Ds Andrè van den Berg
Deut.18:9-14; 1 Sam.28:4-14
"Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti... Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy."
Daar word baie dinge oor Afrika geskryf en gesê, veral negatiewe dinge. Toe die Christendom hier gevestig is, het twee sterk geesteswêrelde met mekaar gebots – die Christendom teen die heidendom. Afrika is feitlik sinoniem met verwarde denke en kom nie in ʼn beskaafde wêreld tuis nie.
Afrika huisves van meet af aan die agterlikste mense in die wêreld en het nog niks tot die ontwikkeling van die mensdom bygedra nie. En een van die hoofredes hiervoor, is Afrika se verknogtheid aan die heidendom; veral voorvadergeesaanbidding en die verwoestende onheilsgevolge daarvan.
Met die onlangse ANC eeufeesvieringe in Bloemfontein is Suid-Afrika openlik aan voorvadergeeste toegewy. Daarmee is die goddelose aap uit die vrome mou gelaat – die land het teruggesak in die heidendom waarin dit tot en met die volksplanting in 1652 versink was!
Wat sê die Bybel oor voorvadergeesaanbidding? Is dit onskuldige tradisie of demonies? Is daar ander voorbeelde van nasies wat hul land aan voorvader-geeste opgedra het? Indien wel, wat is die gevolge daarvan?
Die ANC het hul eeufeesviering geesdriftig afgeskop. Terwyl tromme en dreunsang die lug gevul het, het hulle president die tradisionele reiniging-seremonie by wyse van ’n rituele offer waargeneem. ’n Bul wat aan ’n boom vasgemaak is, is ten aanskoue van duisende jillende feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies doodgesteek. Geen beskaafde staatshoof sou ’n nasionale geleentheid met die slagting van ’n hulpelose dier open nie!
Van oral het boodskappe van gelukwense ingestroom – van Moslems, Hindoes, ontspoorde kerke, Rastafariërs en toordokters. Dr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, is ook na die feesviering uitgenooi, maar het dit van die hand gewys en gewaarsku dat voorvadergeesaanbidding nie met die Christelike geloof strook nie en vernietigende gevolge vir die land gaan hê!
Die kapelaan van die ANC was kwaad vir dr. Meshoe en het hom van godsdiens onverdraagsaamheid beskuldig. Dr. Meshoe en talle ander gelowiges het op daardie dag by die Uniegebou byeengekom en Suid-Afrika aan die lewende God opgedra. Dr. Meshoe het openlik verklaar dat hy weens sy liefde vir God en sy land dit nooit aan afgestorwenes durf wy nie. Hy het alle Christene opgeroep om saam met hom vir die land te bid en te doen wat in God se oë reg is, omdat die ANC met verkeerde dinge besig was!
Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti. Hierdie eiland behoort skatryk te wees, maar dit is nie. Dis een van die heel armste ter wêreld is. Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy. Die heilige boom waar toordokters meer as twee eeue gelede ’n ooreenkoms met die Satan gesluit het, word as ’n besienswaardigheid bewaar. In 2003 is toorkuns amptelik tot nasionale geloof verklaar. Ongeveer 75% van die bevolking is by toorkuns betrokke.
Haïti het ’n werkloosheidsyfer van 70% en is erg besoedel. Dit gaan onder kroniese hongersnood gebuk en baie van die inwoners is aan dwelms verslaaf. Daarbenewens versprei VIGS in Haïti die vinnigste in die Westerse wêreld. Wat ’n aanskouingsles van ’n land wat aan die Satan toegewy en dodelik siek is. Kyk hoe siek het ons eie land na April 1994 geword!
Daniël Etounga, die bekende skrywer en ontwikkelingskundige van Kameroen, skryf tereg dat toorkuns een van die hoofredes vir ’n gebrek aan ontwikkeling in Afrika is. Dit het geen sedelike inhoud nie. Desondanks glo swartes dat hul lewenslot deur honderde wispelturige geeste beheer word. En hierdie geeste moet met allerlei rituele gepaai word. Met so ’n lewens-ingesteldheid is voorspoed en vooruitgang absoluut onmoontlik!
'n Geleerde omskryf Afrika se tradisionele godsdiens met die woord animisme. Laasgenoemde is op die bestaan van geestelike wesens gegrond wat met mense se lewens kan inmeng. Animiste maak geen onderskeid tussen die geestes-en die materiële wêreld nie. Geeste beweeg na willekeur uit die geesteswêreld na die materiële wêreld.
Daarom maak swartes hul aan nekrologie skuldig - die aanbidding van dooies soos wat die Roomse Kerk ook deels doen! Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat met dreunsang en geheime rituele presies weet hoe om die geeste te paai om voorspoed te verseker en onheil af te weer.
