MAAK DIE DEUR TOE!

Gelofterede 2023

Ds. A.E van den Berg

Geen dwaasheid te groot dat dit nie as evangelie geglo kan word nie. Nadat massaproduksie tot die standaardisering van handelsgoedere gelei het, is daar geglo dat die mensdom ook gestandaardiseer kon word. Dis gelykheid genoem en ʼn misgissing wat tot vandag toe nog wêreldwye ontwrigting en rassespanning veroorsaak.

Mense is nie gelyk nie maar eerder ongelyk; ʼn feit wat nie geminag durf word nie al haat sommige mekaar daarvoor. Elke skeppingsoort het ʼn ingebore behoefte aan afsondering waarsonder dit nie kan oorleef nie. ʼn Spreeu paar bv. nie met ʼn duif of ʼn buffel met ʼn renoster nie. Soort soek soort; die natuur se ysterwet. Afwykings hiervan vind slegs by hoë uitsondering plaas. Selfs dan kom die natuur daarteen in opstand en is die muil bv. onvrugbaar.

Geen wetgewing kan ongelyke mense nie gelyk dwing nie. Dit loop altyd op chaos en verbittering uit. Mense vereenselwig hul altyd met hul eie soort en skei hul t.w.v. eie voortbestaan van andersoortiges af. In die diereryk word indringers selfs instinkmatig verjaag.

Gevolglik is die universele instink van selfbewaring een van die sterkste dryfvere in die lewe. Dit waarborg die voortbestaan van verskillende skeppingsoorte. Verbastering vernietig dit. Oral waar sterker rasse met swakkes verbaster, behou die nakomelinge die eienskappe van die swak ras en nie dié van die sterkere nie. Dit beklemtoon ʼn waarheid – swak eienskappe word nie uitgebaster nie.

Suid-Afrika het vir lank ʼn streng staatsbeleid van rasseskeiding gehad wat wet en orde gehandhaaf en misdaad hokgeslaan het. Toe die land deur die getygolf van politieke en kerklike verraad getref en polities bollemakiesie geslaan het, het misdaad soos paddastoele op ʼn mishoop opgeskiet omdat die deur wat geslote moes bly, oopgemaak is!

Die ontwrigting wat dit veroorsaak het, is die gevolg van God se skeppingsoorte wat verontagsaam is. Hy het verskillende rasse elk met hul eiesoortige karaktereienskappe geskep en ook hul landsgrense vasgestel: “Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26).

Rasse was derhalwe nooit veronderstel om te vermeng nie. Daarom lê die OT baie sterk klem op rassuiwerheid. Israel is gereeld aangesê om haar eiesoortige gene nie met dié van ander rasse te vermeng nie. Die geskiedenis bewys dat lande wat rasseskeiding toegepas het, nie deur volksvreemdes verswelg kon word nie. Sulke skeiding het ʼn vreedsame, ordelike bestaan vir landsburgers verseker.

Toe die toe deur enkele dekades gelede oopgemaak is, was nasionale selfmoord onvermydelik. Nie-assimileerbare rasse het die land so ontwrig, dat daar tans in talle kringe oor die wenslikheid van rasseskeiding herbesin word; selfs in die buiteland. Die opkoms van konserwatiewe partye en nasionale bewegings getuig daarvan. Kyk maar net wat onlangs in Nederland gebeur het!

Een van die verkiesingsbeloftes waarmee Nicolas Sarkozy die Franse presidentsverkiesing destyds gewen het, was om onwettige immigrante vas te vat. Hulle besorg Europese lande hoofbrekens met, soos wat ʼn Fransman dit gestel het: “...gedrag wat vir ons geheel en al onaanvaarbaar is”.

Ongelukkig is baie van ons eie volksgenote deur verraderlike politici en kerklui mislei om te glo dat alle rasse gelyk en apartheid derhalwe sonde is. Nee, rasse is slegs in een opsig aan mekaar gelyk; voor die Wet van God en nêrens anders nie!

Benjamin Disraeli het tereg gesê: “Alles is ras”. Ras is in vlees en bloed, breins en hormone en in elke liggaamsel en DNA aanwesig. Dit skep armoede of rykdom, misdaad of burgerlike gehoorsames, primitiewe gemeenskappe of hoë beskawings. Ras maak mense onverskillig of verantwoordelik. Dit skep vryheid of gebondenheid, pragtige musiek of ʼn irriterende gekwetter (rap). Ras skep mooi woonbuurte of misdaadbesmette krotbuurte.

