DIE ANTICHRIS 1

Ds A.E. van den Berg

“ ...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is”  (2 Thess.2:3).

Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar.  Een ding waaroor almal egter saamstem, is dat Jesus weer kom; ʼn belofte uit Jesus se eie mond: En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3).  

Voordat Jesus kom, gaan sekere onaangename dinge gebeur soos die opwagting  en optrede van die Antichris.   Hy is ʼn werklike persoon wat net voor die wederkoms die sigbare gestalte van Satan op die aarde sal wees en God na-aap.

God openbaar Homself as ʼn Drie-eenheid; Vader, Seun en Heilige Gees.  Satan aap Hom na met ʼn bose trio; Satan, Antichris en valse profeet; almal teenstanders.  Satan staan God teen, die Antichris staan Jesus teen en die valse profeet staan die Heilige Gees se werking in die kerk teen.

  Die vyandskap tussen God en Satan loop soos ʼn draad deur die geskiedenis van die mensdom en eindig met die wederkoms.  Voordat dit gebeur, gaan die Antichris op die wêreldtoneel verskyn, gelowiges vervolg en doodmaak.   Dis egter nie vir te lank nie waarna Jesus hom vernietig: “... hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Tess.2:8). 

In Openb.13 stel Johannes sy lesers aan twee rolspelers voor wat tot en met hoofstuk 20 as handlangers van Satan optree.   Hulle word diere genoem omdat hulle nie na die beeld van God geskape is en oor geen heerlikheid beskik nie.    

Die see waaruit die eerste dier (die Antichris) opkom, is die simbool van die ryk van Satan.   Hy beskik oor politieke oppergesag en verskyn stuksgewys; eers die tien horings, die simbool van sy mag en daarna sewe koppe – die simbool van die gesag wat Satan hom gee. 

Die Antichris is strydlustig.  Daarom word daar spesifiek na sy horings verwys.  Hy heers met geweld en word as die skadu-generaal van Satan se bose leër deur ʼn propaganda-meester, die valse profeet, bygestaan.  Laasgenoemde sorg dat Satan wêreldwyd deur die Antichris aanbid word.

In Openb.13:3 skryf Johannes dat dit lyk asof een van sy koppe dodelik gewond is.   Dis ʼn nabootsing van Jesus se lyding en sterwe.  Daarna sê Johannes dat die dodelike wond genees het.   Dis dieselfde uitdrukking wat in Openb.2:8 vir Jesus gebruik word wat dood was en lewend geword het; nog ʼn nabootsing van Jesus se dood en opstanding.  

Soos wat mense hulle oor Jesus se opstanding verwonder het, sal mense hul oor die Antichris se genesing verwonder.  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Openb.13:4). 

Paulus skryf aan die Tessalonisense oor twee dinge wat voor die wederkoms van Jesus sal gebeur:  “...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is”  (2 Thess.2:3). 

Paulus spel in dieselfde hoofstuk sewe kenmerke van die Antichris uit: 

(i)                  Hy sal ʼn werklike mens wees en die opstand teen God verpersoonlik.   Hy is Satan se nabootsing van Christus. 

(ii)                Hy is vir die hel bestem en word tydens God se finale oordeel daarin gewerp waarna die opstand teen God eindig (Openb.20:15).  

(iii)               Die Antichris sal alle ware aanbidding teenstaan, in ʼn nuwe tempel sit en voorgee om God te wees.  

(iv)              Hy word deur die valse profeet gehelp om die Evangelie van redding met 'n valse redding as alternatief te vervang en baie mense te mislei.  

(v)                Alhoewel sy gees al eeue lank aan die werk is (1 Joh.4:3), hou God  hom in toom.   Alhoewel hy nie onbeperkte mag gaan hê nie, sal hy nogtans buitengewoon sterk optree en mense mislei.    

(vi)              Die wederkoms van Christus vind nie lank na die Antichris se verskyning plaas nie.  Daarna word sy bose mag finaal gebreek.  

(vii)             Die optrede van die Antichris is die wil van Satan wat die mensdom met ʼn magsvertoon van allerlei tekens en wonders mislei.  Net die uitverkorenes van God word gespaar (:10).

Die regering van die Antichris gaan wreed, ongenaakbaar en sonder sedelike standaarde wees.  Hy sal vir ʼn simboliese 42 maande lank regeer en teen die uitverkorenes van God stryd voer omdat hulle iets het wat hy nooit sal kan hê nie nl. heiligheid.  Daarbenewens weet hy dat hy nie die ewige dood gaan vryspring nie:   “En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle mislei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het.  Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Openb.19:20).

