Luister in kort wat Langenhoven, groot vegter vir Afrikaans, van ons taal gesê het:
"Afrikaans is die enigste Witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is, en nie oor die seewater sommer so klaar hier aangekom het nie; wat die spore van lief en leed dra van alles wat ons en ons vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriomfeer het; die één band wat ons as volk aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van ons Afrikanervolk."
En is hierdie woorde vandag in 2012 nie juis van pas om weer te deursoek nie, dat ons deurlopend die lief en leed gedra het juis deur ons taal en ons hele kultuur met alles wat ons vadere voor ons en vír ons, hier deurworstel het; en dat dit een van die sterkste bande is wat die siel van ons volk aanmekaar heg. Nou waarom dan, o waarom, praat ons volkie vandag sulke geradbraakte 'Afrikaans'!