Gevolglik kleur ras nie slegs die vel nie, maar die hele lewe. Daarom draai die voortbestaan van ʼn ras om die as van die handhawing van sy eie soort. Dit vorm ʼn godgegewe geslotenheid wat maak dat hy sy oë binnewaarts na sy eie mense keer. Waar sulke verskille geminag word, loop dinge skeef. Die ou Joegoslawië is ʼn sprekende voorbeeld hiervan waar rasseverskille geminag is en ʼn bloedige burgeroorlog ontstaan het.

Die skrywer Mark Twain het by geleentheid gesê dat as 100 rooimiere en ʼn 100 swartmiere apart in dieselfde ʼn fles geplaas word, hulle mekaar nie sal takel nie. As daardie fles egter geskud word, sal hulle mekaar vernietig. Die probleem lê dus nie by die miere nie maar by die persoon wat die fles skud; presies wat in Suid-Afrika gebeur het!

Die geskiedenis getuig dat as rasse in die kookpot van saambestaan ingedwing word, ʼn onsmaaklike politieke konkoksie ontstaan. Daardie eienskappe wat die sterkere ras sterk gemaak het, verdwyn mettertyd. Daarom gee niks ʼn volk meer krag as die suiwerheid van sy bloed nie. ʼn Volk kan alles verloor en dit weer herwin behalwe die suiwerheid van sy bloed.  Daar is nie ʼn lewensredder by die genetiese poel nie!

Om te sê dat rasse ongelyk is, word geen morele oordeel gevel nie. Rasse se genetiese, psigiese en gedragseienskappe onderskei hul al te duidelik van mekaar. Verskille in breingrootte, skedelstruktuur, intelligensie, spierstelsels, hormoonvlakke, geestesingesteldheid, etiese maatstawwe ens. is werklikhedewat nie verander word nie.

Al is velkleur die mees opvallende rasseverskil, gaan dit nie uitsluitlik daaroor nie. Dit gaan oor diepgewortelde geestesverskille wat nie met die beste wil ter wêreld uitgewis kan word nie. Ongelukkig het die begrip rasseverskille ʼn politieke plofkrag verkry al is dit so opvallend soos ys in Ysland!

Rassevermenging laat mense ongemaklik en onveilig voel. En solank as wat mense vir hul lewens of eiendomsverlies vrees, sal weersin in rassevermenging toeneem. Let op ons eie volksgeskiedenis. Toe die vroeë Nederlandse koloniste met die plaaslike bevolking se roofsug kennis gemaakhet, het hulle onmiddellik afstand tussen hulle en die diewe geskep.

Niks het intussen verander nie. Diefstal verongeluk nog steeds goeie rasseverhoudings. Want wat is regstellende aksie, swart bemagtiging en grond-gryp anders as gewettigde roof? Verbeter dit enigsins rasseverhoudinge? Nee, dit verongeluk dit eerderal hoe meer!

Ongelukkig is die openbare mening mislei om te glo dat rasbewustheid sinoniem met rassehaat is. Nee, dit is nie. Rasbewustheid is ʼn persoonlike voorkeur waarop elke mens geregtig is. Wie selfrespek het, aan sy eie ras voorkeur gee en onder sy eie volksgenote wil woon omdat hulle sy volkswaardes vertolk, moet nooit van haat beskuldig word nie!

Swartes behoort blankes baie dankbaar te wees. Dit wat hulle nie vir hulself kon doen nie, het blankes vir hulle gedoen. Hoër ontwikkelde rasse neem altyd die leiding terwyl swakkes ter wille van oorlewing in ʼn diensverhouding met hulle moet staan. As sulke verhoudings versteur word, beland ʼn land in die vaarwater. Let op die vrywordinggeskiedenis van Afrika. Nadat die blankes verdryf is, het ekonomieë feitlik tot stilstand gekom. So is ʼn eens voorspoedige Zimbabwe bv. tot in die grond geboor!

Rassevermenging het altyd negatiewe uitwerkings op ʼn ekonomieë. Om aan mense verantwoordelikhede te gee waarvoor hulle nie opgewasse is nie, is doodsake. In ons land word kundige blankes gereeld in die modderpoel van onreg versmoor wat die pyplyn na ekonomiese voorspoed verstop.

Ongelukkig is geen oë so skerp soos dié van rassehaters nie. Dit laat hulle gedurig onder die gewig van hul eie versteende wraaksug struikel. Die buurman se donkie lyk altyd vir hulle na ʼn resiesperd wat eintlik aan hulle moes behoort het!

Kunsmatige rasseverhoudings hou nie lank nie. Dit stort baie gou onder die gewig van hul eie onsinnigheid ineen. Die reënboognasie-konsternasie is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Hierdie noodlottige proefneming wat volgens die aanwysings van die ideologie van mensegelykheid ontwerp is, het misluk. Om ’n mislukte proefneming te herhaal maar telkens’n ander uitslag te verwag, is baie dwaas. Probleme word nie met dieselfde gedagtegang as waarmee dit geskep is opgelos nie.