Die optrede van die Antichris het een doel voor oë  - misleiding (Openb.13:14).   Mense word maklik deur tekens en wonders betower.  Satan gaan dit uitbuit.   Dit gaan egter baie geleidelik wees omdat mense makliker aan veranderings gewoond raak indien dit stadig maar seker ingebring word. 

Uit Lukas se waarskuwing in Hand.20:29,30 is dit duidelik dat daar toe alreeds afvallige godsdienssisteme in die vroeë kerk was.   Paulus was ook daarvan bewus: Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is....” (2 Tess.2:7).  

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is?  Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën” (1 Joh.2:18,22). 

Afvalligheid bereik in die tyd van die Antichris ʼn hoogtepunt.  Die Babelse verwarring wat tans op die kerklike terrein heers, is ʼn duidelike begin van die einde.  Die Bybel waarsku dat feitlik alle mense die rug op die waarheid gaan draai en dat God hulle sal laat begaan: 0

Soos wat die apostels in die vroeë kerk kragtige dade in die Naam van Jesus gedoen het, sal eindtyd-dwaalleraars wondertekens met Satan se mag doen.   Soos wat Elia vuur uit die hemel laat kom het, sal Satan se misleiers dit ook nabootsen baie mense mislei.  “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24).

Die enigste verweer teen hierdie misleiding is ʼn bewustelike begeerte en soeke na die waarheid.  Wie die waarheid liefhet, sal nie deur die ellende van die wetteloosheid van die laaste tyd oorval en onder leuens toegeploeg word nie.  Hulle liefde vir Jesus sal nie verkoel nie maar bly staan totdat Hy weer kom!

Paulus sê dis ʼn skande as iemand die waarheid gehad het en daarna vir die leuen verruil.   Hoe gebeur dit?  “ .... omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie” (2 Thess.2:10).     Hulle het kop00kennis maar nie hartkennis gehad nie!

Paulus noem die Antichris die “mens van die sonde omdat sy koms deur ʼn ongekende toename in sonde gekenmerk gaan word.   Miljoene mense gaan die evangeliese kerke verlaat, die Antichris aanhang en indirek Satanaanbidders word.  Slegs enkelinge gaan oorbly.  Hulle gaan so min wees dat hulle soos ʼn enkeling gaan lyk.  Is jy een van hulle?

Bid vir familielede, vriende en kollegas wat hul in kerke tuis voel wat die weg van die waarheid verlaat het en onbewustelik die weg vir die koms van die Antichris voorberei. Hierdie stroom van afvalligheid word al hoe sterker.

Jesus sê in die Bergpredikasie: Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).

Wat staan ons te doen?  Wees sekere dat jou siel gered is.  Staan en val by die waarheid en moenie afdwaal nie. Ons het ʼn wonderlike belofte uit Jesus se mond: Vrees vir niks wat jy sal ly nie..... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

DIE ANTICHRIS

Ds A.E. van den Berg

“ ...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is”  (2 Thess.2:3).

Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar.  Een ding waaroor almal egter saamstem, is dat Jesus weer kom; ʼn belofte uit Jesus se eie mond: En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3).  

Voordat Jesus kom, gaan sekere onaangename dinge gebeur soos die opwagting en optrede van die Antichris.   Hy is ʼn werklike persoon wat net voor die wederkoms die sigbare gestalte van Satan op die aarde sal wees en God na-aap.

God openbaar Homself as ʼn Drie-eenheid; Vader, Seun en Heilige Gees.  Satan aap Hom na met ʼn bose trio; Satan, Antichris en valse profeet; almal teenstanders.  Satan staan God teen, die Antichris staan Jesus teen en die valse profeet staan die Heilige Gees se werking in die kerk teen.   

Die vyandskap tussen God en Satan loop soos ʼn draad deur die geskiedenis van die mensdom en eindig met die wederkoms. Voordat dit gebeur, gaan die Antichris op die wêreldtoneel verskyn, gelowiges vervolg en doodmaak.   Dis egter nie vir te lank nie waarna Jesus hom vernietig: “... hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Tess.2:8). 

In Openb.13 stel Johannes sy lesers aan twee rolspelers voor wat tot en met hoofstuk 20 as handlangers van Satan optree.   Hulle word diere genoem omdat hulle nie na die beeld van God geskape is en oor geen heerlikheid beskik nie.    

