NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom het sommige van ons meer insig en wysheid as ander? Dawid het gesê God se gebooie maak hom wyser as sy vyande, verstandiger as al sy leermeesters, en dat hy meer verstand het as die ou mense, WANT: Hy het God se bevele gehoorsaam.

VERGIFNIS BIED BEVRYDING

Ds A.E. van den Berg

“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het” (Efes.4:32)

Liggaamlike pyn demp die lewe. Geestespyn nog erger. Vir fisiese pyn is daar geneesmiddels en soms duur. Is daar iets vir geestespyn?   Die Bybel sê daar is, boonop gratis maar word nie maklik gebruik nie.

Wat veroorsaak geestespyn? Die oorsprong van enige pyn moet eers vasgestel word alvorens dit behandel kan word. Een van die groot oorsake van geestespyn, is onvergewensgesindheid – ʼn wilsbesluit: Ek sal so-en-so nie vergewe nie, veral as dit iemand na aan jou is. Mense vergewe mos vyande makliker as vriende!

Dis nie wat Jesus wil hê nie. Onvergewensgesindheid kenmerk ongelowiges. Vergewensgesindheid kenmerk gelowiges. Dis vir Jesus so belangrik, dat Hy vergewensgesindheid deel van die Ons Vader gemaak het: “...en vergeef ons, ons skulde soos wat ons, ons skuldenaars vergewe” (Mt.6:12).  

Sonde maak God kwaad. Sondaars doen Hom leed aan. Vandaar die oordeel: Die loon van die sonde is die dood...” (Rom.6:23). God moes na reg geen vergifnis gebied het nie, maar almal uitgedelg het. Maar Hy het nie. Jesus het die oordeel gedra. Jes.53 sê dat Hy ter wille van ons sonde die straf betaal het. Hy vergeef elkeen wat tot bekering kom en reken hul die straf nie toe nie.

God verwag van sy kinders om net so te doen. Vandaar die ooreenkoms in die Onse Vader: “Here, vergeef my met dieselfde maat waarmee ek mense wat teenoor my oortree, vergeef”.   Gesien in die lig wat Jesus vir ons gedoen het, durf gelowiges nooit onvergewensgesind wees nie.

Ons oortree teenoor mekaar en maak mekaar kwaad. Desondanks regverdig niks onvergewensgesindheid nie. Dis die Woord van God! Hy verwag dat ek my medemens moet vergeef soos wat Hy my vergeef het. Daarom het Jesus die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser vertel. En die les wat ons daaruit leer? Wie vergifnis ontvang, moet vergifnis betoon.

ʼn Onvergewensgesinde mens ervaar geestespyn. Mense het hom te na gekom. Hy wil nie vergewe en weet dat hy ongehoorsaam aan God is wat vergifnis eis. Dis sielepyn!   Jy weet wat om te doen, maar jou geskonde ego verhoed jou om soos Jesus op te tree. Jesus bid selfs vir sy laksmanne by sy kruis!

Wie vergeef, sluit die tronkdeur van geesteslyding vir homself oop. Onvergewensgesindheid is soos tralies wat jou gevange hou. Net jy het die sleutel om uit kom. Daarom is vergifnis selfbevrydend en die geestelike genot van vergifnis baie groter as dié van wraak.

Min dinge skaad ʼn mens se siel soos onvergewensgesindheid. Dit gebeur selfs dat mense wat op hul sterfbed lê, met mense wil praat wat hul leed aangedoen het en sake wil regstel voordat hulle sterf.   Hoe salig om die ewigheid met geestelike gemoedsrus in te gaan. Maak daarom reg, jy kan vandag sterf! Ons het geen waarborg dat ons môre-oggend wakker gaan word nie!

Onvergewensgesindheid knou selfs die kerk en is een van die hoofoorsake van onderlinge liefdeloosheid. Mense sê dinge wat ander seermaak en vergewe mekaar nie daarvoor nie. 1 Kor.13 eis van gelowiges om nie van die kwaad boek te hou nie.   Dis mos wat die oudste seun in die Gelykenis van die Verlore Seun gedoen het. Nadat sy verkwister-broer teruggekeer en met ʼn feesmaal verwelkom is, het hy beswaar gemaak. Hy het boek gehou van hoe goed hy en hoe sleg sy broer was. Dis wat onvergewensgesinde mense doen – hulle hou boek van die kwaad!  

