Ds A.E van den Berg
Dis maklik om oor die geloof in God te praat as die son in ʼn mens se lewe skyn. Ongelukkig bestaan die lewe nie net uit mooi sonskyndae nie. Daar is ook onweersdaeen beproewings wat ʼn mens kan laat sukkel om oor geloof te praat. Beproewing is egter nie noodwendig sleg vir ʼn mens nie. God beproef ook sy kinders se geloof ten einde hul geestelik weerbaarte maak:
“En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ’n offer sal bring” (Mal.3:3).
Geestelike weerbaarheid laat gelowiges in die aangesig van die dood staande bly soos die Boerekrygers tydens die Slag Bloedrivier. As hulle nie geestelikweerbaar was nie, het ons nooit die Slag van Bloedrivier jaarliks herdenk nie.
Jare gelede was jongmans verplig om militêre opleiding te ondergaan. Dit was nodig om ons land teen volksvyandige magtete beskerm. Hierdie militêre opleiding was van wêreldgehalte en ons jongmans het ingeoefen geraak.
Die klem val op die woord inoefen. Inoefening is onontbeerlik vir sukses.
Let op ʼn konsertpianis wat geen bladmusiek voor hom het nie, maar nogtans nie verkeerd speel nie omdat hy die musiekstuk vooraf ingeoefen het. Dieselfde met ons eertydse soldate - omdat hulle ingeoefen was, kon hulle suksesvol veg.
Ongelukkig is daardie goeie jare verby en het ons land in die spoelsloot van Afrika se berugte agterlikheid beland. Daarvoor is politieke verraad en kerklike misleiding verantwoordelik. Die gevolg is dat ons land vol standbeelde van mense is wat geen verering verdien nie, maar eerder nasionale veragting!
Toe ons land se Christen-grondwet sonder teenkanting van hoofstroomkerke afgebreek en met ʼn godlose een vervang is, het Suid-Afrika met iets anderste as die nag donker begin geword. In die eerste vyf jaar van sg. demokrasie het misdaad met 717% gestyg en nooit noemenswaardig afgeneem nie. Die jongste misdaadstatistiek skets ʼn lelike prentjie van gemiddeld 52 moorde per dag in ons land aan. Is dit demokrasie? Nee, dis ʼn skrikbewind!
Wat kan ons aan hieraan doen? Veg? Ja, mits ons reg veg:
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
Om hierdie stryd vir God en ons dierbare vaderland te wen, moet die regte wapens gebruik word - geestelike wapens en moet ons dit reg kan hanteer en ingeoefen raak. Hoe lyk ingeoefende mense?
Die OT vertel van Daniel se drie vriende wat in Babel in die aangesig van die dood geestelik ingeoefen was. Koning Nebukadneser het by geleentheid ʼn beeld laat maak waarvoor mense tydens die inwyding moes neerval om nie in ʼn brandende vuuroond te beland nie. Buig of brand! Toe die orkes speel, staan drie gelowige jongmanne penorent waarna hulle wel in die vuuroond beland, maar niks oorgekom het nie:
“Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ’n godeseun”(Dan.3:24,25).
Hierdie drie jongmanne se geloof het die hoogwatermerk van vertroue in God alleen bereik. Heiden-heersers kan net so ver gaan as wat God dit toelaat en nie ʼn tree verder nie. Daarom is geesteskrag die sterkste krag. Maar daarvoor moet gelowiges ingeoefen wees. Want dan stuit God die vyand in sy spore soos in Babel en eeue later by Bloedrivier.
Cilliers en sy manne moes tegnies gesproke teen so ʼn oormag omgekom het. Toe dit vir baie van die Voortrekkers destyds gelyk het asof dinge vir hulle uitmekaar gaan val, het God dit juis in plek laat val. Ja, geloof is die siel se verwondering oor God se wonderbare redding!
Helde bepaal die gang van die geskiedenis. Ons volk is ryk aan helde en speel heldeverering ʼn belangrike rol in ons volksgeskiedenis. Dink aan name soos Louw Wepener, Danie Theron, Christiaan de Wet, Jopie Fourie, Hendrik Verwoerd en nog vele meer. Ons durf hulle nooit vergeet nie, want ʼn volk wat sy helde vergeet, verdien om ten gronde te gaan!
