Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DIGITAL CERTIFICATE = digitale sertifikaat. Nie om jou rekenaarkundigheid te sertifiseer nie, maar om te sertifiseer jy is wie jy voorgee om te wees. 'n Mens kan bv op internet aansoek doen om 'n digitale sertifikaat van 'n sertifiseringsinstansie. Die sertifikaat word dan aan 'n e-posboodskap geheg as bewys van jou identiteit. Ook gebruik om gekodeerde boodskappe te stuur en te ontvang.
DIGITAL SIGNATURE =digitale handtekening. Hokaai! Voordat jy jou naam op die rekenaar uitkerf: 'n digitale handtekening is soortgelyk aan 'n digitale sertifikaat. Dis 'n kode wat aan e-posboodskappe geheg word wat die sender op unieke wyse identifiseer.
DIGITAL VIDEO = digitale video. Video in digitale formaat; net soos 'n digitale kamera beelde sonder film vaslê, lê 'n digitale videokamera bewegende beelde digitaal vas.
DIGITIZE = digiteer. Om bv klank en beeld in digitale vorm vas te lê.
Vervolg...