In die gelykenis het die ouer broer ʼn belangrike ding misgekyk – hy het alles gehad. Onvergewensgesindheid het hom dit laat miskyk. Dit laat mense die goedheid van God uit die oog verloor. En op die ou einde was die oudste broer die werklike verlore seun, en dit in sy vader se huis. Ja, onvergewensgesinde mense raak selfs in die kerk verlore!

Hoe vergeef ons mense wat ons leed aangedoen het? Net met ʼn wilsbesluit deur die krag van God. Jy vergeef nie in jou eie krag nie. Jy onthou eerder. Mense sê so maklik: “Ek sal vergewe, maar nie vergeet nie”. Dis wanneer jy onreg in eie krag probeer regstel. Jy kan nie; slegs met God se krag!

Paulus skryf aan die Efesiërs: “Dit sê en betuig ek dan aan die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene .... in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie – mense wat verduisterd is in die verstand....vanweë die verharding van hulle hart...” (Gal.4:17,18). Heidene het verharde harte. Dit hoort nie by gelowiges nie. Wat hoort eerder by hulle? “...vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het” (Efes.4:32). Omhels die oortreder en vergeef die oortreding soos wat God in Jesus vir ons gedoen het.

Vergifnis keer nie die verlede om nie, maar verruim wel die toekoms. Dit maak die toekoms beter as die verlede. Dankbare mense vergeef ook baie makliker as ondankbares. Daarbenewens is vergifnis ʼn eienskap van geestelik sterk mense wat die krag van God ontvang het om te vergewe en te vergeet. Daarom hou gelowiges ʼn groot begraafplaas aan waar hulle al die foute van ander begrawe.

In Paulus se brief aan die Efesiërs vra hy hulle om vergewensgesind te wees omdat niks anders soveel van die geloof in Jesus getuig as vergifnis nie. Ons moet meer soos Jesus wees. Wanneer ons doodmaak, is ons soos diere. Wanneer ons oordeel, is ons soos mense. Maar wanneer ons vergewe, is ons soos Jesus.  

As kind van God moet jy die leed wat ander jou aandoen vergeef omdat Jesus die leed wat jy Hom met jou sondes aangedoen het, reeds deur sy bloed vergeef het. Het jy al die soet geur van ʼn blom geruik nadat dit platgetrap is? Dis hoe vergifnis ruik – stukkend, maar heerlik!   Dis beter om te vergewe as om te haat want dit spaar jou die bitterheid, woede en die vermorsing van kosbare tyd.   Onvergewensgesindheid rem jou geestelike lewe. ʼn Mens ry mos nie met ʼn handrem aan nie!

In die inleiding van sy meesterlike werk Bewyse van die Christelike Geloof, lewer die Amerikaanse teoloog, JoshMcDowell, ʼn aangrypende getuienis oor vergewensgesindheid.   Hy het in moeilike omstandighede grootgeword. Sy vader het geboer en was ʼn alkoholis wat sy moeder dikwels aangerand het.   Hulle moes dikwels vir hul lewe vlug.

Toe is sy drie weke na sy matriek-eindeksamen oorlede. Josh het geweet dat sy pa iets daarmee te doen gehad het en wou hom doodmaak as daar kans was. Toe hy op universiteit tot bekering kom, het hy voor ʼn probleem te staan gekom; waarheen gaan hy met die universiteit-vakansie?   Terug plaastoe?

Toe hy op die plaas kom en sy pa sien, sê hy vir hom: “Pa, ek is lief vir jou!” Dit het die ouman soos ʼn vuishou tussen die oë getref!   Hoe kon sy seun vir hom lief wees na alles wat hy hom aangedoen het? Toe Josh hom van sy bekering vertel, het die ouman gesê: “As Jesus jou anders kon maak, kan Hy my ook anders maak!” En Jesus het!  

Die ouman is 15 maande later aan lewerskade oorlede. Maar voordat hy oorlede is, so getuig Josh ten slotte, het hy minstens 100 mense saam met hom hemel toe geneem!   Wat sou gebeur het as Josh sy pa nie vergeef het nie? Dan het hy nooit tot bekering gekom en ʼn 100 mense nie die saligheid verkry nie! Kom ons doen soos God van ons vra en vergeef mekaar soos Hy ons vergeef het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3311 gaste aanlyn