Word helde net met veldslae verbind? Wat van godsdiens? Ons dink hier aan die Franse Hugenote; geestelike helde wat weens renons in Roomse Katolisisme alles prysgegee, weggetrek en met God se beskikking ons volk se erfenis kom verryk het. Is hulle nie ook helde nie?
Ongelukkig word ons roemryke erfenisdie afgelope paar jaar deur verskeie volksvyandige groepe afgetakel, veral hoofstroomkerke wat van Geloftedag ʼn Versoeningsdag maak. Hoe durf gelowiges met heidene versoen en van booswigte helde maak?Hoor hoe praat koning Dawid in Ps.139: “o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! ...... Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders! Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!” (19-22).
Ons grootste krag lê in daardie vryheid wat ons in ons gebondenheid aan God vind. Dit maak ons rein. En dis vir die volksvyand ʼn groot struikelblok want hulle kan mense wat skoon leef, nie manipuleer nie.
Daniel se kollegas het destyds dieselfde probleem met hom gehad. Hulle was jaloers op hom omdat hy in kennis en wysheid bo almal uitgeblink het. Daarom wou hulle van hom ontslae raak maar kon geen aanklag teen hom vind nie. Sy lewe was te skoon. Gevolglik was daar net een uitweg:
“Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ’n grond vir ’n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ’n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens” (Dan.6:5,6).
Hulle het geweet dat as hulle Daniel se geestelike krag kon breek, hulle hom sou breek. Hy het nie sy geloof afgesweer nie en in ʼn leeukuil beland. God het hom, net soos sy drie vriende tevore, ongeskonde van ʼn gewisse dood bewaar. Geestelike weerbaarheid laat ʼn gelowigenie net lewensgevaar trotseer nie, maar ook God se wonderbare redding smaak. Geloof is nie tevergeefs nie!
Ons volk se geestelike weerbaarheid was nog altyd vir volksvyande ʼn hindernis. Gelowiges in oud-Kommunistiese tronke is jare lank mishandel maar nie gebreek nie omdat hul geestelike krag groter as hul liggaamskrag was. Weerbare mense is soos teesakkies – hulle krag kom in die kookwater van die lewe na vore!
Ja, daar kom tye dat dit selfs vir gelowiges lyk asof alles verby is, net om te ontdek dat God ʼn nuwe begin met hulle maak. Bloedrivier is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. daarvan. Cilliers en sy manne het op ʼn klipperige pad beland. God het egter vir hulle geloofskoene gegee om daarop te loop.
Die Bloedrivier-krygers se geloof en vertroue was op ʼn vaste kennis van God se almag gegrond. Hulle het soos Dawid teen Goliat te staan gekom. Omdat Dawid God se krag geken en daarop vertrou het, was dit vir hom nie nodig om met Goliat se krag rekening te hou nie. Dieselfde met die Bloedrivier-krygers!
Omdat die vlam van geloof en vertroue helder in die Voortrekkerlaer gebrand het, kon geen donkerte hul gemoed hul oorval nie. God het hul geestelike nagsig gegee om voort te gaanten einde vir ons ʼn toekoms te verseker.
God is lief vir Suid-Afrika. Waarom het dit nie soos Zimbabwe en baie eertyds koloniale lande nie geheel ineengestort nie? Dis aan God se liefde vir ons land en gelowiges te danke wat God daagliks vir die behoud van ons land bid. Ons besef nie wat hulle vir ons beteken nie. Ek hoop jy is een van hulle.
God se liefde vir ons volk en Cilliers en sy manne se geestelike weerbaarheid het by Bloedrivier die oorwinning beklink. Met ʼn oormag van meer as 40 teen een, moes hulle uitgemoor gewees het. Hulle was egter geestelik ingeoefen. Wat ʼn nood het ons volk nie aan geestelik weerbare manne en vroue nie; mense wat nie soos tjankende honde die hande van hul kastyderslek nie!
ʼn Mens is geestelik weerbaar of geestelik weerloos. Een van die twee. Geen middelpaadjie nie. Mt.25 vertel van 10 maagde; vyf van hulle was weerbaar en vyf weerloos. Wat van jou - waar pas jy in?
Soos wat soldate ʼn duidelik herkenbare uniform dra, dra geestelik weerbare mense ook ʼn uniform - die onsigbare uniform van reinheid. Toe Hongarye in 1956 in Kommunistiese hande val, is Christene in die handelsbanke ontslaan en met sosialiste vervang. En baie gou was hierdie banke weens korrupsie en wanbestuur bankrot waarna die bank-owerheid by die regering gaan pleit het: “Gee asseblief net weer vir ons die Christene terug!
