REKENAAR IN DIE KIES (1)

Louis Nel

Lees reeks by Rekenaar in die kies...

Ons kyk in hierdie reeks na van ons rekenaarterme wat gewoonlik in 'n volksvreemde taal bekend gemaak word. Die idee is nie dat ons 'n woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met 'n tong in die kies te leer en te onthou wat die term beteken.

ATTACHMENT = AANHANGSEL
Dit is nou nie jou skoonma nie – dit is fotos, programme, dokumente, musiek  of grafiese voorstellings ea wat saam met jou e-pos gestuur word.

AVATAR = AVATAR
Nie 'n Star Wars-karakter nie, maar 'n grafiese voorstelling van 'n persoon, veral gebruik in sommige netklets-programme waar jy vir jouself 'n 'avatar' kies om aan die gesels deel te neem.

BACKUP = RUGSTEUN
Sonder 'n 'backup' gaan jy maar bra bekaf wees as die noodlot toeslaan... dit beteken om 'n kopie van jou werk te maak.

BIT MAP = BISKAART
Dit is ongelukkig nie geskik vir 'n gratis rit op enige bus nie; dit is 'n voorstelling van 'n grafiese beeld met behulp van dotjies wat in rye en kolomme gerangskik is.

Vervolg...