GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (6)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Dankie hemelse Vader dat U die sonde haat maar nie die sondaar nie. As sondaar
Here, ek
My Vader, hoe het sonde nie u Skepping in ‘n dooie wêreld sonder ware vervulling verander nie! O, kon ek maar eerder my liggaam aan ‘n folteraar oorgee om gepynig te word, sou dit draagliker wees as die pyn van die sonde en die vlamme van ‘n brandstapel genadiger!
In my sondebeneweldheid het ek geglo dat sondebelydenis my ongelukkig sou maak. Dankie dat die Heilige Gees my van hierdie dwaasheid bevry het en my geleer het dat sondebelydenis vreugde en bevryding bring. Nou is daar vir my meer vreugde in een traandruppel van berou as in al die wêreld se plesier. Sondebelydenis is salf vir my siel!
Dankie dat daar niks in my lewe so sleg is dat U dit nie
Daarom werp ek my opnuut in die stroom van u genade omdat dit my in die see van u ewige liefde vir sondaars inspoel.
Help my om nooit weer na sonde te verlang nie. U het my van die liefde vir sonde bevry, van die gewoonte om teenoor U te oortree gered en van die behoefte om aan die Satan gehoorsaam te wees verlos. Laat die bloed van u Seun die oorblywende sondereste in my vernietig en my geloof daagliks versterk!
Amen