’n Oorlogsverklaring teen die huwelik
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die verwording van die mensdom besmet alle fasette van die lewe. Terwyl wetenskaplikes naarstiglik na ʼn homoseks-geen soek om homoseksualisme mee te probeer regverdig, beskerm wetgewers gruwelgeeste met misplaaste regte. Die vermaaklikheidbedryf talm ook nie met homoseksuele karakters nie. Specter, ʼn homoseksuele polisiebeampte, is die nuutste homoseksuele karakter in die Walt Disney rolprent Onward. Verder is elke TV-sepie deesdae besoedel met sy deel van homoseksuele karakters wat “geliefde” rolle vertolk sodat kykers daarmee kan identifiseer.
Geen sonde kry soveel blootstelling as homoseksualisme nie. Dis alles pogings om ʼn verworde leefstyl in mense se kele af te druk. Tragies genoeg regverdig talle hoofstroomkerke dit selfs met skeefgetrekte Skrifverklarings.
1. Wederstrewig
Homoseksueles wat hul maskers laat sak, word dikwels aan ʼn misplaaste trots geëien. Pienk karnavalle met duisende skaamtelose optoggangers bevestig dit in alle tale. Sulke misplaaste trots was juis die oorsaak van God se verwoesting van Sodom en Gomorra (Gen.19)!
Die Boerevolk het vir baie lank ʼn wonderlike verhouding met God gehad en geseënde tye beleef. Hierdie verhouding is egter verbreek toe diegene wat leiding moes gee, ongehoorsaam was aan God se Woord en wederstrewig geword het. Jesus sê by geleentheid vir die wederstrewiges in Kapernaüm:
“En jy, Kapernaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou” (Mt.11:23,24).
2. Ommekeer
Die sedelike verval in ons land is deur skerp afnames in kerkbywonings vooraf gegaan. Mense het so ʼn weersin in die tradisionele gang van sake gekry, dat iets moes ingee. Die kerk moes of by die tyd aanpas of die bus verpas. Sy het verkeerd gekies, van haar geestelike waardes ontslae geraak, na die nuwe geslag uitgereik en homoseksualisme dienooreenkomstig ontsondig.
Die kerk het ook in die verlede na homoseksueles uitgereik, maar met ʼn baie groot verskil - om hulle van ʼn lewe van ellende en ʼn ewige verdoemenis te probeer red. Kerklui het na hulle uitgereik in ʼn poging om daardie deel van die samelewing wat die pad byster geraak het, te help om dit weer te vind.
Daarna het dinge ingrypend verander. Gemeenskapnorme is bo die Bybel verhef! Ontspoorde kerklui het mense probeer oortuig dat homoseksualisme aanvaarbare gedrag is. Jesus waarsku baie ernstig hierteen:
“En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (Mark.7:9).
3. Gesinslewe
Homoseksualisme is ʼn oorlogsverklaring teen God se samelewingsontwerp. Om dit te verstaan, moet God se doel met ʼn gesinslewe verstaan word. Daarna kan geen gelowige ʼn goeie woord vir homoseksualisme hê nie. Die voordele van die huwelik is vir mans, vroue, kinders en samelewings van onskatbare waarde. Die nadele van ʼn beëindiging daarvan is legio!
ʼn Gesonde huwelik is vir kinders goud werd. Om saam met beide biologiese ouers onder een dak groot te word, gee hulle ʼn voorsprong in die lewe. Dit bevorder hul veiligheid, verstandelike vermoë, stoflike welstand, selfbeeld en inskakeling by wetsgehoorsame gemeenskappe.
Homoseksualisme daarenteen swaai 180 grade weg van sulke vastigheid en is alle pogings om die verskil tussen man en vrou in die huwelik uit te wis, van Satan. Satan is nie verniet die Hebreeuse woord vir teenstander nie!
Die huwelik is nie bloot ʼn goeie tradisie soos wat sommige mense glo nie, maar ʼn goddelike instelling wat met die skepping van die mens begin het. God het dit vir ʼn bepaalde doel ontwerp om ʼn belangrike funksie te vervul. Hierdie wette is net soos die fisiese natuurwette volstrek en mag nie verbreek word nie. Enige verbreking daarvan het hartseer gevolge.
ʼn Gesin kan slegs uit ʼn huwelik tussen man en vrou ontstaan en gevoed word. God gee in sy Woord talle riglyne en wette waarvolgens kinders opgevoed moet word. Die wyse waarop God man en vrou, die huwelik en kinders ʼn gesinseenheid ontwerp het, is ʼn natuurlike struktuur. Ander huwelikstrukture is onnatuurlik en vir God ʼn aanstoot!
“Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe...En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: (Rom.1:26-28).
Slot
Die ontsondiging van homoseksualisme is ʼn hartseer hoofstuk in die kerkgeskiedenis. Om mense die dood vir die lewe te laat aansien, skreeu ten hemele. Ongelukkig verrig mense geen boosheid so gelate as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging geneem is nie. Ongeag wat mense sê, is en bly homoseksualisme ʼn oorlogsverklaring teen God se gesinsontwerpwat tot gemeenskapsverbrokkeling lei!