Ds.Andrè van den Berg
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
GEBED
Vader, namate ek in heiligmaking toeneem, beween ek my onheiligheid. Kon ek maar vlekkeloos geleef het! Desnieteenstaande pleit ek dat U my sal help om te midde van my volk wat die duiwel ‘n vatkans gegee, ontspoor en die heidendom omhels het, afgesonderd vir U te leef. Sit my elke dag so opsy dat mense my toewyding aan U sal bejeen en hulleself ook sal afsonder.
Gebruik die tien ploegosse van U wet om die braakland van my lewe om te ploeg. Help my om elke sonde daarin te ontwortel sodat ek die vrug wat by die bekering pas,
Leer my dat ware geluk nie sonder heiligheid gevind
Here, verhoed dat ek op my eie deugde sal roem asof dit uitsluitlik deur eie toedoen bekom is. U Woord sê dat alle goeie dinge niks anders as genadegeskenke uit U vaderhand is nie. Gee dat ek derhalwe eerder nader aan U sal beweeg, hoe onwaardiger ek myself bevind. Laat my nie wag dat heiligmaking na my toe te kom nie, maar dat ek dit eerder vasberade sal najaag.
Gee dat ek my altyddeur op heiligmaking sal toelê en daarin verlustig. Ek weet dat sonde groei sonder dat dit doelbewus gesaai word, maar dat heiligmaking versorging nodig het. Leer my gevolglik om dit volhardend na te jaag. Heilig ook my voetstappe dat ek nie na plekke van sonde sal gaan nie.
Laat my leuse wees: Oral met U, nêrens sonder U nie!
Amen