Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n volledige Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
CLOCK SPEED = KLOKSPOED
Nie die spoed van jou blitsige vuurwa op die snelweg nie, maar die snelheid waarmee jou rekenaar se sentrale verwerker (CPU) berekeninge doen. Die klok verwys na die rekenaar se ingeboude horlosie wat die pas aangee. Hoe vinnger die klok, hoe vinniger kan die sentrale verwerker sy opdragte uitvoer. Die klokspoed word aangedui in megahertz.
CMOS = CMOS
Uitspraak soos die mees jong mense deesdae tale meng: You 'see mos'. 'Complementary Metal Oxide Semiconductor' – waar die wesenlike inligting oor jou rekenaar gestoor word . Daar is 'n batterytjie wat die CMOS aan die gang hou wat, as dit pap word, jou rekenaar aangeheueverlies laat ly en dan see jy mos niks verder nie!
CONFIG.SIS = KONFIGURASIESTELSEL
Dit bevat 'n leêr met spesifieke opdragte wat uitgevoer word elke keer as 'n rekenaar aangeskakel word. Programme wat nodig is om sekere toestelle soos 'n klankkaart en videokaart reg te laat werk, word so gelaai.
CONFIGURATION = KONFIGURASIE
Dit is jou rekenaar se situasie van bv hoeveel hardeware hy het, hoeveel geheue daar is, ens. 'n Minimum konfigurasie is die vereistes waaraan jou selsel moet voldoen ten einde sekere programme te kan gebruik soos Windows.
CONFIGURE = KONFIGUREER OF INSTEL
As mens nuwe harde- of sagteware kry moet jy dit instel om met die rekenaar se bepaalde konfigurasie te laat saamwerk. As dit hardeware is, is daar soms kontakbene (jumpers) om te stel. Met sagteware word sekere inligting oor bv die klankkaart en videokaart benodig. Deesdae gebeur baie van hierdie instellings outomaties.
Vervolg...