Gesindheid
Denke is die beheerkamer van ʼn mens se optrede waar mooi of slegte gesindhede gekweek word. Slegte gesindhede veroorsaak swak menseverhoudings. Hoe jy teenoor mense optree, bepaal hul gesindheid teenoor jou. Gevolglik kan jou gesindheid jou beste vriend of gevaarlikste vyand wees.
Met ’n positiewe gesindheid bereik ʼn mens altyd baie meer in die lewe. Negatiewe gesindhede en emosionele bagasie veroorsaak gedurig swak menseverhoudings.
Ons gesindheid teenoor mense weerspieël ons gedagtewêreld. Moenie vergeet dat ʼn mooi gesig verrimpel en ʼn liggaam verval met die tyd, maar ʼn mooi gesindheid bly vir altyd mooi!