VERSE VAN VERSET EN VEROOT- MOEDIGING (1)

Ons begin vandag met 'n bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Die inhoud  spreek met 'n ritmiese logika en diep begrip die kern van ons volk se oorlewingskrisis aan.

Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging

PERSEPSIE
So tydjie gelede, in die nuus op die televisie
Word dit afgemaak as ‘n leuen, ‘n blote persepsie
“Misdaad in hierdie land is geensins buite beheer”
Kom dit uit die mond van ‘n minister, ‘n groot meneer 

Persepsies het hul ontstaan te danke
Aan waargenome beelde en klanke
Dit wat ons met sintuie waar kan neem
Vorm ons bepaalde realiteitsisteem

Persepsie alleen dra nie veel gewig
Tot tyd en wyl wetenskaplik belig
Slegs by wyse van statistieke
Word dit bewys as feit, óf as mite

Suidpunt van Afrika het egter ‘n probleem
Hier’s ‘n gebrekkige opvoedingsfenomeen
Wetenskap, optel, aftrek, maal en deel
Is iets wat inwoners hier gladnie skeel

Syfers deur departemente verleen
Word met grote agterdog bejeen
Is persepsie waar of is dit ‘n leuen
Die antwoord hierop, is ‘n moeilike een

Verskoon my tog, ek wil nie aanstoot gee
Maar misdaad is maar één golf in my persepsie-see
Spring aanboord, trek tog maar die baadjie aan
Want my ander golwe gaan nou die bootjie slaan