Rassevermenging los geen probleme op nie, maar skep dit eerder. Ongelukkig skep dit by leke die indruk van vooruitgang terwyl dit in werklikheid ʼn volslae mislukking is wat op die tekenbord van die ideologie van mensegelykheid ontwerp is. Dis ʼn politieke konkoksie wat op een of ander tyd soos ʼn etniese kartets uitmekaar gaan spat. Siener van Rensburg het iets hiervan gesien.

Afrika het baie aanskouingslesse wat teen kunsmatige vennootskappe waarsku. Desondanks is daar steeds mense wat glo dat ʼn rasse-mengelmoes die deure van voorspoed sal oopmaak. Dis wensdenkery. Niks gaan oop nie, maar slaan eerder toe. Daar is net een oplossing vir die probleem; skei rasse so ver as moontlik van mekaar. Verskillende rasse kan hoogstens naas mekaar, maar nie saambestaan nie.

Tydens die apartheidsjare het wet en orde soos kwaai waghonde oor landsburgers se veiligheid wag gehou. Toe hierdie honde se tande getrek is, het rowers nie net jou geld òf jou lewe gevat nie, maar beide. Dit het van Suid-Afrika die derde gevaarlikste land ter wêreld gemaak!

Swartes sal nooit verander nie. Gunstiger lewensomstandighede verander nie genetiese samestellings nie. ʼn Luiperd sal bv. nie ophou om mense aan te val indien hy genoeg kos kry nie. Dis in sy gene om gevaarlik te wees. Daarom hou ʼn dieretuinkurator bv. nie bokke en luiperds in een kamp aan nie.

Tydens ons eertydse staatsbeleid was misdadigers agter slot en grendel en wetsgehoorsames op straat. Vandag is wetsgehoorsames agter slot en grendel en misdadigers op straat; ‘kill the innocent and protect the guilty’ soos die Engelse sou sê. Die ANC se beloftes om misdaad te bekamp, is politieke oëverblindery. Dis gatsometers in doodloopstrate wat nooit bedoel is om oortreders aan die pen te laat ry nie.

Let net op die tragiese verval in die polisiediens. Dit was vir lank ʼn trotse instelling wat misdaad bekamp het. Die gesaghebbende Franse geskiedskrywer, Robert Gayet het na die jare 1961-1976 as ‘die jare van kalmte en rus’ in Suid-Afrika verwys.

Ongelukkig het die oopdeur-beleid die polisiediens in die drukgang van verval gedwing. Duisende kundige blanke polisielede is uit hul poste gewerk en met kader ontplooide skobbejakke vervang. Om kundiges in ʼn rioolpyp af te druk en daarna te verwag dat mense van gehalte daaruit sal opkom, is dwaas. Jy bou nie sterk mure met bros stene nie.

Polisielede wat hul aan misdaad skuldig maak, haal gereeld die nuus. Sommige het al soos Jackie Selebi, ʼn eertydse nasionale kommissaris en hoof van Interpol, selfs in die tronk beland. Hoe anders was hierdie diens nie toe die deur toe was nie!

Misdaad is ʼn groot probleem. Nadat die Nederlandse volksplanters hier geland het, het hulle gou agtergekom dat hulle nie sonder streng beskermingsmaatreëls sou oorleef nie. Hulle eie volkskarakter en toekoms kon slegs langs die weg van rasseskeiding gehandhaaf word. Was dit dan so verkeerd ?

Afsonderlike ontwikkeling is glad nie vreemd aan Afrika nie. Dis eie aan elke swart stam en stamorganisasie. ‘Stam’ is die mees uitstaande eienskap van elke swart samelewing. Swartes wat in blanke lande woon, skei hulle dikwels van ander rasse af omdat niemand hom in ʼn vreemdelingswêreld tuisvoel nie.

Blankes moet nooit van swartes Westerlinge probeer maak nie. ʼn Bulhond kan bv. nooit afgerig word om soos ʼn windhond te hardloop nie. Dis nie in sy gene nie. Rasseskeiding daarenteen, gee aan verskillende rasse die geleentheid om op hul eie tyd en vermoëns te ontwikkel. Dit as sulks behoort hulle ten gunste van afsonderlike ontwikkeling te maak omdat dit eiesoortige ontwikkeling bied sonder dat hulle in ʼn ander ras se skaduwee moet staan.

