REKENAAR IN DIE KIES (6)

Louis Nel

Lees reeks by Rekenaar in die kies...

Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken

COOKIE = KOEKIE
Nou nie so lekker soos jou ma se koekies nie, inteendeel, meeste rekenaargebruikers hou niks hiervan nie. Dit is inligting soos jou naam en voorkeure wat 'n webbediener omtrent jou versamel en as 'n teks-leêr aan jou blaaier (browser) gee om te bêre. Oorspronklik was dit bedoel om pasklaar inligting gemaklik beskikbaar te stel maar dit is natuurlik ook 'n gerieflike manier vir adverteerders en ander onwelkomes om inligting oor jou te versamel. Die woord kom van die UNIX-bedryfstelsel.

CPU = SVE
Die afkorting staan vir 'Central Processing Unit'; of dan Sentrale Verwerkingseenheid. Dit is die brein van die rekenaar wat al die berekeninge doen.

CURSOR = MERKER
Nie iemand wat vloek soos 'n matroos nie – die merker is die flitsende strepie op jou skerm wat die plek aandui waar jy gaan skryf as jy begin tik.

CU-SeeMe = CU-SeeMe
So amper die teenoorgestelde van wegkruipertjie – 'n program vir videokonferensies. Daarvoor het jy 'n klankkaart, mikrofoon, luidsprekers en 'n videokamera aan jou rekenaar gekoppel nodig. Dan kan jy via internet sien met wie jy gesels.

Vervolg...