hy vir Leona daar hoog in die berge gekry het nie. En nou is dit sy skuld dat sy dood is.
Skeer kyk weg en maak asof hy die teiken deegliker ondersoek. Hy steek die punt van die balpuntpen, waarmee hy die gaatjie omkring het in die koeëlmerkie in en wag dat die trane wat in sy oë uitgespoel het, weggaan. Ja, trane kan weggaan, maar nie die seer nie. Jy raak nooit daaraan gewoond nie, maar leer mettertyd hoe om daarmee saam te leef.
Hy kug effens om die skorheid uit sy stem te kry en praat uiteindelik.
“Ezra, dis nooit maklik om iemand dood te maak nie. Jy kan hom of haar nooit weer lewendig maak nie en dit haal ‘n stukkie goed uit jou uit. Jy is nog te klein om dit te verstaan, maar dood is ‘n verskriklike ding. Dis die einde van ‘n mens se lewe, van sy drome, van sy vreugde. Hy sal nooit weer eet en die kos geniet nie, of iets drink en voel hoe die lekker koue in sy maag afsak nie. Hy gaan nie weer liefhê of lag nie. Dis alles net klaar en verby. Jy moet bid dat die Here jou sal help dat jy nooit iemand hoef dood te maak nie.”
“Maar Oom Skeer, het jy al?”
“Ja, ek het. En ek wens ek kon sê ek het nie, maar ek het.”
“Hoeveel Oom? Baie of min?”
“Ek het nooit getel nie en ek wens dit was minder of niks.”
Die seuntjie bly ‘n wyle stil, asof hy iets wil verwerk. “Oom, as ek niemand moet doodmaak nie, waarom leer Oom my om te skiet? En hoekom is die teiken waarna ek mik, gemaak soos ‘n mannetjie?”
“Ek verstaan, maar luister nou mooi na my. Hoe oud is jy…net mooi amper ses jaar oud, as ek reg is? Jou hele lewe lê nog voor. Ek weet jy dink dis baie lank, maar dit is nie. En dit voel vir my ek was net anderdag ook amper ses jaar oud. Daar is dinge wat jy nie nou gaan verstaan nie, en wat ek vir jou moet leer.”
Skeer voel skielik intens jammer vir die outjie. Hy is in ‘n weeskind, wat net maande – of dis dit weke – gelede gesien en ervaar het hoe sy ouers vermoor word. Nie net doodgegaan het nie, of in ‘n ongeluk gesterf het nie, maar geweldadig, sonder genade. Hoeveel daarvan het klein Ezra gesien?
Vyftien weke vantevore:
Skeermes Hugo, in werklikheid Brigadier Jacobus Hugo (SAPD), maar niemand noem hom meer op sy doopnaam nie, ook nie “Kobus”, Koos” of “Jaco” nie. Hy het lankal die gewoonte aangeleer om ‘n skeermes in sy kous te dra en die ding het in die verlede al baie maal hom uit ‘n penarie gered. Sy kollegas het hom “Skeermes” begin noem, wat later afgekort is na “Skeer”. Hierdie naam het posgevat onder almal wat hom ken en hy wonder soms of enigiemand, behalwe die generaals, nog weet wat sy naam is.
Hy het laataand nog gesit en administrasie, wat hy terloops haat om te doen, afgehandel, toe hy die telefoon in die aanklagkantoor hoor lui. Dit gee ‘n paar luie, maar niemand antwoord nie. Dit begin weer en hou weer op. Vir ‘n derde maal is die irriterende gelui vir hom een te veel en hy loop vinnig en verergd daarheen, om te kyk of die makker aan diens slaap, of net weg is. As hy langs die foon is, begin dit weereens te lui en hy antwoord:
“Suid-Afrikaanse Polisiediens, Brigadier Hugo wat praat, hoe kan ek help?”
“Meneer, julle moet dadelik kom! Daar is mense in ons huis!”
“Bedaar, dame. Wat is die adres? Hoeveel mense?”
