Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
BOMB = BOM
As jou rekenaar bom is jy in jou kanon! Jou rekenaar 'kresj' darem nie in stukke nie maar weier om verder te werk.
BLOATWARE = POTJIEROLPROGRAMME
Dit is programme wat al groter raak en meer van jou rekenaar se kosbare geheue verslind met die gevolg dat die werkverrigting al stadiger word. Groot rekenaarmaatskappye is meestal die oorsaak hiervan deurdat hulle voortdurend kamtig verbeterde 'lyf' aanstuur.
BIT = BIS
Defnitief 'n bus van 'n ander soort – dit is die kleinste brokkie inligting waarmee 'n rekenaar werk. Daar is agt bisse in een greep (byte).
BPS = BISSE PER SEKONDE
Jou kans om meer as een bus per sekonde in spitstyd in enige straat te sien verbyry is maar skraal maar in rekenaars is dit moontlik: Dit is die eenheid waarmee die spoed van dataversending gemeet word. Kopertelefoonlyne kan data teen 'n maksimum snelheid van 33.6000 bps (33.6 kilobisse) hanteer. Dié beperking is met nuwe tegnologie omseil met die modemspoed van 57 kbps.
Vervolg...