Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is 'n kosbare Sjinese spreekwoord oor die nutteloosheid van besit van te veel aardse dinge: Al het jy 10 000 rysvelde, kan jy maar een bod vol op 'n keer eet. En al het jou paleis 1000 kamers, kan jy maar op een bed slaap. Onthou dan, as jou besittings jou verhinder om die HERE te dien, sou dit vir jou beter wees daarsonder.
GOD EN WETENSKAP
Baie gelowiges beweer dat geloof in God en in die Bybel onversoenbaar is met wetenskap. Daar word ook beweer dat die Bybelse beskrywing van die skepping die behoefte aan wetenskaplike teorieë oor hoe en wanneer die wêreld ontstaan het, tot niet maak. Aan die ander kant bestaan die evolusieleer wat ontken dat God die mens geskape het. Al hierdie argumente is op onvolledige data gebaseer.
Wetenskaplikes moet nog die wetenskap wat God in die natuurlike wêreld ingebou het ontdek en ten volle verstaan. Ongelukkig vermaak hulle hulself met teorieë wat nie bewys kan word nie en meesal heeltemal in stryd is met wat die Bybel ons oor die skepping leer. Die evolusiesiening dat die mens van die aap afstam word nou selfs in gesondheidsgesprekke as die waarheid gesien. Erger nog, daarop word aannames gebou wat die mens se dieet en gesondheid glo moet bepaal. Dus word daar deesdae aanbevelings vir mense se lewensstyl tot beter gesondheid gemaak op grond van onvolledige skeppingsdata. Meesal is hierdie aanbevelings totaal in stryd met wat in die Woord van God aan ons verklaar word.
Die Bybel beskryf die skeppingsgebeure in eenvoudige terme, met min besonderhede oor hoe, wanneer en waarom dit plaasgevind het. Net God weet hoe Hy die wêreld en sy bewoners geskep het. Hy alleen verstaan hoe spesies voortgeplant het, beide by skepping en ná die Groot Vloed in Noag se tyd. Net Hy weet hoe lank dit die wêreld geneem het om sy huidige toestand te bereik.
Die God wat die heelal geskep en lewe voortgebring het, is dieselfde Persoon wat die Bybelskrywers geïnspireer het. Sy interne konsekwentheid verhoed Hom om een weergawe van wêreldgeskiedenis deur die Skrif en 'n teenstrydige weergawe deur die wetenskap te openbaar. Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die Bybel en die wetenskap in harmonie is.
Eenvoud pas by God se doel. God het geweet dat die Bybel vir duisende jare deur uiteenlopende mensegroepe met verskillende grade van wetenskaplike kennis gelees sou word. Tegniese besonderhede oor die skeppingsgebeure sou die meeste lesers selfs vandag oorweldig het.
God se primêre doel vir die Bybel was om Homself te openbaar, sy reddingsplan voor te stel, die toestand van die wêreld te verduidelik en die toekoms uit te stippel. Eenvoudige beskrywings van die skeppingsgebeure was voldoende vir hierdie doel.
Die Bybel beskryf baie aspekte van die natuurlike wêreld in eenvoudige terme. Hierdie beskrywings lyk vandag voor die hand liggend, maar die akkuraatheid daarvan was vir eeue onbekend. Danksy moderne wetenskap en ruimteverkenning weet ons nou dat dit korrek is.
Hier is 'n paar voorbeelde van hierdie natuurlike feite, saam met die ooreenstemmende Bybelverse:
• Die aarde en die menslike liggaam deel gemeenskaplike boustene. Genesis 2:7. En die HERE God het die mens geformeer uit die *stof van die aarde en in sy neus *die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.
• Die aarde dryf in die ruimte. Job 26:7. ..voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ’n niks.
• Die aarde is 'n sfeer. Jesaja 40:22. Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; *Hy span die hemele uit *soos ’n dun doek en sprei dit uit soos ’n tent om in te woon.
• Die heelal is besig om uit te brei. Sagaria 12:1 Die HERE wat die hemel uitspan, wat die aarde fondament en die menslike gees in 'n mens vorm.
• Individuele sterre is uniek. 1 Korinthiërs 15:41. Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
Hierdie voorbeelde gee ons rede om te glo dat die Bybelse beskrywings van die skeppingsgebeure ook akkuraat is, te midde van hul eenvoud.
Ons sal die versoenbaarheid van die Bybel en die wetenskap eers ten volle verstaan sodra ons die hemel binnegaan. Tot dan het God die Bybelse beskrywing van die skepping voldoende geag om ons geloof in Hom te regverdig, wat sy topprioriteit is.
As God geglo het ons het werklik meer besonderhede oor die skeppingsgebeure nodig gehad om Hom te vertrou, sou die Bybel meer eksplisiet gewees het. Daarom behoort ons nie aannames van enige aard te maak oor die wetenskap of oor God nie; die Bybel is duidelik en voldoende oor wat God wil hê ons moet weet.