Die geskiedenis getuig daarvan dat afsonderlike ontwikkeling nie ʼn bose ideologie is nie. Dit was die wysheid van baanbrekers wat ʼn woesteny trotseer het. Ongelukkig is dit deur politieke en kerklike volksaboteurs afgemaak om na rassehaat te lyk. Hulle het smalend gesê dat dit nie gewerk het nie. Dit het – dis net nek-om gedraai!

Wie die toe deur help oopmaak het, het gesê dat die nuwe bewindhebbers nie die blankes se taalregte, werksgeleenthede of lewensgehalte sou skaad nie. Dink aan F.W de Klerk se versekerings! Hy en sy verraderlike makkers se toekomsdrome was soos ʼn volstruis se vlerke; goed om mee te hardloop, maar hopeloos om mee op te styg. Blankes is nooit as vennote in ʼn nuwe bedeling geag nie, maar eerder as verslane vyande wat verder verneder moes word.

Geen mens kan onder slegte omstandighede sinvol leef nie. Jy kan jouself net handhaaf indien jy jou eie volkswaardes in jou eie kring kan vertolk. ʼn Volkseie kerk bied bv.aan elke ras die nodige ruimte waarbinne hy sy godsdienstige oortuigings kan uitleef – rasgemengde kerke is kunsmatig.

Om jou eie volkskarakter te handhaaf, is nie sonde nie. Dit skep die nodige ruimte vir die verkondiging van die Evangelie aan elke volk in hul eie taal. Jesus sê in Joh.10:16: Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder”. Om afsonderlike rasse-strukture te skep, is om gesonde verstand te gebruik.

Hoe verlang ek nie na die dag dat die deur toegemaak en die onregsbedeling einde kry nie. Waarom moes ʼn ordelike, vreedsame gemeenskap aan die suidpunt van Afrika eers ontwrig word, voordat mense tot hul sinne gekom het?

Buitelanders wat geen snars van ons probleme verstaan het nie, verstik vandag aan dieselfde konkoksie wat hulle ons toegewens het. Die onophoudelike instroming van onwettiges in hul eie lande is vir hulle ʼn bitter pil om te sluk. Europa is egter op die drumpel van ʼn groot blanke bewuswording; ʼn omwenteling wat wêreldwyd gaan uitbrei soos Siener van Rensburg jare gelede voorspel het.

Terug op eie bodem sal iets vinnig gedoen moet word want dit raak al hoe bedompiger in die parskuip van saambestaan. Daar is net praktiese oplossing – maak die deur toe. Apartheid kan uiteraard nie in die geheel teruggebring word nie. Dit het sy doel op sy tyd gedien. Was dit nie daarvoor nie, het die onregsbedeling ons al vroeër getref.  

Dit gaan per slot van sake oor die wysheid van rasseskeiding.  Wie by ons die voortou gaan neem, sal soos ʼn Moses van ouds duidelik deur God geroepe moet wees om ons uit hierdie politieke slawerny te lei. Daarbenewens sal hy ook met die wysheid van ʼn Salomo bedeel moet wees.  

Ek bid vir ʼn land wat uit die asse van ʼn mislukte reënboognasie opstaan; een met ʼn sterk ekonomie en ʼn lae misdaadvoorkoms. Gevolglik beywer ek my vir ʼn ordelike, gedissiplineerde gemeenskap met rustige woonbuurte en misdaadvrye strate soos dié wat ek so goed as kind geken het.  

Ek is egter besorg oor baie van ons volksgenote wat ten spyte van al die mislukkings en aanskouingslesse nog steeds teen afsonderlike kerke, afsonderlike skole, afsonderlike woonbuurte en afsonderlike kulturele byeenkomste gekant is. Verkies hulle dan ontwrigting bo aparte woonbuurte, kerke of skole? Ek wil aan hulle dieselfde vraag vra as wat God deur Jesaja aan die afvallige Juda gevra het: Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan om af te wyk?” (Jes.1:5)  

Niemand durf ons blameer as daar ʼn dag aanbreek dat ons geen ander keuse sal hê nie as om hard en duidelik op te tree nie. Ons is soos ervare bergklimmers met onbevoegdes wat aan ons voete hang. As ons hulle nie gaan afskud nie, gaan ons saam met hulle val. Daarom sal niks vir ons land so wonderlik-genesend wees as die ontbondeling van ongelyke rasse nie. Daarvoor moet die deur toegemaak word.

Ek sal nooit aanvaar dat my voorsate wat hierdie land met bloed, sweet en trane getem het, se stryd teen die kruipende ellende van Afrika, alles tevergeefs was nie. Die Boerevolk het die wil, trots en moed om uit die as op te staan. Ons het ons vryheid maar nie ons selfrespekverloor nie!