TOE DIE GORDYN SKEUR

Ds A.E. van den Berg

En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn”(Mt.27:51-53).

“en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was” (Hebr.2:15).

Alle mense is bang vir die dood omdat dit almal se pad op een of ander tyd kruis.  Daarom doen mense alles om dit so ver as moontlik uit te stel. Die mens is soos ʼn bergklimmer; solank as wat hy die greep teen die rotswand behou, leef hy.  As hy dit verloor, val hy. Die dood is om die greep te verloor. Almal val.

Gelowiges val in die arms van God:

En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham”  (Luk.16:22).

Ongelowiges stort in die doderyk:

En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.” (Luk.16:23).

Ons lees dat Jesus aarde toe gekomhet om sondaars van ʼn ewige verderf te red. 

“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).

Dis egter nie al rede nie, maar nog ʼn rede wat grootliks misgekyk word- om mense van die vrees vir die dood te bevry:

“...en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”(Hebr.2:15).

Geen mens vrees die dood meer as ongelowiges nie.  En met rede want hulle weet wat met hulle gaan gebeur as hulle die greep op die lewe verloor.  Desondanks tree hulle terwyl hulle kan, nie voorkomend op nie.

Hand.16 vertel van ʼn Griekse tronkbewaarder wat besef dat hy verlore is en in die doderyk gaan afstort.  Hy vra vir Paulus en Silas:

“... Menere, wat moet ek doen om gered te word?

Hulle antwoord:  

“... Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (:30,31).

Die bekering is al wat verhoed dat as jy jou greep op die lewe verloor, jy jou nie op die rotse van verdoemenis te pletter gaan val nie. Moenie uitstel nie want jy weet nooit wanneer jy hierdie greep gaan verloor nie.

Hebreërs stel dit as ʼn feit dat Jesus mense van die vrees vir die dood verlos het.  Maar hoe?  Deur self daardeur te gaan! Dit was God se wil dat sy Seun greep moes verloor sodat ons greep kon vind.  Ons gaan  almal die greep op die lewe verloor.  Dis almal se straf.  Daar is egter een groot verskil; gelowiges verloor dit eenmaal en ongelowiges vir ewig!

Op die dag van die kruisiging het die voorhangsel in die tempel in twee geskeur.  Hierdie voorhangsel was volgens 1 Kon.6 ʼn reuse gordyn van 15 meter hoog en 10 meter breed wat die heilige van die allerheiligste deel in die tempel van mekaar geskei het. Hierdie deel was so heilig dat die hoëpriester bv. net eenmaal per jaar daar kon ingaan. 

ʼn Mens kan die verwarring indink toe daardie gordyn middeldeur skeur, juis in die tyd toe die priesters ingegaan het om die wierookaltaar aan die brand te steek.  Skielik kon hulle tot in die allerheiligste sien!  In ons   geestesoog sien ons hoe die priesters paniekbevange vlug.  Sommige kon selfs glo dat dit die dag van hul dood was omdat hulle God gesien het!

ʼn Mens dink hier aan Jesaja:

“...Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!” (Jes.6:5).

Waarom het die gordyn geskeur?  Was dit per ongeluk?  Nee God het ʼn boodskap daarmee gehad – die rol van die priesters was uitgedien.  Die priester het op die Groot Versoendag die volk se sonde simbolies op ʼn bok geplaas en dit daarna geslag.  Die bloed is in ʼn bakkie opgevang, na die allerheilige deel van die tempel geneem en as ʼn versoening vir sondes op die verbondsark gesprinkel. 

Elkeen wat die bloed gesien het, het geweet dat die bok in hulle plek gesterf het.  Dit was asof hulle eie bloed vir versoening gevloei het. Vandaar die term sondebok- die onskuldige dra die straf van skuldiges.

Christus het homself geoffer en die volmaakte Hoëpriester geword.  Dit was vir die volk nie nodig om God voortaan deur ʼn priester te nader nie.  Hulle kon direk gaan – die gordyn was oop!  Deur Jesus se sterwe is die pad na die hemel oop, so oop soos die geskeurde gordyn!

Die Roomse leer dat mense slegs deur Maria na God gaan, skreeu teen hierdie Bybelwaarheid. Die Roomse Kerk (RK) werk as’t ware die gordyn weer aan mekaar en maak Maria die hoëpriester. God maak die pad na Hom toe oop en die RK maak dit weer toe!

Mt.27 noem ʼn tweede skokgebeure wat in Jerusalem plaasgevind het nl. grafte wat tydens ʼn aardbewing oopgegaan en gelowiges wat daaruit opgestaan het.  Hoe wonderlik dat die inhoud van die vermurwe grafte vorm aangeneem het, waarskynlik in verheerlikte liggaamsvorm.  Hulle wag egter totdat Jesus opstaan en verskyn daarna in die stad; wat ʼn skok!

Die doel hiervan was ʼn les – Jesus het die dood oorwin.  Alle gelowiges sal soos daardie Jerusalem-dooies weer lewendig word.  Jesus sê vir Martha by die graf van haar boer:

“... Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie” (Joh.11:25,26).

Wat ʼn heuglike oomblik is dit nie vir elke sportster om ʼn oorwinnaarstrofee omhoog te hou nie – ek het gewen!   Hierdie dooies was Jesus se oorwinnaarstrofee – Hy het Satan gewen.    Gelowiges leer hieruit ʼn gerusstellende les:  Die dood is nie die einde van alles nie!  Al verloor jy jou greep teen die gladde wand van die lewe, val jy onmiddellik in die arms van ʼn liefdevolle God.

Is jy bang vir die dood?  Onthou dat Jesus jou deur sy opstanding van die vrees daarvan bevry het.  Glo jy dit?  Hoe lyk jou vingers? Spierwit soos wat jy worstel om teen die gladde wand van die lewe ʼn greep op die lewe te behou?

Paulus sê vir die tronkbewaarder in Filippi:

“Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word...” 

Dis dieselfde boodskap vir almal wat so naarstiglik klou om greep in die lewe te behou.  Hou op! Glo in die Here Jesus en los jou verbete greep. Jesus sorg nie net vir jou op die aarde nie maar ook na die dood omdat Hy self uit die dood opgestaan het.  