'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
VERRAAIER
Negentien lange jare het nou reeds verloop
En al ontken jy dit, jy’t jou volk uitverkoop
Met die skyn van geloof en die heilige doop
Het jy in ons tyd van nood, eenvoudig uitgeloop
Ware leiers is deur ons volk opgelewer
Manne aan ons gestuur deur God ons Gewer
Maar jy was daar as onderkruipende kewer
Met die hoofdoel om jou mense uit te lewer
Paul Kruger, geswore Boere weerstandsleier
In die vryheidsoorloë laat hy die Engelse steier
Vier keer deur sy volk verkies tot President
Want hy’t altyd sy oor tot hulle gewend
Dr. H.F. Verwoerd, hy was ons sesde premier
Glad nie bang om met die wêreld skouer te skuur
Vir sy weerstand, is ‘n dolk deur sy hart gestuur
Om hom te onthou, hoort sy naam op ‘n muur
Adv. J.G. Strijdom, hy staan Britse imperialisme teë
Leeu van die Noorde, is die naam aan hom gegee
Verklaring tot Republiek kenmerk sy treë
Sterk en doelgerig was hy in sy weë
Hierdie name laat die bloed vandag nog in ons are bruis
Manne wie nie bang was om die swaard te kruis
Hulle is die manne welkom in ons volk se huis
Maar jy, jou sal ek vergeet, jou wegsluit in ‘n kluis