Die see waaruit die eerste dier (die Antichris) opkom, is die simbool van die ryk van Satan.   Hy beskik oor politieke oppergesag en verskyn stuksgewys; eers die tien horings, die simbool van sy mag en daarna sewe koppe – die simbool van die gesag wat Satan hom gee. 

Die Antichris is strydlustig.  Daarom word daar spesifiek na sy horings verwys.  Hy heers met geweld en word as die skadu-generaal van Satan se bose leër deur ʼn propaganda-meester, die valse profeet, bygestaan.  Laasgenoemde sorg dat Satan wêreldwyd deur die Antichris aanbid word.

In Openb.13:3 skryf Johannes dat dit lyk asof een van sy koppe dodelik gewond is.  Dis ʼn nabootsing van Jesus se lyding en sterwe.  Daarna sê Johannes dat die dodelike wond genees het.   Dis dieselfde uitdrukking wat in Openb.2:8 vir Jesus gebruik word wat dood was en lewend geword het; nog ʼn nabootsing van Jesus se dood en opstanding.  

Soos wat mense hulle oor Jesus se opstanding verwonder het, sal mense hul oor die Antichris se genesing verwonder.  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Openb.13:4). 

Paulus skryf aan die Tessalonisense oor twee dinge wat voor die wederkoms van Jesus sal gebeur:  “...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is”  (2 Thess.2:3). 

Paulus spel in dieselfde hoofstuk sewe kenmerke van die Antichris uit: 

(i)                 Hy sal ʼn werklike mens wees en die opstand teen God verpersoonlik.   Hy is Satan se nabootsing van Christus. 

(ii)               Hy is vir die hel bestem en word tydens God se finale oordeel daarin gewerp waarna die opstand teen God eindig (Openb.20:15).  

(iii)             Die Antichris sal alle ware aanbidding teenstaan, in ʼn nuwe tempel sit en voorgee om God te wees.  

(iv)              Hy word deur die valse profeet gehelp om die Evangelie van redding met 'n valse redding as alternatief te vervang en baie mense te mislei.  

(v)                Alhoewel sy gees al eeue lank aan die werk is (1 Joh.4:3), hou God  hom in toom.   Alhoewel hy nie onbeperkte mag gaan hê nie, sal hy nogtans buitengewoon sterk optree en mense mislei.    

(vi)              Die wederkoms van Christus vind nie lank na die Antichris se verskyning plaas nie.  Daarna word sy bose mag finaal gebreek.  

(vii)            Die optrede van die Antichris is die wil van Satan wat die mensdom met ʼn magsvertoon van allerlei tekens en wonders mislei.  Net die uitverkorenes van God word gespaar (:10).

Die regering van die Antichris gaan wreed, ongenaakbaar en sonder sedelike standaarde wees.  Hy sal vir ʼn simboliese 42 maande lank regeer en teen die uitverkorenes van God stryd voer omdat hulle iets het wat hy nooit sal kan hê nie nl. heiligheid.  Daarbenewens weet hy dat hy nie die ewige dood gaan vryspring nie:   En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle mislei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het.  Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Openb.19:20).

Die optrede van die Antichris het een doel voor oë - misleiding (Openb.13:14).   Mense word maklik deur tekens en wonders betower.  Satan gaan dit uitbuit.   Dit gaan egter baie geleidelik wees omdat mense makliker aan veranderings gewoond raak indien dit stadig maar seker ingebring word. 

Uit Lukas se waarskuwing in Hand.20:29,30 is dit duidelik dat daar toe alreeds afvallige godsdienssisteme in die vroeë kerk was.   Paulus was ook daarvan bewus: Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is....” (2 Tess.2:7).  

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is?  Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën” (1 Joh.2:18,22). 

Afvalligheid bereik in die tyd van die Antichris ʼn hoogtepunt.  Die Babelse verwarring wat tans op die kerklike terrein heers, is ʼn duidelike begin van die einde.  Die Bybel waarsku dat feitlik alle mense die rug op die waarheid gaan draai en dat God hulle sal laat begaan: 0

Soos wat die apostels in die vroeë kerk kragtige dade in die Naam van Jesus gedoen het, sal eindtyd-dwaalleraars wondertekens met Satan se mag doen.   Soos wat Elia vuur uit die hemel laat kom het, sal Satan se misleiers dit ook nabootsen baie mense mislei.  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24).