VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (8)

'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes

Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging

TERRORIS

Was hy vryheidsvegter of terroris?
Een van die twee, díe was hy gewis
Die een ’n minus, die ander ’n plus
Hang seker af waar jy aan tafel is

In Amerika vlieg hulle met ’n bom
Twee van hul hoogste torings om
Die hele wêreld staan verstom
Hoe het die terroriste dan ingekom?

In Suid-Afrika word ’n bom geplant
Die plein word met vlam verbrand Maar die wêreld sê daar’s geen verband
Tussen hierdie bom en terroriste-hand

Verstaan asseblief wanneer ek mor
Oor die gemene plein- en bomfaktor
Hoe is dit dáár ’n aksie van terreur
Maar híér het dit ’n vryheidskleur?

Onskuldiges moes met hul lewe boet
Vir hulle wat nie weet van sleg en goed
Hoe is ons reaksie bitter maar julle s’n soet
Wanneer slagofferbloed uit dieselfde aarde roep?

Kom ons plaas jou dan nou in my situasie
Laat al-Qaeda dan heers oor jou en jou nasie
En Bin-Laden sy septer swaai met grasie
Jy kan dit nie doen, vir jou is dít net animasie.