'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PLANNE
Jare gelede, het ek alles by die base gekry
Maar dit alles was nie genoeg vir my
Al het ons almal huis en werk gehad
Was wit en swart, volgens wet, apart
Maar die meul het gemaal en die wiel het gedraai
Die kommuniste het bomme gegee en ons AK’s gelaai
Hulle het ons in buurstate opgelei en huistoe gestuur
Met die opdrag om daar te wag vir die regte uur
Die polisie het ons gekeer om te moor en te steel
En so met die wag, het ons toe maar aangeteel
As plan A sou misluk, was ons dalk net een te veel
En sou ons by die stembus met die base klaar kon speel
Op ons vriende se woord plant ons die eerste bom
Die oorlog begin op die grens, die regte uur het gekom
Geveg na geveg kom my kamerade om
Plan B lyk nou belowend, plan A was dalk so bietjie dom
Met die hulp van die Ooste en die liberale Weste
Gaan ons na die stembus en wys ons ons beste
Met die uitslag, gaan ons stemme op in ‘n koor
Nou is ons is vry om te steel, te plunder en te moor
Vandag, jare later, is ek nou die baas
Onder my beheer vind daar min dinge plaas
Ek implementeer onnosel planne wat misluk
Maar met nog ’n plan B, is daar niks waarvoor ek skrik