VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (6)

'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes

Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging

ONDERWYS

Die skoolklok lui die nuwe dag in
’n Nuwe jaar van skool het sopas begin
Mengelmoes van kleur storm die skoolsaal in
Die opening word met gebed begin

So word die memo van die staat ontvang
Daar is sekere wysigings wat hulle verlang Sou julle weier om ons aan te hang
Sal ons wetgewing maak, dit gebruik as stang

Eerstens is daar die sakie van gebed
Julle besef seker dis teen die wet
Hindoe, Moslem en Jood sal verset
Tot tyd en wyl julle verander het

Tweedens sien ons ons kinders kom nie deur
Daarom sal julle kurrikulum 2000 probeer
Hierdie stelsel het ’n vergewende geur
Maak ook geen onderskeid tussen kleur

Derdens is daar die kwessie van taal
Onregverdig om hulle met Afrikaans op te saal
Van nou af sal die meerderheid bepaal
Watter taal die paal sal haal

Vierdens bestaan ontsteltenis oor lyfstraf
Hierdie onding sal julle verseker moet afskaf
Om ’n stout kind te slaan is sommer laf
Dit kom seker weer van julle voorsate af

ONDERWYS

Al het ons as staat nog baie om te sê
Is hierdie die punte wat ons vir eers wil hê
Weier, en dit word in wetgewing neergelê
En soos skapies sal julle uit een mond mê

Verder het ons die onderwysdepartement gekry
Om te keer dat julle die kaf van die koring skei
Die uitslag van eksamens word gemanipuleer
Sodat elkeen vir sy graad kan gaan studeer

Hierdie saak van onderwys is goed deurdink
Ons het die hele ding beplan met papier en ink
Gee bietjie kans daarvoor om in te sink
En julle sal sien hoekom julle ou stelsel stink

Waarna ons kyk is die sinergie van die som
Ons verseker dat niemand anders aan bewind sal kom
Ons beperk hulle denke en ons hou hulle dom
Tik tok, tik tok……..dit gaan werk soos ’n bom.