Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As dit toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute – Prediker 10
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (10)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Staatskas loop leeg: Tesourie wil besnoei, vakbonde wil keer. ANC gebruik apartheid as verskoning vir sy mislukking.
– Julius Malema
*
South Africa has run out of money.
The National Treasury has proposed drastic steps to rein in spending as the government has run out of money and faces a debt trap. The Sunday Times reported that the National Treasury prepared radical measures after a cabinet meeting in August at which ministers were warned of dwindling tax revenue.The measures include a freeze on new public service jobs, stopping procurement contracts for all infrastructure projects, and keeping public servant salary increases in check.
“The spending cuts have been widely welcomed and indicated that the government had ‘run out of money’ and faced a ‘debt trap’ as growth had stalled,” The Sunday Times said.
Bloomberg reported that national debt has risen to R4.7 trillion and could reach R6 trillion in 2025, compared with R500 billion in 2006. The situation has reached such concerning levels that South African Reserve Bank Governor, Lesetja Kganyago, said it was essential that the country reduced fiscal risks.
South Africa’s current debt-to-gross domestic product (GDP) ratio is 73%. The situation is set to become much worse as the country’s fiscal deficit this year will be around 6% of GDP.
President Cyril Ramaphosa: “The state continues to spend far more than it gets in, which means it has a growing fiscal deficit and needs to borrow money to make ends meet.”
Despite the government’s growing expenses and the Treasury’s warning, President Cyril Ramaphosa said lower spending is “not necessarily” the answer to the country’s fiscal challenges.
“The revenue projections that we had have been lower than what we had anticipated. That immediately tells you that we are going to have headwinds,” Ramaphosa said.
“What should we do? The discussion is ongoing. It is not necessarily cutting spending. It is seeing how best you focus on your key delivery areas. After considering key investment areas, you look at how you recalibrate the other spending, you re-prioritise.”
Renowned economist, Dawie Roodt, previously warned that South Africa is running out of money, but the spending cuts were not palatable in an election year. The state’s expenses are going to be much larger than expected and economic growth much smaller,” he said.
Roodt said South Africa’s fiscal deficit would be much larger this year than what Finance Minister, Enoch Godongwana, budgeted for.
“The minister said they want to stabilise South Africa’s debt level at 70% of GDP, but it has already increased to past 72%,” he said.
“South Africa’s fiscal deficit for 2023 is set to be between 6% and 6.5% of gross domestic product (GDP), much higher than the minister’s expected 4%,” Roodt said.
“I expect South Africa’s debt to increase to 75% of GDP by the end of the year and reach 80% of GDP by the end of 2024.”
South Africa’s debt will continue to grow, and it will continue to spend more on servicing interest on this debt.
It can lead to a debt spiral, ultimately resulting in high inflation levels, further stifling economic growth. The outcome of this situation can be devastating for a country, which is why many experts are urging the country to cut spending as a matter of urgency.
-DM
*
Behalwe vir die grys strepe in sy hare en baard, en dat hy ‘n paar sentimeter langer is, kon hulle eerder broers as pa en seun wees. Wanneer hy uit die kar klim, is die verslaentheid op Bert se gesig so intens, dat hy hom nie eens groet nie, maar sy arms om sy seun sit en hom vashou, totdat hy ophou snik.
“Wat gaan ons doen, Pa?”
“Ons gaan jou kinders terugkry, dit is wat ons gaan doen.”
“Maar hoe?”
“Help my uitpak, dan gaan praat ek met die ondersoekbeampte en hoor of hy enige leidrade het.”
“Hy het nie, Pa. Hy gee ook nie juis om nie. Ek sou kon sweer hulle is in op hierdie saak.”
“Jy bedoel…?”
“Ek bedoel hulle is kop in een mus, letterlik, met hierdie gemors.”
Bert is nou kwaad, soos ‘n mens maar maak as jy van verslae, na hartseer, woedend en weereens hartseer van buie wissel.
“Het jy – of hulle - enigiets wat ons kan gebruik?”
“Niks. Behalwe iemand wat net ‘n koevert met ‘n klomp fotos hier op die stoep gelos het.”
“Kan ek daarna kyk?”
Rob se bagasie is min, met ‘n sportsak met spaar klere in, sy geweer, ammunisie en ‘n paar los goed. Hy vat die koffie wat Bert gemaak het en haal die fotos uit die koevert. Dis afdrukke van ‘n klomp manne en drie vroue, met besonderhede, kriminele rekords waar beskikbaar en adresse. Daar is altesaam drie en sestig van hulle.
“Ken jy iemand wat baie slim is in IT?”
“Waaraan dink Pa?”
“Ek soek ‘n manier waarop ons iets op Facebook, Twitter, en watter sosiale medium daar ookal mag wees, sonder dat hulle weet van wie af dit gekom het.”
“Soos in ons IP-adres versteek?”
“As dit is wat die tegniese term daarvoor is, ja.”
“Het Pa ‘n plan?”
“Ja. Dit mag miskien baie drasties en desperaat klink, maar ek het een. En ek dink jy moet, as ek eers daarmee begin het, jou daaruit hou.”
“Hoekom?”
“Want jy het ‘n klein seuntjie en ‘n dogtertjie. Ek is alleen. Ek het niks om te verloor nie.”
*
Die skielike kouefront het vir Skeer en Ezra onkant gevang. Die ou Land-Rover het baie goeie eienskappe, maar, net soos die gebrek aan ‘n lugreëling, netso is daar geen vorm van verwarming in die ding nie, behalwe die hitte wat vanuit die uitlaatsisteem deur die vloerborde slaan.
In sulke omstandighede, net soos as dit reën, is hulle albei bewus van al die gate waardeur die koue die kajuit binnekom. Skeer het stilgehou, die seiltentjie opgeslaan en so dig vasgemaak as wat hy kan. By die boonste hoeke egter, waar die windskerm en die seil bymekaarkom, suis die wind in koue strome deur. Die deure se rubbers is ook al oud en die gate waar die bakwerkstukke dig moet toemaak, is nie meer so vars nie.
So af en toe val daar ‘n buitjie reën, wat selfs afwissel met ysreën en uiteindelik sneeu, as hulle oor die berg ry. Die ou kort, effentjiese windskermveërs sukkel erg as dit reën, maar selfs hierdie bietjie sneeu veroorsaak dat hulle bewegingsboog al korter word, totdat hulle net ‘n paar sentimeter beweeg. Dan klim Skeer uit en vee die sneeu van die windskerm af, net om die proses later te herhaal.
Hy is nou baie spyt dat hy nie maar eerder die kans gevat het en met sy Mercedes-bakkie te ry nie. Die gedagte dat hy die bakkie aan Arno afgeteken het, kom nie eens by hom op nie.
Hulle oornag net buitekant Simonstad. Skeer wonder hoe ver hy gaan kom met sy aanstellingskaart as senior lid van die SAPD.
Hy verwonder hom weer aan Ezra se eetlus en weet nie hoe hy op die langtermyn die mannetjie gaan kan onderhou nie. Miskien moet hy ook maar vir ‘n SASSA-kindertoelaag aansoek doen. Daarmee kan hy darem vir hom kos koop vir ‘n dag en ‘n half.