DIE BYBEL BLY VIR ALTYD STAAN
Eeue kom en eeue gaan
Tog bly die Bybel voortbestaan
Koninkryke kom en heerskappye wyk
Nogtans word die Bybel deur mense gebruik
Al word dit ook deur mense bespot
Bly dit vir gelowiges die hoogste gebod
Storms van haat oorweldig dit nie
Voor God buig eendag elke knie
Al word die waarheid ook hoe verbuig
Sal gelowiges altyd van die Woord getuig
Al word die Woord ook hoe misbruik
Laat kom God steeds sy koninkryk
Die Bybel is daar, maak dit jou eie
Dit staan vas al verander die tye
Lees dit gereeld, leef volgens die Gees
Dan sal jou lewe ‘n sieraad wees!