Geestelike weerbare mense is anderste mense; hulle breek nie af nie, maar bou eerder op. Hulle verarm nie ʼn land nie maar verryk dit eerder. Hulle beskik innerlik oor eerbied en orde omdat hulle ʼn God van orde aanbid.
Jare gelede het ʼn ou tannie (84) alleen op ʼn plot buite Pretoria gewoon. Haar twee seuns, een ʼn prokureur en die ander een ʼn mediese spesialis, het haar tevergeefs probeer oorreed om ter wille van haar eie veiligheid stad toe te trek. Sy het verseg. Hulle vra toe ʼn polisievriend van hulle om haar op ʼn mooi manier so ʼn bietjie te gaan bangpraat wat hy toe ook gedoen het. Die tannie het baie gou agter die kap van die byl gekom, die koeitjies-en-kalfies gesprek stopgesit en vir die man gevra om haar Bybel op die bedkassie te gaan haal en by Ps.23 oop te maak. “Lees!”het sy hom beveel. Hy begin toe: “Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie” “Stop!” sê sy. “Gaan sê dit vir daardie twee seuntjies van my, en neem jy self ook maar kennis!” Daardie 84 jarige moeder was geestelik weerbaar!
In 1976 staan ʼn 19 jarige valskermspringer op Bloemfontein-stasie. Hy is opgeroep Angola toe. Toe sy ouers hom afsien, gee hy vir hulle ʼn bruin koevert met die opdrag om dit slegs oop te maak indien hy nie sou terugkeer nie. Hy het nie. Na die begrafnis het hulle die koevert oopgemaak. Binne-in was ʼn poskantoorspaarbankboekie met R600 in en ʼn nota om die geld te trek en vir die Bybelgenootskap te gee. Hierdie jong man was tot die dood toe getrou aan sy land en geestelik weerbaar!
Toe Abraham Lincoln die Amerikaanse presidentskap wen, het ʼn verslaggewer sy weduweemoeder gevra of dit die grootste dag in haar lewe is? “Nee, dis die tweede grootste dag. Die dag toe Abraham sy lewe vir Jesus gegee het, was my grootste”. Oud maar geestelik weerbaar!
Toe Golda Mayir premier van Israel was, is sy tydens ʼn staatsbesoek aan Amerika gevra wie sy die graagste in Amerika wou ontmoet? “O, ongetwyfeld dr. Arthur Rubenstein!” was haar antwoord:Hy was ʼn wêreldbekende pianis/komponis en natuurlik ʼn Jood. Dis so gereël. “Wat was die grootste dag in u lewe?” wou sy by hom weet. “Die dag toe ek Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het”het hy sonder aarseling geantwoord. Hierdie bekeerde Jood was geestelik weerbaar!
Geestelike weerbaarheid is ons volk se enigste verweer teen Satan en sy magte. Die vyandige aanslag op ons erfenis word al hoe feller. Dit kom selfs uit oorde soos ontspoorde teologiese skole en kansels. Talle Sinodebesluite is aandadig aan die gat wat in ons morele osoonlaag ontstaan het en al hoe groter word.
Ons volk het met gedugte vyande te doen. Moet hulle nie onderskat nie! Hierdie vyande het egter een baie groot struikelblok; hulle kan nie deur die laer van die geestelik weerbare volksgenote breek nie. Hoe lyk hierdie geestelik weerbare krygers? Dis die mense wat soos Daniel se drie vriende orent staan as die volksvyand sê: Buig! Dis die mense wat soos ʼn Nabot van ouds sê: “Hierdie grond is nie onderhandelbaar nie. Dit sal in die familie bly!” Dis mense met ʼn onwrikbare geloof in Jesus Christus en ʼn nie volkstrots wat nooit gekoop kan word nie!
Die volksvyand omsingel die laer van die gelowiges. Is jy weerbaar? As jou hart nie in die bloed van Jesus gewas is nie, is jy weerloos en dra jy nie tot die oplossing by nie , maar tot die probleem. Kom ons gedenk ons voorsate maar lewer ook ons eie insette ter bevryding van ons beleërde volk!