Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
CHIP = GEHEUEVLOKKIE
Van slaptjips en Coke hou jou rekenaar niks – moet nie by hom eet of drink nie. Van geheuevlokkies (memory chips) kan hy egter nie genoeg kry nie. 'n Chip kan ook na jou sentrale verwerker (SVE) Engels = CPU, verwys want 'n chip is eintlik 'n vlokkie met 'n geïntegreerde stroombaan op.
CLIENT/SERVER = KLIËNT/BEDIENER
In 'n bepaalde netwerkopset staan die rekenaar wat in beheer van sake is, as die bediener bekend, en die ander wat aan hom gekoppel is, as die kliënte.
CLIP ART = KNIPKUNS
Dit is illustrasie wat saam met rekenaardokumente gebruik kan word.
CLIPBOARD = KNYPBORD
Dit is 'n spesifieke deel van die rekenaar se gebheue wat as tydelike bêreplek dien. Data word daar gebêre totdat dit elders heen gestuur word. As 'n mens teks knip, kopieer en plak met 'n woordverwerker, is die knypbord die plek waar teks tydelik gebêre word.
Vervolg...