19 MAART 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mens is soms verstom dat soveel mense se oë só gesluit vir die waarheid kan wees, veral die waarheid oor God en die waarheid oor ons volk en landstoestand. Maar Jesus het aan die sondige Skrifgeleerdes wat gedink het hulle weet alles, gesê: "Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word." En toe hulle vra of hulle dan ook blind is, antwoord Hy: "As julle blind was sou julle geen sonde hê nie maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle in die sonde". Die Bybel sê dus dat diegene wie so geestelike oë so gesluit is dat hulle die waarheid nie sien nie maar dink dat hulle beter weet, bly in die sonde -  onrusbarende getalle in Suid-Afrika!