WIE HET JESUS DOODGEMAAK?

En wie doen dit steeds vandag?

“… die Jode, wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,…”

1 Thessalonicence 2:14-15

So dikwels lees mens in die Paastyd hoe sogenaamde geestelike leiers en andere verklaar dat die Romeine Jesus doodgemaak het. Wie moet ek dan glo? Het Paulus dan gelieg? En as die “kenners van vandag” dan reg is, moet die skrifgedeelte hierbo en die hele Skrif eenvoudig geïgnoreer word?

Kom ons gaan kyk weer mooi na die kruisgebeure.

Pontius Pilatus (die Romeinse goewerneur) was, soos baie proseliete vandag, in die finale instansie (toe hy gehoor aan die gepeupel gegee het) maar net ‘n pion in die hande van die Jode (en veral die hoëpriesters as die aanstigters!) in Jerusalem wat Jesus wou dood maak.

 “Weg met Hom, en laat vir ons Barabbas los!”

“ ‘Kruisig, kruisig Hom!’ roep die skare dit uit.”

Is dit die Romeine wat hierop aandring? Was die Romeine die skare?

Tog sekerlik nie!

Kom ons kyk dan na sekere feite.

Om te beweer dat die Romeine die grootste deel van die verantwoordelikheid dra, is 'n gruwelike versinsel wat (veral) deur die korporatiewe media en die “Israel-behepte teoloë” verkondig word.

Die feit dat Jesus 'n Romeinse offisier bo almal in Israel geprys het (Matteus 8:5-13), en die Romeinse goewerneur Pilatus dringend probeer het om Christus se lewe te red, deur hom 'n regverdige man te noem en gevolglik deur die skare gedreig is, word gerieflikheidshalwe vergeet as die Romeine die blaam vir die dood van Jesus kry.

Pilatus het aanvanklik die beskuldigings van die Jode verwerp en Christus se eie belydenis aangaande sy koninklike amp aanvaar.

Daarom verklaar Pilatus Jesus regverdig en onskuldig en wil hê dat Hy van veroordeling vrygespreek moet word.

Sy swakheid was daarin geleë dat hy, soos so baie leiers vandag gehoor gegee het aan die gepeupel en nie aan die stem van sy gewete nie.

Dit het van hom ‘n patetiese figuur gemaak.

Die disinformasie van vandag wat die Romeine die misdadigers maak, word ook ondermyn deur niemand anders nie as die Babiloniese Talmoed self nie. Let wel, die Talmoed word vandag nog beskou as die “living heart blood of the Jewish people”.

In Sanhedrin 43a, word gesê dat die Romeinse "owerhede" gunstig teenoor Jesus was en hom nie wou teregstel nie:

Babylonian Talmud: Sanhedrin 43a

“Rather it must be that the case against Jesus was different, because he had close connections with the non-Jewish authorities, and those authorities were interested in his acquittal.” — The Steinsaltz Talmud, volume 17, p. 159 (Random House, 1998).

Nêrens blameer die Talmoed of enige Joodse geestelike leier die Romeine nie. Maar die moderne pouse, baie Protestantse en ander "evangeliste" en die korporatiewe media doen dit.

Daar is letterlik duisende ruggraatlose akademici en geestelikes aan die linkerkant sowel as aan die regterkant wat die rol van die Fariseërs, die voorvaders van die Talmoed van Babilon, in die moord op die Seun van God minimaliseer, en die onus eerder op die Romeine en Pilatus plaas.

Waarom dan wil mense vandag die Jode van hierdie blaam onthef?

Omdat baie Christene steeds die denk- en geloofsfout maak dat die Jode vandag die een of ander spesiale plek beklee en hulle selfs nog steeds as die “verbondsvolk” beskou.

Nou as hulle steeds die verbondsvolk is wat help ons geloof ons dan? Waar plaas dit ons?

Kan die Jode (en goedskiks 95% en meer van hulle is hierby ingesluit) wat Jesus vandag steeds haat en Hom as ‘n hoerkind beskou wat in die hel in semen brand steeds aanspraak maak op die titel “verbondsvolk?”

Dis tog ‘n skandelike dwaling om dit te verkondig!

Petrus stel onomwonde aan die Israeliete in Handelinge 3:13 dat hulle Jesus verloën het en gevra het dat ‘n moordenaar Barabbas aan hulle geskenk sou word.

So wat is daar (oor) om te beredeneer?

En wat maak ons dan van die volgende woorde van Jesus?

“… Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.”

Mattheus 21:43

Paulus en Petrus was Jode; bekeerde Jode, soos wat Jesus dit van alle Jode verwag het. Hulle en hulle nasate (wat Christus bely en verkondig) is deel van die Nuwe Verbond, die volk van God, net soos elke ander Christen dit is – uit watter volk hy of sy ookal mag wees. Daarvan is ons genadiglik verseker.

En om my tweede vraag in die opskrif te beantwoord:

As gevolg van ons eie verskriklike sondes, is elkeen van ons skuldig daaraan dat ons Jesus aan daardie Kruis van Golgota geplaas het en verantwoordelik is vir sy dood. Ons kruisig Hom steeds elke dag met die sondes wat ons pleeg.

Daarom moet ons elke dag lewe in genade en dankbaarheid en verootmoediging.

Mense (ja Jode ook) wat Hom vandag steeds minag verwerp eenvoudig sy genade. Om gegewe die onbetwisbare feite van sulke ongelowiges as “uitverkorenes” te praat is ‘n skandelike vergryp teen sy woord.

Jesus het vir almal se sondes gesterf. Hy het waarlik opgestaan. Hy is die Weg die Waarheid en die Lewe. Net Hy alleen.

Die kruisiging van ons Heiland het ‘n onderskeidingslyn tussen geloof en ongeloof getrek.

Aan watter kant staan jy?