REKENAAR IN DIE KIES (3)

Louis Nel

Lees reeks by Rekenaar in die kies...

Onthou dat die idee nie is dat ons 'n juiste woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met  tong in die kies te leer en onthou wat die term beteken.

BUFFER = BUFFER
Maar hierdie buffer versag nie botsings nie, inteendeel, dis net 'n outomatiese tydelike bêre plek vir jou werk gedoen op rekenaar, maar as jy dit nie self op 'n spesifieke gaan bêre nie, gaan jy baie botsende emosies ervaar.

BUS = BUS
Of tewel 'n stroombaan, wat jou rekenaardata van een plek in die rekenaar na 'n ander vervoer. Mens behoort dit eintlik eerder 'n pad as 'n voertuig te noem. In netwerke is busse 'n kabel wat al die goeters in 'n LAN saamsnoer, ook bekend as die ruggraat (backbone) bekend.

BYTE = GREEP
'n Greep bestaan uit agt bisse (bits), en daar is 1 024 grepe in 'n kilogreep; 1 048 576 kilogrepe in 'n megagreep, en 1 073 741 824 megagrepe in 'n gigagreep.

BOOT = AANSKAKEL
Dis amper soos skop die ding aan die brand – dit kom van die Engelse uitdrukking 'pull oneself up by die bootstraps'. Dit is dan wanneer die bedryfstelsel en ander programme gelaai word om die rekenaar aan die werk te kry.

COLD BOOT = PANTOFFELS?
Nietemin, dit is wanneer jy die rekenaar heeltemal af- en dan weer aanskakel.

WARM BOOT = SANDALE?
Wanneer jy die rekenaar net herlaai (reset).

Vervolg...