VROUEDAG

Ek gaan nou in alle liefde, deernis en opregtheid in God se waarheid aan elke vriendin en geliefde familielid my ‘lesing’ aangaande VROUEDAG in kort aanbied:

Ek waardeer die liefdevolle gebaar om mooi wense rond te stuur in die naam van Vrouedag, maar daar moet besef word dat Vrouedag niks met blanke vroue te make het nie en ons as christene nie pas nie.

Dit het ontstaan toe 20,000 swart vroue in 1956 ‘n enorme protesoptog na die Uniegebou in Pretoria gemaak het om teen apartheid en sg passe wat hulle moes dra te protesteer. Vandag dra elkeen van ons ‘passe’, ons ID’s is niks anders nie, en ons blanke vroue kom nie in opstand daarteen nie, ons verduur dit maar. En as enigiemand vandag verklaar dat apartheid beter toestande vir almal in hierdie land meegebring het as die gemors waarin ons volk vandag verkeer, dan behoort ons nie hierdie protes van swartvroue te ondersteun nie.

 

Op 9 Augustus 1995 het die swart nuwe, onwettige regering wat nie deur ‘n verkiesing aanbewind gekom het nie maar deur korrupsie van FW de Klerk, dadelik weer hierdie gebeure ‘n Nuwe Suid-Afrika-vakansiedag gemaak, slegs ter ere van die swart vroue se opstand teen apartheid.

As ons as blanke vroue wat glo in apartheid omdat God dit so bepaal het en baie duidelik vir ons in sy Woord uitspel vanaf die Bybelse geskiedenis van die toring van Babilon en al die pad verder deur sy Woord, dat Hy nie wil dat heidense volke met sy eie volke vermeng en ons nie hulle gewoontes en kultuur mag aanneem nie, dan is dit totaal ‘n volksvreemde, onaanvaarbare gewoonte om ‘Vrouedag’ te vier, gesien van waar dit ontstaan het.

Ek doen dus ‘n beskeie beroep op elke christen-blanke vrou in Suid-Afrika om nie die boodskappe oor Vrouedag verder te versprei nie; dit is deel van ‘n onchristelike kultuur in opstand teen Goddelike orde en wette.


In Jesusliefde – Jeanette Koekemoer