REKENAAR IN DIE KIES (8)

Louis Nel

Lees reeks by Rekenaar in die kies...

Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.

DATABASE MANAGEMENT SYSTEM = Databankbeheerstelsel, bestaande uit programme wat saamwerk om jou te help om groot hoeveelhede inligting te bêre, te orden en te vind. Biblioteke wat gerekenariseer is, gebruik graag so 'n stelsel.

DATA RECOVERY =  dataverwerking; iets wat die rekenaar baie goed kan doen... maar nie sonder jou hulp nie.

DATA TRANSFER RATE = data-oordragspoed, die spoed waarmee data van bv 'n hardeskyf na jou sentrale verwerker (CPU) vervoer word – ook bekend as throughput.

DATA WAREHOUSE = die databergplek is 'n vuurwarm konsep met toepassing in die sakewêreld. Eintlik 'n versameling van data uit verskillende databanke van 'n maatskappy. Data warehousing is databerging.

Vervolg...