Sy gee histeries die adres en dan word dit stil aan die ander kant. Skeer neem nie tyd om ‘n pantserbaadjie of haelgeweer, R5 of enigiets dergliks te neem nie, en het ook nie die geduld om vir bystand te wag nie. Hy hardloop uit na sy privaatvoertuig, ‘n grys Volkswagen Touareg V8, spring in en jaag uit na die adres, ‘n huis aan die einde van die dorp, op pad uit na Pietersburg.
Die huis is donker as hy stilhou, uitspring en by die oop voordeur inhardloop. Hy is te laat: die voorkamer, gang, badkamer en sover hy kan kyk, is bespat en besmeer met bloed. Hy kon nog nooit verstaan hoe kan een of twee mense so baie bloed in hulle hê nie.
Hy kan ook nie verstaan waarom mense so wreed kan wees nie. Die man is geslaan, gebrand, gekap en keel-af gesny. Die vrou het haar teengesit, maar haar voorarms, skouers en bors is vol snye en die mes steek nog in haar ribbekas.
Skeer hoor die agterdeur oopgaan, soos die aanvallers weghardloop en hy is agterna, maar as hy by die kombuis kom, hoor hy ‘n gegil uit een van die kamers op die boonste verdieping. Hy hardloop, pistool in die hand, die trappe twee-twee op en as hy by die slaapkamer kom, sien hy ‘n rower is besig om ‘n kind aan sy voet onder ‘n bed uit te sleep. Dis duidelik dat die kindjie aan die bed se onderkant vashou en onophoudelik skreeu. Skeer slaan die man met sy pistool oor die kop en sodra hy die kind se voet los, skop hy hom op die krop van sy maag. Hy gryp die ou aan sy gordel en kraag, dra hom so uit die kamer en gooi hom oor die trapreling van die balkon.
Wanneer hy omdraai, is die voetjie terug onder die bed is en hy waag dit om onder die bed in te kyk. ‘n Jong seuntjie lê opgekrul aan die verkant, teen die slaapkamermuur.
“Los my! Los my, Los my!” skreeu hy oor en oor, terwyl hy na Skeer skop.
“Dis okay, bulletjie, ek is nie een van die slegtes nie. Kyk, ek is ‘n polisieman. Wat is jou naam?”
Dit neem hom vyf minute van paai en gesels, voordat die seuntjie snikkend bedaar, genoeg dat Skeer hom onder die bed kan uithaal. Hy druk die outjie teen hom vas, sorg dat sy ogies nie kan dwaal na waar sy pa en ma is nie en dra hom uit die huis. Buite wag flitsende blou ligte hulle in. Onder die mense wat reageer het, is ‘n vrou, Kaptein Jollie Barnard. Hy gee die outjie vir haar aan en draai dan om om terug te loop in die huis in, waar hy die toneel oorgee aan ‘n speurder.
Hy raak besig met die terugrapportering as die speurders en ander manne terug is. Na twee ure begin hy met die nuwe gebeure se papierwerk, toe sy selfoon begin lui.
“Hugo.”
“Brigadier, ons het ‘n probleem,” kom Jollie stem.
Skeer sug. “Ons het altyd, Kaptein.”
“Ja, maar hierdie is anders. Die seuntjie is histeries.”
“Natuurlik. Hy is pas deur die mees traumatiese gebeure wat hy ooit gaan beleef. Kry hom by ‘n berader.”
“Ek het, Skeer, maar sy kan niks doen nie. Die mannetjie wil net vir jou hê. Hy skreeu vir jou en die sielkundige vra of jy nie maar kan kom nie.”
Skeer is uit sy diepte, maar hy gaan tog daarheen. Wanneer die seuntjie hom sien, ruk hy los uit Jollie se arms en hardloop na Skeer toe.
“Help my, Oom!”
Hy hou die mannetjie vas, totdat die outjie ophou bewe. Na ‘n ruk gaan sit hy op die rusbank en uiteindelik raak Ezra aan die slaap in sy arms.