Swartes se beleweniswêreld is met geeste, voorbodes en onsigbare magte gevul wat hulle permanent in vrees laat leef. Daarom soek hulle beskerming by wyse van toorkuns, waarsêery en rituele, net om die bose geeste intoom te hou. Hoe anders het Christene dit nie! “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).
Vir swartes gaan dit om ’n lewenslange beskerming teen bose geeste en maak hulle baie van offerande gebruik, selfs mense-offers! In Uganda het die regering oral by speelterreine plakkate opgehang om mense teen die ontvoering van kinders te waarsku. Toordokters gebruik graag kinders as offers. Daar is ’n groeiende geloof dat ’n kinderoffer rykdom bring. Daarom neem kinderontvoering epidemiese afmetinge in Afrika aan! Ja, Afrika verras selde. Dit wek eerder weersin.
Die Bybel verbied mense om met die geeste van afgestorwenes kontakte maak. Dis heidens! “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle te verontreinig nie. Ek is die Here.” (Lev.19:31). Daar is in werklikheid geen skakeling tussen dooies en lewendes moontlik nie. “En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).
Die enigste uitsondering was Samuel wat aan Saul verskyn en hom op sy sonde gewys het. Diegene wat glo dat hulle wel met geeste skakel, word mislei. Dis bose geeste! Jesus gee in Mt.10 aan die dissipels mag om onreine geeste uit te dryf. Hulle moes uitgedryf en nie geskakel word nie!
Afrika se geskiedenis is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef. Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie…” (Jer.10:2). Die Afrika-mens se siening van die lewe verskil hemelsbreed van die Bybelse een. Hy lê net op die mens klem en hoe voorspoed bekom word. Die Bybel daarenteen sê: “Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word” (Mt.6:33).
Die Afrika-mens glo wel daar ’n God is, maar Hy is baie vêr en nie by menslike leed betrokke nie. Die verloop van die lewe word uitsluitlik deur voorvadergeeste bepaal. Die Bybel daarenteen sê dat God naby en intens by gelowiges se leed betrokke is. Jesus het dan selfs oor Lasarus geween!
Die Bybel praat ook van geeste, maar hulle beheer nie ons lewe nie; net God alleen. “...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë” (Ps.91:11). Die Satan en bose geeste val ons aan (Efes.6:10-13). Ons kan hul slegs met God se krag teenstaan: ”Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).
Afrika glo dat die voorvadergeeste middelaars tussen hulle en God is. Dis bog! Die Bybel sê dat die geeste van afgestorwenes reeds in die ewige heerlikheid of verderf is en dat dit ’n gruwel is om met hulle te wil skakel. Hulle kan uiteraard nie antwoord nie; slegs demone.
God is Meester van die wêreld. Die Bybel praat oor sy mag as Skepper: “U alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe en die leër van die hemel buig hulle voor U neer” (Neh.9:6).
Satan is ook ’n meester - van sinsbedrog en teer op misleiding. Die enigste mag wat hy het, is dit wat God hom toelaat. Ongelukkig is dit genoeg om ongelowiges om die bos te lei. Die gewaande mag van die toordokter is geen damp van God se krag nie. Hulle kan geeneen ’n getygolf veroorsaak of ’n vulkaan laat uitbars nie; net God!
Die Satan en sy toordokters het geen mag oor iemand in wie die Heilige Gees woon nie. Gelowiges staan in die krag van die Skepper en reken op Hom as hulle in benoudheid verkeer: “Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut” (Spr.18:10).
Ongelowiges is weerloos teen die aanslae van die Satan en sy trawante. Wie volgens Satan se kode leef, word aan sy reëls gebind. Let daarop dat mense wat hul vertroue nie in die Here stel nie, al hoe meer in die dinge van die Satan vasgevang word; veral die Afrika-mens! Hulle is so behep met sataniese krag, dat hulle alle onaangename daaglikse gebeure as die gevolg van toordery sien.
Die mag van geestelike oorlogvoering in die mens se lewe hang af van die houvas wat die Satan in so ’n mens se lewe het. Gelowiges het nie rituele of geheime medisyne (muti) nodig om van die bose ontslae te raak nie, slegs ’n gebed om beskerming en die gewilligheid om van sonde af te lê!
Met gebed sê ons vir God dat ons afhanklik van Hom is. Ons kan met sy genade teen die Satan veg en oorwin: ”Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Efes.6:10).
Bid vir ons land! Suid-Afrika is besig om met iets anders as die nag donker te word. En dis nie dat lig ontbreek nie. Die lig van God se Woord brand nog steeds helder. Mense wil dit egter nie raaksien nie. Daarom roep Jesus ons op om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees. Laat ons bid vir nuwe leiers; manne en vroue wie se harte in die bloed van Jesus gewas is. Hy is die Koning van alle nasies en die enigste Een aan wie Suid-Afrika toegewy mag word!